1 En dit is die laaste woorde van Dawid: Dawid spreek, die seun van Isai, en die man wat hoog geplaas was, spreek, die gesalfde van die God van Jakob en die lieflike in die sange van Israel:

2 Die Gees van die HERE spreek in my, en sy woord is op my tong.

3 Die God van Israel het gesê, die Rots van Israel het tot my gespreek: 'n Heerser oor mense, 'n regverdige, 'n heerser in die vrees van God,

4 is soos die môre lig by sonsopgang, 'n môre sonder wolke as deur die glans n die reën grasspruitjies uit die aarde uitkom.

5 Want is my huis nie so by God nie? Want Hy het 'n ewige verbond vir my daargestel wat in alles gereël en verseker is; want al my heil en alle welgevalle, ja, sal Hy dit nie laat uitspruit nie?

6 Maar deugniete, hulle almal is soos weggegooide dorings, want 'n mens vat dit nie met die hand nie;

7 en elkeen wat hulle wil aanraak, wapen homself met 'n yster of die steel van 'n spies, en met vuur word hulle op daardie plek heeltemal verbrand.

8 Dit is die name van die helde wat Dawid gehad het: Joseb-Bassebet, 'n Tagkemoniet, die hoof van die adjudante; hy was Adino, die Esniet, teen agt honderd wat op een keer gesneuwel het.

9 En n hom was Ele sar, die seun van Dodo, die Ahohiet, onder die drie helde by Dawid; toe hulle die Filistyne uitgedaag het wat daar bymekaar was om te veg, en die manne van Israel weggetrek het,

10 het hy opgestaan en onder die Filistyne geslaan totdat sy hand moeg geword en sy hand aan die swaard gekleef het, sodat die HERE daardie dag 'n groot oorwinning bewerk het. En die manskappe het teruggekom agter hom aan net om te buit.

11 En n hom was Samma, die seun van Age, die Harariet. Toe die Filistyne by Legi bymekaarkom, waar 'n stuk land was vol lensies en die volk vir die Filistyne gevlug het,

12 het hy hom opgestel in die middel van die stuk land en dit afgeneem en die Filistyne verslaan, sodat die HERE 'n groot oorwinning bewerk het.

13 En drie van die dertig hoofde het afgetrek en teen die oestyd by Dawid by die spelonk van Adullam aangekom, terwyl 'n hoop Filistyne in die laer staan in die dal Ref im.

14 En Dawid was toe in die bergvesting; en 'n besetting van die Filistyne was toe in Betlehem.

15 En Dawid het 'n begeerte voel opkom en gesê: Wie sal vir my water gee om te drink uit die put van Betlehem wat by die poort is?

16 Toe het die drie helde deur die laer van die Filistyne gebreek en water geskep uit die put van Betlehem wat by die poort was, en dit gedra en na Dawid gebring; maar hy wou dit nie drink nie, en het dit tot eer van die HERE uitgegiet

17 en gesê: Dit is ver van my, HERE, dat ek dit sou doen! Sou ek die bloed drink van die manne wat met lewensgevaar gegaan het? En hy wou dit nie drink nie. Dit het die drie helde gedoen.

18 En Ab¡sai, die broer van Joab, die seun van Seruja, hy was hoof van die drie, en hy het sy spies geswaai oor drie honderd wat gesneuwel het, en het 'n naam gehad onder die drie.

19 Was hy onder die drie nie geëer nie? sodat hy hulle owerste geword het, maar tot by die eerste drie het hy nie gekom nie.

20 Verder Ben ja, die seun van Jojada, 'n sterk man, groot van daad, uit K bseël; hy het die twee groot helde van Moab verslaan; en hy het afgegaan en 'n leeu binne-in 'n kuil doodgeslaan op 'n sneeudag.

21 Hy het ook 'n Egiptenaar verslaan, 'n mooi man; en in die hand van die Egiptenaar was 'n spies; maar hy het na hom afgegaan met 'n stok en die spies uit die hand van die Egiptenaar geruk en hom met sy eie spies doodgesteek.

22 Dit het Ben ja, die seun van Jojada, gedoen; en hy het 'n naam gehad onder die drie helde.

23 Hy was geëerd onder die dertig, maar tot by die drie het hy nie gekom nie; en Dawid het hom aangestel oor sy lyfwag.

24 Asahel, die broer van Joab, was onder die dertig; lhanan, die seun van Dodo, uit Betlehem;

25 Samma, die Harodiet; El¡ka, die Harodiet;

26 Heles, die Paltiet; Ira, die seun van Ikkes, die Teko‹et;

27 Abiëser, die Anatotiet; Mebunn i, die Husatiet;

28 Salmon, die Ahohiet; M harai, die Netofatiet;

29 Heleb, die seun van Ba„na, die Netofatiet; Ittai, die seun van Ribai, uit G¡bea van die kinders van Benjamin;

30 Ben ja, die Pirhatoniet; H¡ddai, uit Nahale-Ga„s;

31 Abi-Albon, die Arbatiet; Asm wet, die Barhumiet;

32 ljagba, die S älboniet; die seuns van Jasen; Jonatan;

33 Samma, die Harariet; Ah¡am, die seun van Sarar, die Harariet;

34 Elif,let, die seun van Ahasb i, die seun van 'n Ma„gatiet; El¡am, die seun van Agitofel, die Giloniet;

35 H,sro, die Karmeliet; P ärai, die Arbiet;

36 Jigeal, die seun van Natan, uit Soba; Bani, die Gadiet;

37 Selek, die Ammoniet; N harai, die Beërotiet, die wapendraer van Joab, die seun van Seruja;

38 Ira, die Jitriet; Gareb, die Jitriet

39 Ur¡a, die Hetiet -- almal saam sewe en dertig.

1 E estas são as últimas palavras de Davi: Diz Davi, filho de Jessé, e diz o homem que foi levantado em altura, o ungido do Deus de Jacó, e o suave em salmos de Israel.

2 O Espírito do Senhor falou por mim, e a sua palavra está na minha boca.

3 Disse o Deus de Israel, a Rocha de Israel a mim me falou: Haverá um justo que domine sobre os homens, que domine no temor de Deus.

4 E será como a luz da manhã, quando sai o sol, da manhã sem nuvens, quando pelo seu resplendor e pela chuva a erva brota da terra.

5 Ainda que a minha casa não seja tal para com Deus, contudo estabeleceu comigo uma aliança eterna, que em tudo será bem ordenado e guardado, pois toda a minha salvação e todo o meu prazer está nele, apesar de que ainda não o faz brotar.

6 Porém os filhos de Belial todos serão como os espinhos que se lançam fora, porque não podem ser tocados com a mão.

7 Mas qualquer que os tocar se armará de ferro e da haste de uma lança; e a fogo serão totalmente queimados no mesmo lugar.

8 Estes são os nomes dos poderosos que Davi teve: Josebe-Bassebete, filho de Taquemoni, o principal dos capitães; este era Adino, o eznita, que se opusera a oitocentos, e os feriu de uma vez.

9 E depois dele Eleazar, filho de Dodó, filho de Aoí, entre os três valentes que estavam com Davi quando provocaram os filisteus que ali se ajuntaram à peleja, e quando se retiraram os homens de Israel.

10 Este se levantou, e feriu os filisteus, até lhe cansar a mão e ficar a mão pegada à espada; e naquele dia o Senhor efetuou um grande livramento; e o povo voltou junto dele, somente a tomar o despojo.

11 E depois dele Samá, filho de Agé, o hararita, quando os filisteus se ajuntaram numa multidão, onde havia um pedaço de terra cheio de lentilhas, e o povo fugira de diante dos filisteus.

12 Este, pois, se pôs no meio daquele pedaço de terra, e o defendeu, e feriu os filisteus; e o Senhor efetuou um grande livramento.

13 Também três dos trinta chefes desceram, e no tempo da sega foram a Davi, à caverna de Adulão; e a multidão dos filisteus acampara no vale de Refaim.

14 Davi estava então num lugar forte, e a guarnição dos filisteus em Belém.

15 E teve Davi desejo, e disse: Quem me dera beber da água da cisterna de Belém, que está junto à porta!

16 Então aqueles três poderosos romperam pelo arraial dos filisteus, e tiraram água da cisterna de Belém, que está junto à porta, e a tomaram, e a trouxeram a Davi; porém ele não a quis beber, mas derramou-a perante o Senhor.

17 E disse: Guarda-me, ó Senhor, de que tal faça; beberia eu o sangue dos homens que foram com risco da sua vida? De maneira que não a quis beber; isto fizeram aqueles três poderosos.

18 Também Abisai, irmão de Joabe, filho de Zeruia, era chefe de três; e este alçou a sua lança contra trezentos e os feriu; e tinha nome entre os três.

19 Porventura este não era o mais nobre dentre estes três? Pois era o primeiro deles; porém aos primeiros três não chegou.

20 Também Benaia, filho de Joiada, filho de um homem valoroso de Cabzeel, grande em obras, este feriu dois fortes heróis de Moabe; e desceu ele, e feriu um leão no meio de uma cova, no tempo da neve.

21 Também este feriu um egípcio, homem de respeito; e na mão do egípcio havia uma lança, porém ele desceu a ele com um cajado, e arrancou a lança da mão do egípcio, e o matou com a própria lança dele.

22 Estas coisas fez Benaia, filho de Joiada, pelo que teve nome entre três poderosos.

23 Dentre os trinta ele era o mais nobre, porém aos três primeiros não chegou; e Davi o pôs sobre os seus guardas.

24 Asael, irmão de Joabe, estava entre os trinta; El-Hanã, filho de Dodó, de Belém;

25 Samá, harodita; Elica, harodita;

26 Helez, paltita; Ira, filho de Iques, tecoíta;

27 Abiezer, anatotita; Mebunai, husatita;

28 Zalmom, aoíta; Maarai, netofatita;

29 Elebe, filho de Baaná, netofatita; Itai, filho de Ribai, de Gibeá dos filhos de Benjamim;

30 Benaia, piratonita; Hidai, do ribeiro de Gaás;

31 Abi-Albom, arbatita; Azmavete, barumita;

32 Eliaba, saalbonita; os filhos de Jásen e Jônatas;

33 Samá, hararita, Aião, filho de Sarar, ararita;

34 Elifelete, filho de Aasbai, filho de um maacatita; Eliã, filho de Aitofel, gilonita;

35 Hesrai, carmelita; Paarai, arbita;

36 Igal, filho de Natã, de Zobá; Bani, gadita;

37 Zeleque, amonita; Naarai, beerotita, o que trazia as armas de Joabe, filho de Zeruia;

38 Ira, itrita; Garebe, itrita;

39 Urias, heteu; trinta e sete ao todo.