1 Kan jy prooi jag vir die leeuin? Of die honger van die jong leeus stil maak
2 as hulle neerbuig in die lêplekke, klaar sit in die skuilplek om te loer?
3 Wie berei vir die kraai sy spys as sy kleintjies roep tot God, ronddwaal by gebrek aan voedsel?
4 Weet jy die tyd as die steenbokke lam? Neem jy dit waar as die takbokooie voortbring?
5 Tel jy die maande wat hulle dragtig is? En weet jy die tyd dat hulle lam?
6 Hulle buig hul krom, bring hulle kleintjies voort -- weg is hulle weë!
7 Hulle kleintjies word sterk, word groot in die veld, loop weg en kom na hulle nie terug nie.
8 Wie het die wilde-esel so vry laat loop? En wie het die bande van die woestyn-esel losgemaak?
9 Vir hom het Ek die wildernis sy huis gemaak en die brak land sy woonplek.
10 Hy lag oor die gewoel van die stad; die geskreeu van die drywer hoor hy nie.
11 Die omgewing van die berge is sy weiveld; en al wat groen is, soek hy uit.
12 Sal die buffel gewillig wees om jou te dien? Of sal hy vernag by jou krip?
13 Kan jy die buffel aan die ploegvoor bind met sy trektou? Of sal hy die laagtes agter jou eg?
14 Sal jy op hom vertrou, omdat sy krag groot is? En aan hom jou arbeid oorlaat?
15 Kan jy op hom reken, dat hy jou gesaaide sal inbring en bymekaarmaak op jou dorsvloer?
16 Die vlerk van die volstruis klap vrolik. Is dit 'n sagaardige vleuel en veer?
17 Want sy laat haar eiers op die grond lê en hou hulle warm op die grond;
18 en vergeet dat 'n voet dit kan stukkend druk en die wilde diere van die veld dit kan vertrap.
19 Hard behandel sy haar kleintjies asof dit nie hare is nie; is haar moeite tevergeefs -- sy is nie bekommerd nie.
20 Want God het haar die wysheid ontsê en haar geen deel gegee aan die verstand nie.
21 Wanneer sy haarself in die hoogte klap, lag sy oor die perd en sy ruiter.
22 Gee jy aan die perd sterkte? Beklee jy sy nek met maanhare?
23 Laat jy hom spring soos die sprinkaan? Sy trotse gesnuif is 'n verskrikking.
24 Hy grawe in die laagte en is vrolik in sy krag; hy trek uit, die stryd tegemoet.
25 Hy lag oor die vrees en word nie verskrik nie en draai nie om vir die swaard nie.
26 Op hom rammel die pylkoker, die flikkerende spies en lans.
27 Onstuimig en wild verslind hy die grond en staan nie stil as die basuin klink nie.
28 By elke basuinstoot sê hy: Heag! En van ver ruik hy die oorlog, die donderroep van die leërowerstes en die oorlogsgeskreeu.
29 Sweef die valk opwaarts deur jou verstand en sprei sy vlerke uit na die suide toe?
30 Of vlieg die adelaar hoog op jou bevel en bou hy hoog sy nes? [ (Job 39:31) Op die rots woon hy en vernag hy, op die rotspunt en bergvesting. ] [ (Job 39:32) Daarvandaan loer hy op voedsel, sy oë kyk in die verte. ] [ (Job 39:33) Ook slurp sy kleintjies bloed, en waar gesneuweldes lê, daar is hy. ] [ (Job 39:34) En die HERE het Job geantwoord en gesê: ] [ (Job 39:35) Wil die berisper met die Almagtige twis? Laat hy wat God teregwys, hierop antwoord! ] [ (Job 39:36) Toe het Job die HERE geantwoord en gesê: ] [ (Job 39:37) Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond. ] [ (Job 39:38) Een maal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie voortgaan nie. ]
1 Sabes tu o tempo em que as cabras montesas têm filhos, ou observastes as cervas quando dão suas crias?
2 Contarás os meses que cumprem, ou sabes o tempo do seu parto?
3 Quando se encurvam, produzem seus filhos, e lançam de si as suas dores.
4 Seus filhos enrijam, crescem com o trigo; saem, e nunca mais tornam para elas.
5 Quem despediu livre o jumento montês, e quem soltou as prisões ao jumento bravo,
6 Ao qual dei o ermo por casa, e a terra salgada por morada?
7 Ri-se do ruído da cidade; não ouve os muitos gritos do condutor.
8 A região montanhosa é o seu pasto, e anda buscando tudo que está verde.
9 Ou, querer-te-á servir o boi selvagem? Ou ficará no teu curral?
10 Ou com corda amarrarás, no arado, ao boi selvagem? Ou escavará ele os vales após ti?
11 Ou confiarás nele, por ser grande a sua força, ou deixarás a seu cargo o teu trabalho?
12 Ou fiarás dele que te torne o que semeaste e o recolha na tua eira?
13 A avestruz bate alegremente as suas asas, porém, são benignas as suas asas e penas?
14 Ela deixa os seus ovos na terra, e os aquenta no pó,
15 E se esquece de que algum pé os pode pisar, ou que os animais do campo os podem calcar.
16 Endurece-se para com seus filhos, como se não fossem seus; em vão é seu trabalho, mas ela está sem temor,
17 Porque Deus a privou de sabedoria, e não lhe deu entendimento.
18 A seu tempo se levanta ao alto; ri-se do cavalo, e do que vai montado nele.
19 Ou darás tu força ao cavalo, ou revestirás o seu pescoço com crinas?
20 Ou espantá-lo-ás, como ao gafanhoto? Terrível é o fogoso respirar das suas ventas.
21 Escarva a terra, e folga na sua força, e sai ao encontro dos armados.
22 Ri-se do temor, e não se espanta, e não torna atrás por causa da espada.
23 Contra ele rangem a aljava, o ferro flamante da lança e do dardo.
24 Agitando-se e indignando-se, serve a terra, e não faz caso do som da trombeta.
25 Ao soar das trombetas diz: Eia! E cheira de longe a guerra, e o trovão dos capitães, e o alarido.
26 Ou voa o gavião pela tua inteligência, e estende as suas asas para o sul?
27 Ou se remonta a águia ao teu mandado, e põe no alto o seu ninho?
28 Nas penhas mora e habita; no cume das penhas, e nos lugares seguros.
29 Dali descobre a presa; seus olhos a avistam de longe.
30 E seus filhos chupam o sangue, e onde há mortos, ali está ela.