1 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.

2 U het, o HERE, 'n welbehae gehad in u land; die lot van Jakob het U verander.

3 U het die ongeregtigheid van u volk weggeneem, al hulle sonde bedek. Sela.

4 U het al u grimmigheid teruggetrek, U het U van die gloed van u toorn afgewend.

5 Herstel ons, o God van ons heil, en maak tot niet u grimmigheid teen ons!

6 Sal U vir ewig teen ons toornig wees, u toorn laat duur van geslag tot geslag?

7 Sal U ons nie weer lewend maak, sodat u volk in U bly kan wees nie?

8 Laat ons u goedertierenheid sien, o HERE, en gee ons u heil!

9 Ek wil hoor wat God die HERE spreek. Ja, Hy spreek vrede vir sy volk en vir sy gunsgenote; maar laat hulle nie tot dwaasheid terugkeer nie!

10 Gewis, sy heil is naby die wat Hom vrees, sodat heerlikheid in ons land kan woon.

11 Goedertierenheid en trou ontmoet mekaar; geregtigheid en vrede kus mekaar.

12 Trou spruit uit die aarde en geregtigheid kyk uit die hemel neer.

13 Ook gee die HERE die goeie, en ons land lewer sy opbrings. [ (Psalms 85:14) Geregtigheid gaan voor Hom uit, en dit let op die weg van sy voetstappe. ]

1 Abençoaste, Senhor, a tua terra; fizeste voltar o cativeiro de Jacó.

2 Perdoaste a iniquidade do teu povo; cobriste todos os seus pecados. (Selá.)

3 Fizeste cessar toda a tua indignação; desviaste-te do ardor da tua ira.

4 Torna-nos a trazer, ó Deus da nossa salvação, e faze cessar a tua ira de sobre nós.

5 Acaso estarás sempre irado contra nós? Estenderás a tua ira a todas as gerações?

6 Não tornarás a vivificar-nos, para que o teu povo se alegre em ti?

7 Mostra-nos, Senhor, a tua misericórdia, e concede-nos a tua salvação.

8 Escutarei o que Deus, o Senhor, falar; porque falará de paz ao seu povo, e aos santos, para que não voltem à loucura.

9 Certamente que a salvação está perto daqueles que o temem, para que a glória habite na nossa terra.

10 A misericórdia e a verdade se encontraram; a justiça e a paz se beijaram.

11 A verdade brotará da terra, e a justiça olhará desde os céus.

12 Também o Senhor dará o que é bom, e a nossa terra dará o seu fruto.

13 A justiça irá adiante dele, e nos porá no caminho das suas pisadas.