1 Die HERE is Koning; laat die volke bewe! Hy troon op die g,rubs; laat die aarde sidder!
2 Die HERE is groot in Sion, en verhewe is Hy bo al die volke.
3 Laat hulle u grote en gedugte Naam loof! Heilig is Hy!
4 Ook die sterkte van die Koning wat die reg liefhet. U het bevestig wat regverdig is; U het reg en geregtigheid gedoen in Jakob.
5 Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor die voetbank van sy voete. Heilig is Hy!
6 Moses en A„ron was onder sy priesters, en Samuel onder die aanroepers van sy Naam. Hulle het die HERE aangeroep, en Hy het hulle verhoor.
7 In die wolkkolom het Hy met hulle gespreek. Hulle het sy getuienisse onderhou en die insetting wat Hy hulle gegee het.
8 o HERE onse God, U het hulle verhoor, U was vir hulle 'n vergewende God en Een wat wraak oefen oor hulle dade.
9 Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor sy heilige berg. Want heilig is die HERE onse God.
1 O Senhor reina; tremam os povos. Ele está assentado entre os querubins; comova-se a terra.
2 O Senhor é grande em Sião, e mais alto do que todos os povos.
3 Louvem o teu nome, grande e tremendo, pois é santo.
4 Também o poder do Rei ama o juízo; tu firmas a equidade, fazes juízo e justiça em Jacó.
5 Exaltai ao Senhor nosso Deus, e prostrai-vos diante do escabelo de seus pés, pois é santo.
6 Moisés e Arão, entre os seus sacerdotes, e Samuel entre os que invocam o seu nome, clamavam ao Senhor, e Ele lhes respondia.
7 Na coluna de nuvem lhes falava; eles guardaram os seus testemunhos, e os estatutos que lhes dera.
8 Tu os escutaste, Senhor nosso Deus: tu foste um Deus que lhes perdoaste, ainda que tomaste vingança dos seus feitos.
9 Exaltai ao Senhor nosso Deus e adorai-o no seu monte santo, pois o Senhor nosso Deus é santo.