1 En Dawid het gesê: Is daar nog iemand oor van die huis van Saul, dat ek aan hom guns kan bewys ter wille van Jonatan?
2 En die huis van Saul het 'n dienaar gehad, met die naam van Siba; en hulle het hom na Dawid geroep, en die koning het hom gevra: Is jy Siba? Toe antwoord hy: U dienaar!
3 En die koning vra: Is daar nie nog iemand van die huis van Saul, dat ek die guns van God aan hom kan bewys nie? Toe sê Siba aan die koning: Daar is nog 'n seun van Jonatan, wat lam is aan altwee voete.
4 En die koning vra hom: Waar is hy? Toe sê Siba aan die koning: Kyk, hy is in die huis van Magir, die seun van Ammiël, in Lodebar.
5 Daarop het koning Dawid gestuur en hom laat haal uit die huis van Magir, die seun van Ammiël, uit Lodebar.
6 Toe Mefiboset, die seun van Jonatan, die seun van Saul, by Dawid inkom, het hy op sy aangesig geval en hom neergebuig. En Dawid het gesê: Mefiboset! En hy het geantwoord: Hier is u dienaar.
7 En Dawid sê vir hom: Wees nie bevrees nie, want ek sal jou sekerlik guns bewys ter wille van jou vader Jonatan en al die grond van jou vader Saul aan jou teruggee, en jy self sal altyddeur aan my tafel brood eet.
8 Toe buig hy en sê: Wat is u dienaar, dat u na 'n dooie hond soos ek is, omgesien het?
9 En die koning het Siba, die dienaar van Saul, geroep en vir hom gesê: Alles wat Saul en sy hele huis gehad het, gee ek aan die seun van jou heer.
10 En jy moet vir hom die grond bewerk, jy en jou seuns en jou slawe, en jy moet voedsel inbring, dat die seun van jou heer brood het om te eet; maar Mefiboset, die seun van jou heer, sal altyddeur aan my tafel brood eet. En Siba het vyftien seuns en twintig slawe gehad.
11 Toe sê Siba aan die koning: Net soos my heer die koning sy dienaar beveel, so sal u dienaar doen; en Mefiboset het aan die tafel van Dawid geëet soos een van die koning se seuns.
12 En Mefiboset het 'n jong seun gehad met die naam van Miga, en almal wat in die huis van Siba gewoon het, was Mefiboset se dienaars.
13 En Mefiboset het in Jerusalem gewoon, want hy het altyddeur aan die koning se tafel geëet; en hy was lam aan altwee voete.
1 David sa: Er det ennu nogen tilbake av Sauls hus, så jeg kan gjøre vel mot ham for Jonatans skyld?
2 Nu var der i Sauls hus en tjener som hette Siba; han blev kalt til David, og kongen sa til ham: Er du Siba? Han svarte: Ja, din tjener heter så.
3 Da sa kongen: Er det ikke ennu nogen tilbake av Sauls hus, så jeg kunde gjøre Guds miskunnhet mot ham? Siba svarte: Det er ennu en sønn av Jonatan, en som er lam i begge føtter.
4 Kongen spurte: Hvor er han? Siba svarte: Han er i huset hos Makir, sønn av Ammiel, i Lo-Debar.
5 Så sendte kong David bud og hentet ham fra Makirs, Ammiels sønns hus i Lo-Debar.
6 Og da Mefiboset, sønn av Jonatan, Sauls sønn, kom inn til David, kastet han sig ned med ansiktet mot jorden. Og David sa: Mefiboset! Han svarte: Her er din tjener.
7 David sa til ham: Vær ikke redd! Jeg vil gjøre vel mot dig for Jonatans, din fars skyld og gi dig tilbake all Sauls, din fars jordeiendom, og du skal alltid ete ved mitt bord.
8 Da kastet han sig ned og sa: Hvad er din tjener, at du lar ditt øie falle på en død hund som mig?
9 Så kalte kongen på Siba, Sauls tjener, og sa til ham: Alt som har hørt Saul og hele hans hus til, har jeg gitt din herres sønn.
10 Og du skal dyrke jorden for ham, du og dine sønner og dine tjenere, og høste inn for ham, så din herres sønn kan ha brød å ete, men selv skal Mefiboset, din herres sønn, alltid ete ved mitt bord. Siba hadde femten sønner og tyve tjenere.
11 Da sa Siba til kongen: Din tjener skal i alle måter gjøre således som min herre kongen befaler sin tjener. Men Mefiboset skal ete ved mitt bord som en av kongens sønner [sa kongen].
12 Mefiboset hadde en liten sønn som hette Mika, og alle som bodde i Sibas hus, var Mefibosets tjenere.
13 Men selv bodde Mefiboset i Jerusalem; for han åt alltid ved kongens bord; og han var lam i begge sine føtter.