1 Toe het Moses opgeklim uit die vlaktes van Moab na die berg Nebo, die top van Pisga wat teenoor J,rigo lê; en die HERE het hom die hele land, G¡lead tot Dan toe, laat sien;
2 en die hele N ftali en die land Efraim en Manasse en die hele land Juda tot by die Westelike See;
3 en die Suidland en die Jordaanstreek, die laagte van J,rigo, die palmstad, tot by Soar.
4 En die HERE het vir hom gesê: Dit is die land wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek dit gee; Ek het jou dit met jou oë laat sien, maar jy sal daarheen nie oortrek nie.
5 Toe het Moses, die kneg van die HERE, daar gesterwe in die land Moab, volgens die bevel van die HERE.
6 En Hy het hom in die dal in die land Moab, teenoor Bet-Peor, begrawe; en niemand het tot vandag toe sy graf geken nie.
7 En Moses was honderd en-twintig jaar oud toe hy gesterf het; sy oog was nie verswak nie, en sy krag het nie vergaan nie.
8 Toe het die kinders van Israel Moses beween in die vlaktes van Moab, dertig dae lank. En die dae van die geween, van die rou oor Moses, het ten einde gekom.
9 En Josua, die seun van Nun, was vol van die Gees van wysheid; want Moses het hom die hande opgelê. En die kinders van Israel het na hom geluister en gedoen soos die HERE Moses beveel het.
10 En soos Moses, vir wie die HERE van aangesig tot aangesig geken het, het daar geen profeet meer in Israel opgestaan nie --
11 wat betref al die tekens en die wonders wat die HERE hom opgedra het om in Egipteland aan Farao en aan al sy dienaars en sy hele land te doen,
12 en wat betref die hele magsopenbaring en al die groot, skrikwekkende dade wat Moses voor die oë van die hele Israel gedoen het.
1 Så gikk Moses fra Moabs ødemarker op på Nebo-fjellet, på Pisgas topp, som ligger midt imot Jeriko; og Herren lot ham se ut over hele landet: Gilead like til Dan
2 og hele Naftalis og Efra'ims og Manasses land og hele Juda land like til havet i vest
3 og sydlandet og Jordan-sletten, dalen ved Jeriko - Palmestaden - like til Soar.
4 Og Herren sa til ham: Dette er det land jeg har tilsvoret Abraham, Isak og Jakob idet jeg sa: Din ætt vil jeg gi det. Nu har jeg latt dig skue det med dine øine, men du skal ikke få komme inn i det.
5 Så døde Moses, Herrens tjener, der i Moabs land efter Herrens ord.
6 Og han begravde ham i dalen i Moabs land midt imot Bet-Peor, og ingen kjenner til denne dag hans grav.
7 Moses var hundre og tyve år gammel da han døde; hans øie var ikke sløvet, og hans kraft var ikke veket bort.
8 Og Israels barn gråt over Moses på Moabs ødemarker i tretti dager; da var gråtens dager til ende, sorgen over Moses.
9 Og Josva, Nuns sønn, var fylt med visdoms ånd, for Moses hadde lagt sine hender på ham; og Israels barn var lydige mot ham og gjorde som Herren hadde befalt Moses.
10 Men det stod ikke mere frem nogen profet i Israel som Moses, han som Herren kjente åsyn til åsyn -
11 når en kommer i hu alle de tegn og under Herren hadde sendt ham til å gjøre i Egyptens land, med Farao og alle hans tjenere og hele hans land,
12 og hele den veldige kraft og alle de store, forferdelige gjerninger som Moses gjorde for hele Israels øine.