1 En toe die sewende maand aankom en die kinders van Israel in die stede was, het die volk soos een man in Jerusalem byeengekom.
2 En J,sua, die seun van Josadak, met sy broers, die priesters, en Serubb bel, die seun van Se ltiël, met sy broers, het klaargemaak en die altaar van die God van Israel gebou om daar brandoffers op te offer soos geskrywe staan in die wet van Moses, die man van God.
3 En hulle het die altaar op sy grondveste opgerig, omdat die skrik vir die volke van die lande op hulle gekom het; en hulle het daar brandoffers op geoffer aan die HERE, brandoffers smôre ns en saans.
4 En hulle het die huttefees gehou soos geskrywe staan, en brandoffers dag vir dag volgens die getal, na die eis van elke dag, soos voorgeskrywe was;
5 en daarna die voortdurende brandoffer en die van die nuwemane en van al die geheiligde feestye van die HERE en van elkeen wat aan die HERE 'n vrywillige gawe gebring het.
6 Van die eerste dag van die sewende maand af het hulle begin om brandoffers aan die HERE te bring, alhoewel die fondament van die tempel van die HERE nog nie gelê was nie.
7 Maar hulle het geld gegee aan die klipkappers en die skrynwerkers, en aan die Sidoniërs en Tiriërs voedsel en drank en olie om sederhout van die L¡banon te bring na die see, na Jafo, volgens die verlof van Kores, die koning van Persië, aan hulle.
8 En in die tweede jaar n hulle aankoms by die huis van God in Jerusalem, in die tweede maand, het Serubb bel, die seun van Se ltiël, 'n begin gemaak, hy en J,sua, die seun van Josadak, en hulle ander broers, die priesters en die Leviete en almal wat uit die gevangenskap na Jerusalem gekom het: hulle het die Leviete van twintig jaar oud en daarbo aangestel om toesig te hou oor die werk aan die huis van die HERE.
9 En J,sua het opgetree, sy seuns en sy broers, K dmiël met sy seuns, die seuns van Juda, soos een man, om toesig te hou oor die wat die werk gedoen het aan die huis van God, met die seuns van H,nadad, hulle seuns en hulle broers, die Leviete.
10 Toe die bouers dan die fondament van die tempel van die HERE lê, het hulle die priesters in ampsgewaad met trompette, en die Leviete, die seuns van Asaf, met simbale opgestel om die HERE te loof volgens die instelling van Dawid, die koning van Israel.
11 En hulle het aangehef met lof en dank aan die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid oor Israel is vir ewig! En die hele volk het gejuig met groot gejuig toe hulle die HERE loof, omdat die fondament van die huis van die HERE gelê was.
12 Maar baie van die priesters en die Leviete en die familiehoofde, van die oues wat die eerste huis gesien het, het hardop gehuil toe die fondament van hierdie huis voor hulle oë gelê is, terwyl baie met gejuig, met blydskap die stem verhef het.
13 En die volk kon die geluid van blye gejuig nie onderskei van die geluid van gehuil van die volk nie, want die volk het gejuig met groot gejuig, sodat die geluid tot ver weg gehoor is.
1 Da den syvende måned kom, og Israels barn bodde i sine byer, samlet folket sig som en mann i Jerusalem.
2 Og Josva, Josadaks sønn, og hans brødre prestene og Serubabel, Sealtiels sønn, og hans brødre tok til å bygge alteret for Israels Gud for å ofre brennoffere på det, som skrevet står i den Guds mann Moses' lov.
3 De reiste alteret på dets gamle sted, for det var kommet en redsel over dem for de folk som bodde i bygdene rundt omkring; og de ofret på det brennoffere til Herren, både morgen- og aften-brennoffere.
4 Så holdt de løvsalenes fest, således som det er foreskrevet, og ofret brennoffer hver dag efter det fastsatte tall og på lovbefalt måte, hver dag de offer som var foreskrevet for den dag.
5 Siden ofret de det daglige brennoffer og de offer som hørte til nymånedagene og alle Herrens hellige høitider, og likeledes hver gang nogen kom med et frivillig offer til Herren.
6 Fra den første dag i den syvende måned begynte de å ofre brennoffere til Herren, før ennu grunnvollen til Herrens tempel var lagt.
7 Så gav de penger til stenhuggerne og tømmermennene og mat og drikke og olje til sidonierne og tyrierne forat de skulde føre sedertømmer fra Libanon sjøveien til Joppe, efter den fullmakt som kongen i Persia Kyros hadde gitt dem.
8 I det annet år efterat de var kommet til Guds hus i Jerusalem i den annen måned, tok de fatt på verket, Serubabel, Sealtiels sønn, og Josva, Josadaks sønn, med deres andre brødre, prestene og levittene, og alle de som fra fangenskapet var kommet til Jerusalem. De satte levittene fra tyveårsalderen og opover til å føre tilsyn med arbeidet på Herrens hus.
9 Og Josva med sine sønner og brødre og Kadmiel med sine sønner, Hodavjas efterkommere, stod alle som én og hadde tilsyn med dem som utførte arbeidet på Guds hus; og det samme gjorde Henadads efterkommere med sine sønner og brødre, som også hørte til levittene.
10 Og da bygningsmennene la grunnvollen til Herrens tempel, blev prestene stilt op i embedsskrud med trompeter, og de levitter som var Asafs efterkommere, med cymbler, for å prise Herren, således som Israels konge David hadde foreskrevet.
11 Og de sang Herrens lov og pris, fordi han er god, og hans miskunnhet mot Israel varer evindelig; og alt folket brøt ut i et stort fryderop og priste Herren fordi grunnvollen var lagt til Herrens hus.
12 Men mange av prestene og levittene og familiehodene - de gamle som hadde sett det første hus, gråt høit da de så dette hus bli grunnlagt, mens mange jublet høit av glede.
13 Folket kunde ikke skjelne lyden av gledesjubelen fra lyden av folkets gråt; for folket jublet så høit at det hørtes lang vei.