1 o, Onverstandige Gal siërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig?
2 Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?
3 Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees?
4 Het julle verniet so baie gely? As dit maar verniet was!
5 Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?
6 Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken.
7 Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham.
8 En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseënword.
9 Sodat die wat uit die geloof is, geseënword saam met die gelowige Abraham.
10 Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie.
11 En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe.
12 Maar die wet is nie uit die geloof nie, maar die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe.
13 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons 'n vloek te word -- want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan 'n hout hang --
14 sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.
15 Broeders, ek spreek menslikerwys: selfs 'n mens se testament wat bekragtig is, maak niemand tot niet of voeg daaraan toe nie.
16 Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus.
17 Maar ek sê d¡t: die wet wat vier honderd en dertig jaar later gekom het, maak die verbond wat deur God in Christus vantevore bekragtig is, nie kragteloos om die belofte tot niet te maak nie.
18 Want as die erfenis uit die wet is, dan is dit nie meer uit die belofte nie. Maar God het dit aan Abraham deur 'n belofte genadiglik geskenk.
19 Wat beteken die wet dan? Dit is bygevoeg weens die oortredinge, totdat die saad aan wie die belofte gedoen is, sou kom; en dit is deur engele beskik deur tussenkoms van 'n middelaar.
20 En die middelaar is nie net vir een nie; maar God is een.
21 Is die wet dan teen die beloftes van God? Nee, stellig nie! Want as daar 'n wet gegee was wat krag het om lewend te maak, dan sou die geregtigheid werklik uit die wet wees.
22 Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word.
23 Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word.
24 Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof.
25 Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder 'n tugmeester nie.
26 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;
27 want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.
28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.
29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
1 I uforstandige galatere! hvem har forgjort eder, I som har fått Jesus Kristus malt for øinene som korsfestet?
2 Bare dette vil jeg få vite av eder: Var det ved lov-gjerninger I fikk Ånden, eller ved troens forkynnelse?
3 Er I så uforstandige? I begynte i Ånd; vil I nu fullende i kjød?
4 Så meget har I oplevd forgjeves! - om det da virkelig er forgjeves.
5 Han altså som gir eder Ånden og virker kraftige gjerninger iblandt eder, gjør han det ved lov-gjerninger eller ved troens forkynnelse?
6 Likesom Abraham trodde Gud, og det blev regnet ham til rettferdighet.
7 Derfor skal I vite at de som har tro, de er Abrahams barn.
8 Og da Skriften forutså at det er ved tro Gud rettferdiggjør hedningene, forkynte den Abraham forut det evangelium: I dig skal alle folk velsignes.
9 Så blir da de som har tro, velsignet med den troende Abraham.
10 For så mange som holder sig til lov-gjerninger, er under forbannelse; for det er skrevet: Forbannet er hver den som ikke blir ved i alt som er skrevet i lovens bok, så han gjør det!
11 Og at ingen blir rettferdiggjort for Gud ved loven, er åpenbart; for: Den rettferdige, ved tro skal han leve;
12 men loven har ikke noget med troen å gjøre, men: Den som gjør det, skal leve derved.
13 Kristus kjøpte oss fri fra lovens forbannelse, idet han blev en forbannelse for oss - for det er skrevet: Forbannet er hver den som henger på et tre -
14 forat Abrahams velsignelse kunde komme over hedningene i Kristus Jesus, så vi ved troen kunde få Ånden, som var oss lovt.
15 Brødre! jeg taler på menneskelig vis. Selv en menneskelig pakt vil ingen gjøre til intet eller legge noget til efterat den er stadfestet.
16 Nu blev løftene gitt Abraham og hans ætt; han sier ikke: Og dine ætlinger, som om mange, men som om én: Og din ætt, og dette er Kristus.
17 Dette er da min mening: En pakt som forut er stadfestet av Gud, gjør ikke loven, som er gitt fire hundre og tretti år efter, ugyldig, så den skulde gjøre løftet til intet.
18 For får en arven ved lov, da får en den ikke lenger ved løfte; men Gud har gitt Abraham den ved løfte.
19 Hvad skulde da loven til? Den blev lagt til for overtredelsenes skyld, inntil den ætt kom som løftet gjaldt - gitt ved engler, ved en mellemmanns hånd;
20 men en mellemmann er ikke bare for én; men Gud er én.
21 Er da loven imot Guds løfter? Langt derifra! for var det gitt nogen lov som kunde gjøre levende, da kom rettferdigheten virkelig av loven;
22 men Skriften har lagt alt inn under synd, forat det som var lovt, skulde ved tro på Jesus Kristus bli gitt dem som tror.
23 Men før troen kom, blev vi holdt innestengt i varetekt under loven til den tro som skulde åpenbares.
24 Så er da loven blitt vår tuktemester til Kristus, forat vi skulde bli rettferdiggjort av tro;
25 men efterat troen er kommet, er vi ikke lenger under tuktemesteren;
26 alle er I jo Guds barn ved troen på Kristus Jesus;
27 for I, så mange som er døpt til Kristus, har iklædd eder Kristus.
28 Her er ikke jøde eller greker, her er ikke træl eller fri, her er ikke mann og kvinne; for I er alle én i Kristus Jesus.
29 Men hører I Kristus til, da er I jo Abrahams ætt, arvinger efter løfte.