1 En in die dag sal sewe vroue een man aangryp en sê: Ons eie brood sal ons eet en ons eie kleed aantrek; laat net jou naam oor ons genoem word, neem ons smaadheid weg.

2 In die dag sal die Spruit van die HERE wees tot sieraad en heerlikheid, en die vrug van die land tot hoogheid en versiering vir die vrygeraaktes van Israel.

3 En wie in Sion oorgebly het en gespaar is in Jerusalem, die sal heilig genoem word, elkeen wat onder die lewendes opgeskrywe is in Jerusalem --

4 as die Here die onreinheid van die dogters van Sion afgewas en die bloedskulde van Jerusalem daaruit weggespoel het deur die Gees van strafgerig en die Gees van uitdelging.

5 Dan skep die HERE oor elke woonplek van die berg Sion en oor sy plekke van samekoms 'n wolk bedags en rook met die glans van vuurvlamme in die nag; want oor alles wat heerlik is, sal daar 'n beskutting wees.

6 En daar sal 'n afdak wees vir 'n skaduwee bedags teen die hitte en vir 'n skuilplek en toevlug teen die stortbui en die reën.

1 Og syv kvinner skal på den dag ta fatt i én mann og si: Vårt eget brød vil vi ete, og i våre egne klær vil vi klæ oss; la oss bare kalles med ditt navn, ta bort vår vanære!

2 På den dag skal Herrens spire være til pryd og herlighet, og landets frukt til stolthet og til pryd for de undkomne av Israel.

3 Og det skal skje: Den som blir igjen på Sion og levnes i Jerusalem, skal kalles hellig, hver den som er innskrevet til livet i Jerusalem -

4 når Herren får avtvettet Sions døtres urenhet og får vasket Jerusalems blodskyld bort fra dets midte ved doms ånd og renselses ånd.

5 Og over hvert sted på Sions berg og over dets forsamlinger skal Herren skape en sky og en røk om dagen og glans av luende ild om natten; for over alt herlig er det et dekke.

6 Og en hytte skal der være til skygge om dagen mot hete og til ly og skjul mot vannskyll og regn.