1 En toe die skare by Hom aandring om die woord van God te hoor, gaan Hy by die meer Genn,saret staan

2 en sien twee skuite aan die kant van die meer lê; maar die vissers het van hulle af weggegaan en was besig om die nette uit te spoel.

3 Toe klim Hy in een van die skuite wat aan Simon behoort het, en vra hom om 'n entjie van die land af weg te vaar, en Hy het gaan sit en die skare van die skuit uit geleer.

4 En toe Hy ophou met spreek, sê Hy vir Simon: Vaar uit na die diep water en laat julle nette sak om te vang.

5 En Simon antwoord en sê vir Hom: Meester, ons het die hele nag deur hard gewerk en niks gevang nie; maar op u woord sal ek die net laat sak.

6 En toe hulle dit gedoen het, het hulle 'n groot menigte visse ingesluit; en hulle net wou skeur.

7 Daarop wink hulle vir hul maats in die ander skuit om hulle te kom help. En hulle het gekom en altwee die skuite vol gemaak, sodat hulle amper gesink het.

8 En toe Simon Petrus dit sien, val hy neer aan die knieë van Jesus en sê: Gaan weg van my, Here, want ek is 'n sondige man!

9 Want verbaasdheid het hom aangegryp en almal wat by hom was, oor die vangs van visse wat hulle gemaak het;

10 en net so ook vir Jakobus en Johannes, die seuns van Sebed,s, wat Simon se maats was. En Jesus sê vir Simon: Moenie vrees nie; van nou af sal jy mense vang.

11 En nadat hulle die skuite aan land gebring het, het hulle alles verlaat en Hom gevolg.

12 En terwyl Hy in een van die stede was, kom daar 'n man vol van melaatsheid; en toe hy Jesus sien, val hy op sy aangesig en smeek Hom en sê: Here, as U wil, kan U my reinig.

13 Daarop steek Hy die hand uit en raak hom aan en sê: Ek wil, word gereinig! En dadelik het die melaatsheid hom verlaat.

14 Toe gee Hy hom bevel om dit aan niemand te vertel nie; maar, sê Hy, gaan vertoon jou aan die priester en offer vir jou reiniging, soos Moses voorgeskrywe het, vir hulle tot 'n getuienis.

15 Maar die gerug aangaande Hom is nog meer versprei, en groot menigtes het bymekaargekom om te luister en deur Hom van hulle siektes genees te word.

16 Maar Hy het Hom in verlate plekke teruggetrek en gebid.

17 En op een van die dae was Hy besig om te leer; en Fariseërs en wetgeleerdes wat gekom het uit elke dorp van Galil,a en Judia en uit Jerusalem, het daar gesit, en daar was krag van die Here om hulle te genees.

18 En daar het manne 'n mens wat verlam was, op 'n bed gebring, en hulle het probeer om hom in te bring en voor Hom neer te sit.

19 En toe hulle vanweë die skare geen kans sien om hom in te bring nie, klim hulle op die dak en laat hom met die bed afsak deur die panne tussen die mense in en voor Jesus.

20 En toe Hy hulle geloof sien, sê Hy vir hom: Mens, jou sondes is jou vergewe.

21 En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het begin redeneer en sê: Wie is Hy wat so godslasterlik praat? Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?

22 Maar Jesus het hulle redeneringe gemerk, en Hy antwoord en sê vir hulle: Wat redeneer julle in jul harte?

23 Wat is makliker, om te sê: Jou sondes is jou vergewe; of om te sê: Staan op en loop?

24 Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe sê Hy vir die verlamde man: Ek sê vir jou, staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.

25 Hy staan toe onmiddellik voor hulle op, neem die bed op waar hy op gelê het, en gaan na sy huis, terwyl hy God verheerlik.

26 En verbasing het almal aangegryp, en hulle het God verheerlik en is met vrees vervul en het gesê: Ons het vandag ongelooflike dinge gesien.

27 En n hierdie dinge het Hy uitgegaan en 'n tollenaar met die naam van Levi by die tolhuis sien sit en vir hom gesê: Volg My.

28 En hy het alles verlaat en opgestaan en Hom gevolg.

29 En Levi het 'n groot feesmaal vir Hom in sy huis gegee; en daar was 'n groot menigte van tollenaars en ander wat saam met hulle aan tafel was.

30 En hulle skrifgeleerdes en die Fariseërs het by sy dissipels gemurmureer en gesê: Waarom eet en drink julle saam met die tollenaars en sondaars?

31 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is.

32 Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.

33 Toe sê hulle vir Hom: Waarom vas die dissipels van Johannes dikwels en doen gebede; so ook die van die Fariseërs; maar u dissipels eet en drink?

34 En Hy sê vir hulle: Kan julle die bruilofsgaste dan laat vas solank as die bruidegom by hulle is?

35 Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word; dan sal hulle vas, in daardie dae.

36 En Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel: Niemand sit 'n lap van 'n nuwe kleed op 'n ou kleed nie; anders skeur dit die nuwe ook, en die lap wat van die nuwe af kom, pas nie by die oue nie.

37 En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke skeur, en dit sal uitloop, en die sakke sal vergaan.

38 Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word, en altwee word saam behou.

39 En niemand wat ou wyn gedrink het, wil dadelik nuwe hê nie; want hy sê: Die oue is beter.

1 Men det skjedde da folket trengte sig inn på ham og hørte Guds ord, og han stod ved Gennesaret-sjøen,

2 da så han to båter ligge ved sjøen; men fiskerne var gått ut av dem og skyllet garnene.

3 Han gikk da ut i en av båtene, som tilhørte Simon, og bad ham legge litt ut fra land; og han satte sig i båten og lærte folket.

4 Men da han holdt op å tale, sa han til Simon: Legg ut på dypet, og kast eders garn ut til en drett!

5 Og Simon svarte ham: Mester! vi har strevet hele natten og ikke fått noget; men på ditt ord vil jeg kaste ut garnene.

6 Og de gjorde så, og fanget en stor mengde fisk; og deres garn revnet.

7 Og de vinket til sine lagsbrødre i den andre båt, at de skulde komme og ta i med dem; og de kom, og de fylte begge båtene, så de holdt på å synke.

8 Men da Simon Peter så det, falt han ned for Jesu knær og sa: Herre, gå fra mig! for jeg er en syndig mann.

9 For redsel kom over ham og alle dem som var med ham, for den fiskedrett som de hadde fått;

10 likeså Jakob og Johannes, Sebedeus' sønner, som var i lag med Simon. Og Jesus sa til Simon: Frykt ikke! fra nu av skal du fange mennesker.

11 Da rodde de båtene i land og forlot alt og fulgte ham.

12 Og det skjedde da han var i en av byene, se, da var det en mann som var full av spedalskhet; og da han så Jesus, falt han ned på sitt ansikt, bad ham og sa: Herre! om du vil, kan du rense mig.

13 Og Jesus rakte hånden ut, rørte ved ham og sa: Jeg vil; bli ren! Og straks forlot spedalskheten ham.

14 Og han bød ham at han ikke skulde si det til nogen; men gå og te dig for presten og ofre for din renselse, således som Moses har påbudt, til et vidnesbyrd for dem!

15 Men ordet om ham kom ennu mere ut, og meget folk kom sammen for å høre og for å bli helbredet for sine sykdommer;

16 men han drog sig tilbake til øde steder og var der i bønn.

17 Og det skjedde en av dagene mens han lærte, og der satt fariseere og lovlærere som var kommet fra hver by i Galilea og Judea og fra Jerusalem, og Herrens kraft var hos ham til å helbrede:

18 se, da kom nogen menn som bar en mann på en seng, han var verkbrudden; og de søkte å få ham inn og legge ham ned foran ham.

19 Og da de for folketrengselen ikke fant nogen vei til å få ham inn, steg de op på taket og firte ham med sengen ned mellem takstenene midt foran Jesus.

20 Og da han så deres tro, sa han: Menneske! dine synder er dig forlatt.

21 Da begynte de skriftlærde og fariseerne å tenke så: Hvem er denne mann, som taler bespottelser? Hvem kan forlate synder uten Gud alene?

22 Men da Jesus merket deres tanker, svarte han og sa til dem: Hvad er det I tenker i eders hjerter?

23 Hvad er lettest, enten å si: Dine synder er dig forlatt, eller å si: Stå op og gå?

24 Men forat I skal vite at Menneskesønnen har makt på jorden til å forlate synder - så sa han til den verkbrudne: Jeg sier dig: Stå op og ta din seng og gå hjem til ditt hus!

25 Og straks stod han op for deres øine og tok det han lå på, og gikk hjem til sitt hus og priste Gud.

26 Da kom det forferdelse over dem alle, og de priste Gud, og de blev fulle av frykt og sa: Idag har vi sett utrolige ting!

27 Derefter gikk han ut, og han så en tolder ved navn Levi sitte på tollboden; og han sa til ham: Følg mig!

28 Og han forlot alt og stod op og fulgte ham.

29 Og Levi gjorde et stort gjestebud for ham i sitt hus, og der var en stor mengde toldere og andre som satt til bords med dem.

30 Og fariseerne og deres skriftlærde knurret mot hans disipler og sa: Hvorfor eter og drikker I med toldere og syndere?

31 Og Jesus svarte og sa til dem: De friske trenger ikke til læge, men de som har ondt;

32 jeg er ikke kommet for å kalle rettferdige, men syndere til omvendelse.

33 De sa til ham: Johannes' disipler holder jevnlig faste og bønn, og fariseernes disipler likeså; men dine eter og drikker.

34 Men Jesus sa til dem: Kan I vel få brudesvennene til å faste så lenge brudgommen er hos dem?

35 Men de dager skal komme da brudgommen blir tatt fra dem; da skal de faste, i de dager.

36 Han sa også en lignelse til dem: Ingen river en lapp av et nytt klædebon og setter den på et gammelt; ellers river han det nye i sønder, og lappen av det nye passer ikke til det gamle.

37 Og ingen fyller ny vin i gamle skinnsekker; ellers vil den nye vin sprenge sekkene, og den selv spilles og sekkene ødelegges;

38 men ny vin skal fylles i nye skinnsekker.

39 Og ingen som har drukket gammel vin, har lyst på ny; han sier: den gamle er god.