1 En op die tweede eerste sabbat het Hy deur die gesaaides geloop, en sy dissipels het die are gepluk en met hulle hande uitgevrywe en geëet.
2 Toe sê sommige van die Fariseërs vir hulle: Waarom doen julle wat nie geoorloof is om op die sabbat te doen nie?
3 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Het julle dan nie gelees wat Dawid gedoen het nie -- toe hy honger gehad het, hy en die wat by hom was --
4 hoe hy in die huis van God gegaan en die toonbrode geneem en geëet het, en ook aan die wat by hom was, gegee het, wat hulle nie geoorloof was om te eet nie, maar net vir die priesters alleen?
5 Toe sê Hy vir hulle: Die Seun van die mens is Here ook van die sabbat.
6 En op 'n ander sabbat het Hy in die sinagoge gegaan en geleer. En daar was 'n man, en sy regterhand was uitgedor.
7 En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het Hom in die oog gehou, of Hy op die sabbat gesond maak, sodat hulle 'n aanklag teen Hom kon vind.
8 Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir die man met die verdorde hand gesê: Staan op hier in hul midde. En hy het opgestaan.
9 Toe sê Jesus vir hulle: Ek sal aan julle 'n vraag stel: wat is geoorloof op die sabbat -- om goed te doen of kwaad te doen; om 'n lewe te red of om te bring?
10 En nadat Hy almal rondom aangekyk het, sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit gedoen; en sy hand is herstel, gesond soos die ander een.
11 En hulle is met uitsinnigheid vervul en het met mekaar gepraat wat hulle aan Jesus sou doen.
12 En Hy het in daardie dae uitgegaan na die berg om te bid en die nag in die gebed tot God deurgebring.
13 En toe dit dag geword het, het Hy sy dissipels na Hom geroep en twaalf van hulle uitgekies, wat Hy apostels genoem het:
14 Simon wat Hy Petrus genoem het, en Andr,as, sy broer; Jakobus en Johannes; Filippus en Bartholom,Âs;
15 Matth,Âs en Thomas; Jakobus, die seun van Alf,Âs, en Simon wat Yweraar genoem word;
16 Judas, die seun van Jakobus, en Judas Isk riot, wat die verraaier geword het.
17 En Hy het met hulle afgeklim en op 'n gelyk plek gaan staan, en daar was 'n skare van sy dissipels en 'n groot menigte van die volk van die hele Judia en Jerusalem en die kusstreek van Tirus en Sidon af,
18 wat gekom het om Hom te hoor en van hulle kwale genees te word; en die wat gekwel was deur onreine geeste, is ook genees.
19 En die hele skare het probeer om Hom aan te raak, omdat krag van Hom uitgegaan het, en Hy het almal gesond gemaak.
20 Toe slaan Hy sy oë op oor sy dissipels en sê: Salig is julle, armes, want aan julle behoort die koninkryk van God.
21 Salig is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. Salig is julle wat nou ween, want julle sal lag.
22 Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.
23 Wees bly in daardie dag en spring op, want kyk, julle loon is groot in die hemel, want hulle vaders het net so aan die profete gedoen.
24 Maar wee julle, rykes, want julle het jul troos weg.
25 Wee julle wat vol is, want julle sal honger ly. Wee julle wat nou lag, want julle sal treur en ween.
26 Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen.
27 Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat.
28 Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig.
29 Aan hom wat jou op die wang slaan, moet jy ook die ander een aanbied; en aan hom wat jou bo-kleed neem, moet jy ook die onderkleed nie weier nie.
30 Maar gee aan elkeen wat jou iets vra, en eis jou goed nie terug van hom wat dit neem nie.
31 En soos julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, so moet julle ook aan hulle doen.
32 En as julle die liefhet wat vir julle liefhet, watter dank het julle? Want die sondaars het ook die lief wat vir hulle liefhet.
33 En as julle goed doen aan die wat aan julle goed doen, watter dank het julle? Want die sondaars doen ook dieselfde.
34 En as julle leen aan die van wie julle hoop om terug te ontvang, watter dank het julle? Want die sondaars leen ook aan die sondaars, om net soveel terug te ontvang.
35 Maar julle moet jul vyande liefhê en goed doen en leen sonder om iets terug te verwag, en julle loon sal groot wees; en julle sal kinders van die Allerhoogste wees; want Hy self is goedertieren oor die ondankbares en slegtes.
36 Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is.
37 En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.
38 Gee, en aan julle sal gegee word. 'n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
39 En Hy het vir hulle 'n gelykenis uitgespreek: 'n Blinde kan tog nie 'n blinde lei nie! Sal hulle nie altwee in die sloot val nie?
40 'n Leerling is nie bo sy meester nie; maar elkeen wat volleerd is, sal soos sy meester wees.
41 En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk wat in jou eie oog is, merk jy nie op nie?
42 Of hoe kan jy vir jou broeder sê: Broeder, laat my toe om die splinter wat in jou oog is, uit te haal, terwyl jy self die balk wat in jou oog is, nie sien nie? Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter wat in jou broeder se oog is, uit te haal.
43 Want dit is nie 'n goeie boom wat slegte vrugte dra nie, en ook nie 'n slegte boom wat goeie vrugte dra nie.
44 Want elke boom word geken aan sy eie vrugte. Van dorings pluk 'n mens tog nie vye nie, en 'n mens sny ook nie druiwe van 'n doringbos nie.
45 Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.
46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?
47 Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en dit doen Ek sal julle wys soos wie hy is.
48 Hy is soos 'n man wat 'n huis bou, wat gegrawe en diep ingegaan en die fondament op die rots gelê het; en toe die vloedwater kom en die stroom teen daardie huis losbreek, kon hy dit nie beweeg nie, omdat sy fondament op die rots was.
49 Maar wie dit hoor en dit nie doen nie, is soos 'n man wat 'n huis sonder fondament op die grond bou, en die stroom het daarteen losgebreek en dit het dadelik geval, en die instorting van daardie huis was groot.
1 Det skjedde på den næst-første sabbat at han gikk gjennem en aker, og hans disipler plukket aks og gned dem ut med hendene og åt.
2 Da sa nogen av fariseerne: Hvorfor gjør I det som det ikke er tillatt å gjøre på sabbaten?
3 Og Jesus svarte og sa til dem: Har I da ikke lest hvad David gjorde da han var sulten, han selv og de som var med ham,
4 hvorledes han gikk inn i Guds hus og tok skuebrødene og åt, og gav også dem som var med ham? Og dem har ingen lov til å ete uten prestene alene.
5 Og han sa til dem: Menneskesønnen er herre også over sabbaten.
6 Og det skjedde på en annen sabbat at han gikk inn i synagogen og lærte; og der var en mann hvis høire hånd var vissen.
7 Men de skriftlærde og fariseerne lurte på ham, om han vilde helbrede på sabbaten, forat de kunde finne klagemål imot ham.
8 Men han visste deres tanker, og han sa til mannen som hadde den visne hånd: Stå op og kom frem! Og han stod op og trådte frem.
9 Da sa Jesus til dem: Jeg spør eder om det er tillatt på sabbaten å gjøre godt eller å gjøre ondt, å berge liv eller å spille det?
10 Og han så omkring på dem alle og sa til ham: Rekk din hånd ut! Og han gjorde så, og hans hånd blev frisk igjen.
11 Men de blev rent rasende, og talte med hverandre om hvad de skulde gjøre med Jesus.
12 Og det skjedde i de dager at han gikk op i fjellet for å bede, og han var der hele natten i bønn til Gud.
13 Og da det blev dag, kalte han sine disipler til sig, og han valgte sig ut tolv av dem og gav dem navnet apostler:
14 Simon, som han også gav navnet Peter, og hans bror Andreas, og Jakob og Johannes og Filip og Bartolomeus
15 og Matteus og Tomas og Jakob, Alfeus' sønn, og Simon, som kaltes ivreren,
16 og Judas, Jakobs sønn, og Judas Iskariot, som blev forræder.
17 Og han gikk ned med dem, og han blev stående på en slette, og med ham en stor flokk av hans disipler og en stor mengde folk fra hele Judea og Jerusalem og fra havkanten ved Tyrus og Sidon,
18 som var kommet for å høre ham og for å bli lægt for sine sykdommer; og de som var plaget av urene ånder, blev helbredet.
19 Og alt folket søkte å få røre ved ham; for en kraft gikk ut fra ham og helbredet alle.
20 Og han løftet sine øine på sine disipler og sa: Salige er I fattige; for Guds rike er eders.
21 Salige er I som nu hungrer; for I skal mettes. Salige er I som nu gråter; for I skal le.
22 Salige er I når menneskene hater eder, og når de ikke vil vite av eder, og spotter eder og kaster eders navn fra sig som noget ondt, for Menneskesønnens skyld.
23 Gled eder på den dag og spring av fryd! for se, eders lønn er stor i himmelen; for på samme vis gjorde deres fedre med profetene.
24 Men ve eder, I rike! for I har allerede fått eders trøst.
25 Ve eder, I som nu er mette! for I skal hungre. Ve eder, I som nu ler! for I skal sørge og gråte.
26 Ve eder når alle mennesker taler vel om eder! for på samme vis gjorde deres fedre med de falske profeter.
27 Men til eder som hører, sier jeg: Elsk eders fiender, gjør vel imot dem som hater eder,
28 velsign dem som forbanner eder, bed for dem som taler ille om eder!
29 Når en slår dig på det ene kinn, så by og det andre frem, og når en tar din kappe fra dig, da nekt ham heller ikke kjortelen!
30 Gi hver den som ber dig, og om en tar fra dig det som ditt er, da krev det ikke igjen!
31 Og som I vil at menneskene skal gjøre imot eder, så skal og I gjøre imot dem.
32 Og om I elsker dem som elsker eder, hvad er det å takke eder for? Også syndere elsker jo dem som dem elsker.
33 Og om I gjør vel imot dem som gjør vel imot eder, hvad er det å takke eder for? Også syndere gjør det samme.
34 Og om I låner til dem som I håper å få igjen av, hvad er det å takke eder for? Også syndere låner til syndere for å få like igjen.
35 Men elsk eders fiender, og gjør vel og lån uten å vente noget igjen! så skal eders lønn være stor, og I skal være den Høiestes barn; for han er god mot de utakknemlige og onde.
36 Vær barmhjertige, likesom eders Fader er barmhjertig,
37 og døm ikke, så skal I ikke dømmes, og fordøm ikke, så skal I ikke fordømmes; forlat, så skal eder forlates;
38 gi, så skal eder gis! et godt, stoppet, rystet, overfylt mål skal gis eder i fanget; for med det samme mål som I måler med, skal eder måles igjen.
39 Han sa også en lignelse til dem: Kan en blind lede en blind? kommer de ikke begge til å falle i grøften?
40 En disippel er ikke over sin mester, men enhver som er full-lært, blir som sin mester.
41 Og hvorfor ser du splinten i din brors øie, men bjelken i ditt eget øie blir du ikke var?
42 Hvorledes kan du si til din bror: Bror! la mig dra ut splinten som er i ditt øie, du som ikke ser bjelken i ditt eget øie? Du hykler! dra først bjelken ut av ditt eget øie, så kan du se å dra ut splinten som er i din brors øie!
43 For det er ikke noget godt tre som bærer dårlig frukt, og heller ikke noget dårlig tre som bærer god frukt.
44 For hvert tre kjennes på sin frukt; en sanker jo ikke fiken av tornebusker, og en plukker ikke vindruer av tornekratt.
45 Et godt menneske bærer det gode frem av sitt hjertes gode forråd, og et ondt menneske bærer det onde frem av sitt onde forråd; for hvad hjertet flyter over av, det taler hans munn.
46 Men hvorfor kaller I mig Herre, Herre, og gjør ikke det jeg sier?
47 Hver den som kommer til mig og hører mine ord og gjør efter dem - hvem han er lik, vil jeg vise eder.
48 Han er lik et menneske som skulde bygge et hus, og som gravde dypt ned og la grunnvollen på fjell; og da det blev flom, brøt strømmen imot det hus, og den var ikke i stand til å rokke det, fordi det var godt bygget.
49 Men den som hører og ikke gjør derefter, han er lik et menneske som bygget sitt hus på bare jorden uten grunnvoll; og strømmen brøt imot det, og det falt straks, og det blev et stort fall da det hus falt.