Publicidade

Mateus 4

1 Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.2 En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword.3 En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word.4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.5 Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan6 en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen 'n klip stamp nie.7 Jesus sê vir hom: Daar is ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.8 Weer neem die duiwel Hom saam na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid,9 en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid.10 Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.11 Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien.

1 Da blev Jesus av Ånden ført ut i ørkenen for å fristes av djevelen.2 Og da han hadde fastet firti dager og firti netter, blev han til sist hungrig.3 Og fristeren kom til ham og sa: Er du Guds Sønn, da si at disse stener skal bli til brød!4 Men han svarte og sa: Det er skrevet: Mennesket lever ikke av brød alene, men av hvert ord som går ut av Guds munn.5 Da tok djevelen ham med sig til den hellige stad og stilte ham på templets tinde, og sa til ham:6 Er du Guds Sønn, da kast dig ned! for det er skrevet: Han skal gi sine engler befaling om dig, og de skal bære dig på hendene, forat du ikke skal støte din fot på nogen sten.7 Jesus sa til ham: Det er atter skrevet: Du skal ikke friste Herren din Gud.8 Atter tok djevelen ham med op på et meget høit fjell og viste ham alle verdens riker og deres herlighet og sa til ham:9 Alt dette vil jeg gi dig hvis du vil falle ned og tilbede mig.10 Da sa Jesus til ham: Bort fra mig, Satan! for det er skrevet: Herren din Gud skal du tilbede, og ham alene skal du tjene.11 Da forlot djevelen ham, og se, engler kom til ham og tjente ham.

Veja também

Publicidade
Logo Bíblia

Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-03-06_21-15-35-green