1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

2 Gee bevel aan die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land Kana„n kom, sal dit die land wees wat aan julle as erfdeel sal val; die land Kana„n volgens sy grense.

3 Julle suidekant dan moet van die woestyn Sin af langs Edom wees; en julle suidelike grens moet aan die oostekant van die einde van die Soutsee af wees;

4 en julle grens moet suid van Skerpioennek swaai en oorloop na Sin toe, totdat dit doodloop suid van Kades-Barn,a; dan moet dit aanloop na Hasar-Addar en oor na Asmon toe.

5 Verder moet die grens swaai van Asmon af na die spruit van Egipte toe, sodat dit by die see doodloop.

6 Aangaande die westelike grens, dit moet vir julle die Groot See saam met sy gebied wees; dit moet julle westelike grens wees.

7 En dit moet julle noordelike grens wees: van die Groot See af moet julle jul grenslyn trek na die berg Hor.

8 Van die berg Hor af moet julle die grenslyn trek tot by die ingang na Hamat; en die grens moet doodloop by Sedad.

9 Dan moet die grens aanloop na Sifron toe, en dit moet doodloop by Hasar-Enan. Dit moet julle noordelike grens wees.

10 Verder moet julle as jul oostelike grens die lyn trek van Hasar-Enan af na Sefam toe.

11 En die grens moet afloop van Sefam af na Ribla toe, oos van Ajin; dan moet die grens afloop en skrams oor die hange van die meer Kinn,ret gaan, aan die oostekant.

12 Verder moet die grens afloop na die Jordaan totdat dit doodloop by die Soutsee. Dit moet vir julle die land wees volgens sy grense rondom.

13 En Moses het aan die kinders van Israel bevel gegee en gesê: Dit is die land wat julle deur die lot as erfdeel sal verwerwe, wat die HERE beveel het om aan die nege stamme en aan die halwe stam te gee.

14 Want die stam van die kinders van die Rubeniete volgens hulle families en die stam van die kinders van die Gadiete volgens hulle families en die halwe stam van Manasse het al ontvang -- hulle het hul erfdeel ontvang.

15 Die twee stamme en die halwe stam het hulle erfdeel aan die oostekant van die Jordaan van J,rigo, teen sonop, ontvang.

16 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

17 Dit is die name van die manne wat vir julle die land as erfenis moet verdeel: die priester Ele sar en Josua, die seun van Nun.

18 Daarby moet julle uit elke stam een owerste neem om die land as erfenis te verdeel.

19 En dit is die name van die manne: van die stam van Juda -- Kaleb, die seun van Jefunne;

20 en van die stam van S¡meon se kinders -- S,muel, die seun van Ammihud;

21 van die stam van Benjamin -- El¡dad, die seun van Kislon;

22 en van die stam van Dan se kinders as owerste -- Bukki, die seun van Jogli;

23 van die kinders van Josef: van die stam van Manasse se kinders as owerste -- H nniël, die seun van Efod;

24 en van die stam van Efraim se kinders as owerste -- K,muel, die seun van Siftan;

25 en van die stam van S,bulon se kinders as owerste -- El¡safan, die seun van Parnag;

26 en van die stam van Issaskar se kinders as owerste -- P ltiël, die seun van Assan;

27 en van die stam van Aser se kinders as owerste -- Ah¡hud, die seun van Selomi;

28 en van die stam van N ftali se kinders as owerste -- Ped el, die seun van Ammihud.

29 Dit is hulle aan wie die HERE bevel gegee het om die erfenis vir die kinders van Israel in die land Kanaän te verdeel.

1 Og Herren talte til Moses og sa:

2 Byd Israels barn og si til dem: Når I kommer inn i Kana'ans land, så er dette det land som skal tilfalle eder som arv - Kana'ans land, så langt dets grenser når.

3 På sydsiden skal eders land gå fra ørkenen Sin langsmed Edom, og eders sydgrense skal i øst begynne ved enden av Salthavet.

4 Så skal grensen svinge sørom Akrabbim-skaret og gå frem til Sin, og den skal gå ut i syd for Kades-Barnea og så gå videre til Hasar-Adar og derfra ta over til Asmon.

5 Fra Asmon skal grensen svinge bort til Egyptens bekk og så gå ut i havet.

6 I vest skal eders grense være det store hav og landet langsmed det; dette skal være eders grense i vest.

7 Og dette skal være eders grense i nord: Fra det store hav skal I avmerke grenselinjen til fjellet Hor.

8 Fra fjellet Hor skal I avmerke grensen dit hvor veien går til Hamat, og grensen skal gå ut ved Sedad.

9 Så skal grensen gå videre til Sifron og ende ved Hasar-Enan. Dette skal være eders grense i nord.

10 Mot øst skal I avmerke eder en grenselinje som går fra Hasar-Enan til Sefam.

11 Fra Sefam skal grensen gå ned til Ribla østenfor Ajin og derfra gå videre ned til den når fjellskråningen østenfor Kinnerets sjø*. / {* d.e. Gennesarets sjø.}

12 Så skal grensen gå videre ned til Jordan og ende ved Salthavet. Dette skal være eders land efter dets grenser rundt omkring.

13 Og Moses bød Israels barn og sa: Dette er det land I skal få til arv ved loddkasting, og som Herren har befalt å gi de ni stammer og den halve stamme.

14 For Rubens barns stamme med sine familier og Gads barns stamme med sine familier og den halve Manasse stamme har alt fått sin arv;

15 disse to og en halv stamme har fått sin arv på denne side av Jordan midt imot Jeriko - mot øst, mot solens opgang.

16 Og Herren talte til Moses og sa:

17 Dette er navnene på de menn som skal skifte ut landet mellem eder: Eleasar, presten, og Josva, Nuns sønn,

18 og så en høvding for hver stamme, som I skal ta til å skifte ut landet,

19 og dette er navnene på disse menn: for Juda stamme Kaleb, Jefunnes sønn,

20 og for Simeons barns stamme Semuel, Ammihuds sønn,

21 for Benjamins stamme Elidad, Kislons sønn,

22 og for Dans barns stamme en høvding, Bukki, Joglis sønn,

23 for Josefs barn: for Manasses barns stamme en høvding, Hanniel, Efods sønn,

24 og for Efra'ims barns stamme en høvding, Kemuel, Siftans sønn,

25 og for Sebulons barns stamme en høvding, Elisafan, Parnaks sønn,

26 og for Issakars barns stamme en høvding, Paltiel, Assans sønn,

27 og for Asers barns stamme en høvding, Akihud, Selomis sønn,

28 og for Naftalis barns stamme en høvding, Pedael, Ammihuds sønn.

29 Disse menn var det som Herren sa skulde skifte ut arveloddene mellem Israels barn i Kana'ans land.