1 Halleluja! Prys die Naam van die HERE! Prys, o knegte van die HERE,
2 wat staan in die huis van die HERE, in die voorhowe van die huis van onse God!
3 Loof die HERE, want die HERE is goed; psalmsing tot eer van sy Naam, want die is lieflik!
4 Want die HERE het Jakob vir Hom uitverkies, Israel as sy eiendom.
5 Waarlik, ,k weet dat die HERE groot en onse Here bo alle gode is.
6 Alles wat die HERE behaag, doen Hy, in die hemel en op die aarde, in die seë en al die dieptes.
7 Hy wat die dampe laat opgaan van die einde van die aarde af, bliksemstrale by die reën maak, die wind uit sy skatkamers laat uitgaan;
8 wat die eersgeborenes van Egipte getref het, van mense sowel as van vee;
9 wat tekens en wonders gestuur het binne-in jou, o Egipte, teen Farao en teen al sy knegte;
10 wat baie nasies verslaan het en magtige konings gedood het:
11 Sihon, die koning van die Amoriete, en Og, die koning van Basan, en al die koninkryke van Kana„n,
12 en hulle land as erfdeel gegee het, as erfdeel aan Israel, sy volk.
13 o HERE, u Naam is tot in ewigheid, u gedenknaam, HERE, van geslag tot geslag!
14 Want die HERE sal aan sy volk reg doen en medelyde hê met sy knegte.
15 Die afgode van die heidene is silwer en goud, 'n werk van mensehande.
16 Hulle het 'n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;
17 ore het hulle, maar hoor nie; ook is daar geen asem in hulle mond nie.
18 Die wat hulle maak, sal net soos hulle word -- elkeen wat op hulle vertrou.
19 Huis van Israel, loof die HERE! Huis van A„ron, loof die HERE!
20 Huis van Levi, loof die HERE! Julle wat die HERE vrees, loof die HERE!
21 Geloofd sy die HERE uit Sion, Hy wat in Jerusalem woon! Halleluja!
1 Halleluja! Lov Herrens navn, lov, I Herrens tjenere,
2 I som står i Herrens hus, i forgårdene til vår Guds hus!
3 Lov Herren! for Herren er god, lovsyng hans navn! for det er liflig.
4 For Herren har utvalgt sig Jakob, Israel til sin eiendom.
5 Jeg vet at Herren er stor, og vår Herre større enn alle guder.
6 Herren gjør alt det han vil, i himmelen og på jorden, i havene og alle dyp,
7 han som lar regnskyer stige op fra jordens ende, gjør lyn til regn, fører vind ut av sine forrådshus,
8 han som slo de førstefødte i Egypten, både mennesker og fe.
9 som sendte tegn og under midt i dig, Egypten, mot Farao og mot alle hans tjenere,
10 han som slo mange hedningefolk og drepte mektige konger,
11 Sihon, amorittenes konge, og Og, Basans konge, og alle Kana'ans kongeriker,
12 og gav deres land til arv, gav Israel, sitt folk, det til arv.
13 Herre, ditt navn blir til evig tid, Herre, ditt minne fra slekt til slekt.
14 For Herren skal dømme sitt folk, og han skal miskunne sig over sine tjenere.
15 Hedningenes avguder er sølv og gull, et verk av menneskers hender.
16 De har munn, men taler ikke; de har øine, men ser ikke;
17 de har ører, men hører ikke, og det er ikke nogen ånde i deres munn.
18 Som de selv er, blir de som gjør dem, hver den som setter sin lit til dem.
19 Israels hus, lov Herren! Arons hus, lov Herren!
20 Levis hus, lov Herren! I som frykter Herren, lov Herren!
21 Lovet være Herren fra Sion, han som bor i Jerusalem! Halleluja!