1 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.
2 Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met 'n stem van gejubel!
3 Want die HERE, die Allerhoogste, is gedug, 'n groot Koning oor die hele aarde.
4 Hy bring volke onder ons en nasies onder ons voete.
5 Hy kies ons erfdeel vir ons uit, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela.
6 God vaar op met gejuig, die HERE met basuingeklank.
7 Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing!
8 Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met 'n onderwysing.
9 God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon. [ (Psalms 47:10) Die edeles van die volke het vergader -- 'n volk van die God van Abraham; want aan God behoort die skilde van die aarde. Hoog verhewe is Hy! ]
1 Til sangmesteren; av Korahs barn; en salme.
2 Klapp i hender, alle folk, juble for Gud med fryderop.
3 For Herren, den Høieste, er forferdelig, en stor konge over all jorden.
4 Han legger folkeslag under oss og folkeferd under våre føtter.
5 Han utvelger oss vår arvelodd, Jakobs, hans elskedes herlighet. Sela.
6 Gud fór op under jubelrop, Herren under basuners lyd.
7 Lovsyng Gud, lovsyng! Lovsyng vår konge, lovsyng!
8 For Gud er all jordens konge; syng en sang som gjør vis!
9 Gud er konge over folkene, Gud har satt sig på sin hellige trone.
10 Folkenes fyrster samler sig med Abrahams Guds folk; for jordens skjold hører Gud til, han er såre ophøiet.