1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die Lelie van die Getuienis." 'n Gedig van Dawid, om te onderrig.

2 Toe hy oorlog gevoer het teen die Arameërs van Mesopot mië en die Arameërs van Soba, en Joab teruggekom en die Edomiete verslaan het in die Soutdal, twaalf duisend.

3 o God, U het ons verstoot, ons vanmekaar geskeur; U was toornig; herstel ons!

4 U het die land laat bewe, dit gekloof; genees sy breuke, want dit wankel!

5 U het u volk harde dinge laat sien; U het ons bedwelmende wyn laat drink.

6 U het aan die wat u vrees, 'n banier gegee, om te vlug vir die boog! Sela.

7 Sodat u bemindes gered mag word; verlos deur u regterhand en verhoor ons!

8 God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.

9 G¡lead is myne en Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf.

10 Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; jubel oor My, o Filist,a!

11 Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie kan my lei tot in Edom?

12 Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie. [ (Psalms 60:13) Verleen ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is ydelheid. ] [ (Psalms 60:14) In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap. ]

1 Til sangmesteren; efter Sjusjan edut*; en gyllen sang av David til å læres, / {* sannsynligvis melodien.}

2 da han stred mot syrerne fra Mesopotamia og mot syrerne fra Soba, og Joab kom tilbake og slo edomittene i Saltdalen, tolv tusen.

3 Gud! du har forkastet oss, du har sønderslått oss, du var vred; vederkveg oss nu igjen!

4 Du har rystet jorden, du har fått den til å revne; læg dens skade, for den vakler!

5 Du har latt ditt folk se hårde ting, du har gitt oss vin å drikke så vi tumlet.

6 Men du har gitt dem som frykter dig, et hærmerke til opreisning, for sannhets skyld. Sela.

7 Forat de du elsker, må bli frelst, så hjelp nu med din høire hånd og bønnhør oss!

8 Gud har talt i sin hellighet. Jeg vil fryde mig; jeg vil utskifte Sikem og opmåle Sukkots dal.

9 Mig hører Gilead til, og mig hører Manasse til, og Efra'im er vern for mitt hode, Juda er min herskerstav.

10 Moab er mitt vaskefat, på Edom kaster jeg min sko; bryt ut i jubel over mig, Filisterland!

11 Hvem vil føre mig til den faste by? Hvem leder mig inn til Edom?

12 Mon ikke du, Gud, som forkastet oss og ikke drog ut med våre hærer, Gud?

13 Gi oss hjelp mot fienden, for menneskehjelp er tomhet!

14 Ved Gud skal vi gjøre storverk, og han skal nedtrede våre fiender.