1 My seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar,

2 sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand;

3 ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef,

4 as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte,

5 dan sal jy die vrees van die HERE verstaan en die kennis van God vind

7 en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel

8 deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van sy gunsgenote bewaar;

9 dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid -- elke goeie pad.

10 Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees;

11 oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak,

12 om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek;

13 van die wat die paaie van opregtheid verlaat om op weë van duisternis te wandel;

14 die wat hulle verheug in kwaaddoen, wat juig oor die valse streke van die slegte,

15 van wie die paaie verkeerd is, en wat afwyk in hulle spore;

16 om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei

18 want haar huis sink weg na die dood en haar paaie na die skimme;

19 almal wat by haar ingaan, kom nie terug nie en bereik die paaie van die lewe nie

20 sodat jy kan wandel op die weg van die goeies en die paaie van die regverdiges kan hou;

21 want die opregtes sal die land bewoon, en die regskapenes daarin oorbly,

22 maar die goddelose sal uit die land uitgeroei, en die ontroues sal daaruit weggeruk word.

1 Figliuol mio, se ricevi le mie parole e serbi con cura i miei comandamenti,

2 prestando orecchio alla sapienza e inclinando il cuore all’intelligenza;

3 sì, se chiami il discernimento e rivolgi la tua voce all’intelligenza,

4 se la cerchi come l’argento e ti dài a scavarla come un tesoro,

5 Allora intenderai il timor dell’Eterno, e troverai la conoscenza di Dio.

6 Poiché l’Eterno dà la sapienza; dalla sua bocca procedono la scienza e l’intelligenza.

7 Egli tiene in serbo per gli uomini retti un aiuto potente, uno scudo per quelli che camminano integramente,

8 affin di proteggere i sentieri della equità e di custodire la via dei suoi fedeli.

9 Allora intenderai la giustizia, l’equità, la rettitudine, tutte le vie del bene.

10 Perché la sapienza t’entrerà nel cuore, e la scienza sarà gradevole all’anima tua;

11 la riflessione veglierà su te, e l’intelligenza ti proteggerà;

12 ti scamperà così dalla via malvagia, dalla gente che parla di cose perverse,

13 da quelli che lasciano i sentieri della rettitudine per camminare nella via delle tenebre,

14 che godono a fare il male e si compiacciono delle perversità del malvagio,

15 che seguono sentieri storti e battono vie tortuose.

16 Ti scamperà dalla donna adultera, dalla infedele che usa parole melate,

17 che ha abbandonato il compagno della sua giovinezza e ha dimenticato il patto del suo Dio.

18 Poiché la sua casa pende verso la morte, e i suoi sentieri menano ai defunti.

19 Nessuno di quelli che vanno da lei ne ritorna, nessuno riprende i sentieri della vita.

20 Così camminerai per la via dei buoni, e rimarrai nei sentieri dei giusti.

21 Ché gli uomini retti abiteranno la terra, e quelli che sono integri vi rimarranno;

22 ma gli empi saranno sterminati di sulla terra e gli sleali ne saranno divelti.