1 'n Lied. 'n Psalm van Dawid.
2 My hart is gerus, o God! Ek wil sing en psalmsing, ja, ook my eer.
3 Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak.
4 Ek wil U loof onder die volke, o HERE, en psalmsing tot u eer, onder die nasies;
5 want u goedertierenheid is groot bo die hemel uit en u trou tot by die wolke.
6 Verhef U bo die hemele, o God, en u heerlikheid bo die hele aarde!
7 Dat u bemindes gered kan word -- verlos deur u regterhand en verhoor ons!
8 God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.
9 G¡lead is myne, Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf.
10 Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; oor Filist,a jubel Ek.
11 Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie lei my tot in Edom?
12 Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie.
13 Gee ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is vergeefse moeite. [ (Psalms 108:14) In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap. ]
1 Canto. Salmo di Davide. Il mio cuore è ben disposto, o Dio, io canterò e salmeggerò, e la mia gloria pure.
2 Destatevi, saltèro e cetra, io voglio risvegliare lalba.
3 Io ti celebrerò fra i popoli, o Eterno, e a te salmeggerò fra le nazioni.
4 Perché grande al disopra de cieli è la tua benignità e la tua fedeltà giunge fino alle nuvole.
5 Innalzati, o Dio, al disopra de cieli, risplenda su tutta la terra la tua gloria!
6 Affinché i tuoi diletti sian liberati, salvaci con la tua destra e ci esaudisci.
7 Iddio ha parlato nella sua santità: Io trionferò, spartirò Sichem e misurerò la valle di Succot.
8 Mio è Galaad e mio è Manasse, ed Efraim è la forte difesa del mio capo; Giuda è il mio scettro.
9 Moab è il bacino dove mi lavo; sopra Edom getterò il mio sandalo; sulla Filistia manderò gridi di trionfo.
10 Chi mi condurrà nella città forte? Chi mi menerà fino in Edom?
11 Non sarai tu, o Dio, che ci hai rigettati e non esci più, o Dio, coi nostri eserciti?
12 Dacci aiuto per uscir dalla distretta, poiché vano è il soccorso delluomo.
13 Con Dio noi faremo prodezze, ed egli schiaccerà i nostri nemici.