1 'n Bedevaartslied. Van Salomo. As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.

2 Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet -- net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap!

3 Kyk, seuns is 'n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is 'n beloning.

4 Soos pyle in die hand van 'n held, so is die seuns van die jeug.

5 Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie.

1 Canto dei pellegrinaggi. Di Salomone. Se l’Eterno non edifica la casa, invano vi si affaticano gli edificatori; se l’Eterno non guarda la città, invano vegliano le guardie.

2 Invano vi levate di buon’ora e tardi andate a riposare e mangiate il pan di doglie; egli dà altrettanto ai suoi diletti, mentr’essi dormono.

3 Ecco, i figliuoli sono un’eredità che viene dall’Eterno; il frutto del seno materno è un premio.

4 Quali le frecce in man d’un prode, tali sono i figliuoli della giovinezza.

5 Beati coloro che ne hanno il turcasso pieno! Non saranno confusi quando parleranno coi loro nemici alla porta.