1 Beter is 'n stuk droë brood en rus daarby as 'n huis vol offermaaltye met getwis.
2 'n Verstandige dienaar sal heers oor 'n seun wat skande maak, en onder die broers sal hy die erfenis verdeel.
3 Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, maar die HERE toets die harte.
4 Die kwaaddoener gee ag op 'n bedrieglike lip, 'n leuenaar luister na 'n tong wat onheil stig.
5 Hy wat die arme bespot, versmaad sy Maker; hy wat bly is oor 'n ongeluk, sal nie ongestraf bly nie.
6 Kindskinders is 'n kroon vir grysaards, en vir die kinders is hulle vader 'n eer.
7 Aanmatigende taal pas nie by 'n dwaas nie, hoeveel minder leuentaal by 'n edele!
8 Kosbare edelgesteentes is die omkoopgeskenk in die oë van sy besitter; oral waar hy heengaan, sal hy slaag.
9 Wie 'n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.
10 'n Berisping gaan by 'n verstandige dieper in as om 'n dwaas honderd maal te slaan.
11 Die wederstrewige soek net onheil, maar 'n wrede boodskapper word teen hom uitgestuur.
12 Laat 'n beer wat van kleintjies beroof is, 'n mens ontmoet, maar nie 'n dwaas in sy sotheid nie.
13 Hy wat kwaad vir goed vergelde, die kwaad sal uit sy huis nie wyk nie.
14 Die begin van 'n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek.
15 Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die HERE 'n gruwel.
16 Waarom tog is daar geld in die hand van 'n dwaas om wysheid te koop terwyl hy geen verstand het nie?
17 Die vriend het altyd lief, en die broer word gebore met die oog op die nood.
18 Dit is 'n verstandelose mens wat handslag gee, wat borg staan vir sy naaste.
19 Wie twis liefhet, het oortreding lief; hy wat sy deur hoog maak, soek verbreking.
20 Wie verkeerd van hart is, vind die goeie nie; en hy wat vals is met sy tong, val in die ongeluk.
21 Hy wat 'n dwaas verwek, vir hom sal dit 'n bekommernis word; en die vader van die dwaas sal nie bly wees nie.
22 'n Vrolike hart bevorder die genesing, maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog.
23 Die goddelose neem 'n omkoopgeskenk aan wat uit die boesem kom om die paaie van die reg te buig.
24 Die verstandige hou die wysheid voor oë, maar die oë van die dwaas is by die einde van die aarde.
25 'n Dwase seun is 'n verdriet vir sy vader en bitter smart vir haar wat hom gebaar het.
26 Is dit alreeds nie goed om die regverdige te beboet nie -- om edeles te slaan is onbetaamlik.
27 Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is 'n man van verstand.
28 Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig.
1 Mieux vaut un morceau de pain sec, avec la paix, Qu'une maison pleine de viandes, avec des querelles.
2 Un serviteur prudent domine sur le fils qui fait honte, Et il aura part à l'héritage au milieu des frères.
3 Le creuset est pour l'argent, et le fourneau pour l'or; Mais celui qui éprouve les coeurs, c'est l'Eternel.
4 Le méchant est attentif à la lèvre inique, Le menteur prête l'oreille à la langue pernicieuse.
5 Celui qui se moque du pauvre outrage celui qui l'a fait; Celui qui se réjouit d'un malheur ne restera pas impuni.
6 Les enfants des enfants sont la couronne des vieillards, Et les pères sont la gloire de leurs enfants.
7 Les paroles distinguées ne conviennent pas à un insensé; Combien moins à un noble les paroles mensongères!
8 Les présents sont une pierre précieuse aux yeux de qui en reçoit; De quelque côté qu'ils se tournent, ils ont du succès.
9 Celui qui couvre une faute cherche l'amour, Et celui qui la rappelle dans ses discours divise les amis.
10 Une réprimande fait plus d'impression sur l'homme intelligent Que cent coups sur l'insensé.
11 Le méchant ne cherche que révolte, Mais un messager cruel sera envoyé contre lui.
12 Rencontre une ourse privée de ses petits, Plutôt qu'un insensé pendant sa folie.
13 De celui qui rend le mal pour le bien Le mal ne quittera point la maison.
14 Commencer une querelle, c'est ouvrir une digue; Avant que la dispute s'anime, retire-toi.
15 Celui qui absout le coupable et celui qui condamne le juste Sont tous deux en abomination à l'Eternel.
16 A quoi sert l'argent dans la main de l'insensé? A acheter la sagesse?... Mais il n'a point de sens.
17 L'ami aime en tout temps, Et dans le malheur il se montre un frère.
18 L'homme dépourvu de sens prend des engagements, Il cautionne son prochain.
19 Celui qui aime les querelles aime le péché; Celui qui élève sa porte cherche la ruine.
20 Un coeur faux ne trouve pas le bonheur, Et celui dont la langue est perverse tombe dans le malheur.
21 Celui qui donne naissance à un insensé aura du chagrin; Le père d'un fou ne peut pas se réjouir.
22 Un coeur joyeux est un bon remède, Mais un esprit abattu dessèche les os.
23 Le méchant accepte en secret des présents, Pour pervertir les voies de la justice.
24 La sagesse est en face de l'homme intelligent, Mais les yeux de l'insensé sont à l'extrémité de la terre.
25 Un fils insensé fait le chagrin de son père, Et l'amertume de celle qui l'a enfanté.
26 Il n'est pas bon de condamner le juste à une amende, Ni de frapper les nobles à cause de leur droiture.
27 Celui qui retient ses paroles connaît la science, Et celui qui a l'esprit calme est un homme intelligent.
28 L'insensé même, quand il se tait, passe pour sage; Celui qui ferme ses lèvres est un homme intelligent.