1 Die koning se hart is in die hand van die HERE soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil.

2 Elke weg van 'n mens is reg in sy oë, maar die HERE toets die harte.

3 Om geregtigheid en reg te doen, is vir die HERE verkiesliker as offers.

4 Hoogheid van oë en trotsheid van hart -- die glans van die goddelose is sonde.

5 Die planne van die vlytige is net tot voordeel, maar elkeen wat oorhaastig is, kom net tot gebrek.

6 Die verwerwing van skatte deur 'n valse tong is 'n verwaaide asem -- dodelike valstrikke.

7 Die gewelddadigheid van die goddelose sleep hulle weg, want hulle weier om reg te doen.

8 Gekronkeld is die weg van 'n skuldige mens; maar die reine -- sy handeling is reg.

9 Dit is beter om op die hoek van 'n dak te woon as by 'n twisgierige vrou en 'n gemeenskaplike huis.

10 Die siel van die goddelose begeer die kwaad; sy naaste vind in sy oë geen genade nie.

11 As 'n mens 'n spotter straf, word die eenvoudige bedagsaam; en as 'n mens 'n wyse onderrig, neem hy self kennis aan.

12 Die regverdige let op die huis van die goddelose; Hy stort die goddelose in die ongeluk.

13 Wie sy oor toestop vir die geskreeu van die arme, hy sal self ook roep en nie verhoor word nie.

14 'n Geskenk in die geheim bring die toorn tot bedaring en 'n geskenk in die skoot die heftige woede.

15 Vreugde is dit vir die regverdige om reg te doen, maar 'n verskrikking vir die werkers van ongeregtigheid.

16 'n Mens wat afdwaal van die pad van verstand, sal in die vergadering van die skimme rus.

17 Wie van vrolikheid hou, is 'n man van gebrek; hy wat van wyn en olie hou, sal nie ryk word nie.

18 Die goddelose is 'n losprys vir die regverdige, en in die plek van die opregtes kom die ontroue.

19 Dit is beter om in 'n woeste land te woon as by 'n twisgierige vrou en ergernis.

20 'n Kosbare skat en olie is in die woning van die regverdige, maar 'n dwase mens bring dit deur.

21 Wie geregtigheid en weldadigheid najaag, sal die lewe, geregtigheid en eer vind.

22 Die wyse beklim die stad van die helde en gooi die vesting neer waar dit op vertrou.

23 Hy wat sy mond en sy tong bewaar, bewaar sy siel van benoudhede.

24 'n Vermetele, 'n trotsaard word 'n spotter genoem, een wat in oormaat van vermetelheid handel.

25 Die begeerte van die luiaard sal hom doodmaak, want sy hande weier om te werk;

26 die hele dag deur word daar dringend begeer, maar die regverdige gee en hou nie terug nie.

27 Die offer van die goddelose is 'n gruwel; hoeveel te meer as hulle dit met skandelike bedoeling bring.

28 'n Leuenagtige getuie kom om; maar 'n man wat goed toeluister, spreek vir altyd.

29 Die goddelose trek 'n onbeskaamde gesig, maar die opregte gee aan sy weë die regte rigting.

30 Daar is geen wysheid, en daar is geen verstand, en daar is geen raad teenoor die HERE nie.

31 Die perd word reggemaak vir die dag van die geveg, maar die oorwinning is deur die HERE.

1 Le coeur du roi est un courant d'eau dans la main de l'Eternel; Il l'incline partout où il veut.

2 Toutes les voies de l'homme sont droites à ses yeux; Mais celui qui pèse les coeurs, c'est l'Eternel.

3 La pratique de la justice et de l'équité, Voilà ce que l'Eternel préfère aux sacrifices.

4 Des regards hautains et un coeur qui s'enfle, Cette lampe des méchants, ce n'est que péché.

5 Les projets de l'homme diligent ne mènent qu'à l'abondance, Mais celui qui agit avec précipitation n'arrive qu'à la disette.

6 Des trésors acquis par une langue mensongère Sont une vanité fugitive et l'avant-coureur de la mort.

7 La violence des méchants les emporte, Parce qu'ils refusent de faire ce qui est juste.

8 Le coupable suit des voies détournées, Mais l'innocent agit avec droiture.

9 Mieux vaut habiter à l'angle d'un toit, Que de partager la demeure d'une femme querelleuse.

10 L'âme du méchant désire le mal; Son ami ne trouve pas grâce à ses yeux.

11 Quand on châtie le moqueur, le sot devient sage; Et quand on instruit le sage, il accueille la science.

12 Le juste considère la maison du méchant; L'Eternel précipite les méchants dans le malheur.

13 Celui qui ferme son oreille au cri du pauvre Criera lui-même et n'aura point de réponse.

14 Un don fait en secret apaise la colère, Et un présent fait en cachette calme une fureur violente.

15 C'est une joie pour le juste de pratiquer la justice, Mais la ruine est pour ceux qui font le mal.

16 L'homme qui s'écarte du chemin de la sagesse Reposera dans l'assemblée des morts.

17 Celui qui aime la joie reste dans l'indigence; Celui qui aime le vin et l'huile ne s'enrichit pas.

18 Le méchant sert de rançon pour le juste, Et le perfide pour les hommes droits.

19 Mieux vaut habiter dans une terre déserte, Qu'avec une femme querelleuse et irritable.

20 De précieux trésors et de l'huile sont dans la demeure du sage; Mais l'homme insensé les engloutit.

21 Celui qui poursuit la justice et la bonté Trouve la vie, la justice et la gloire.

22 Le sage monte dans la ville des héros, Et il abat la force qui lui donnait de l'assurance.

23 Celui qui veille sur sa bouche et sur sa langue Préserve son âme des angoisses.

24 L'orgueilleux, le hautain, s'appelle un moqueur; Il agit avec la fureur de l'arrogance.

25 Les désirs du paresseux le tuent, Parce que ses mains refusent de travailler;

26 Tout le jour il éprouve des désirs; Mais le juste donne sans parcimonie.

27 Le sacrifice des méchants est quelque chose d'abominable; Combien plus quand ils l'offrent avec des pensées criminelles!

28 Le témoin menteur périra, Mais l'homme qui écoute parlera toujours.

29 Le méchant prend un air effronté, Mais l'homme droit affermit sa voie.

30 Il n'y a ni sagesse, ni intelligence, Ni conseil, en face de l'Eternel.

31 Le cheval est équipé pour le jour de la bataille, Mais la délivrance appartient à l'Eternel.