1 Dit is ook spreuke van Salomo, wat die manne van Hisk¡a, die koning van Juda, versamel het.

2 Dit is die eer van God om 'n saak te verberg, maar die eer van konings om 'n saak na te speur.

3 Die hoogte van die hemele en die diepte van die aarde en die hart van die konings is ondeurgrondelik.

4 Verwyder jy die skuim uit die silwer, dan sal daar vir die silwersmid 'n voorwerp uitkom;

5 verwyder die goddelose voor die koning weg, dan sal sy troon deur geregtigheid bevestig word.

6 Pronk nie voor die koning nie, en staan nie op die plek van die grotes nie.

7 Want dit is beter dat vir jou gesê word: Kom op hierheen! -- as dat jy verneder word voor 'n edele wat jou oë gesien het.

8 Gaan nie haastig uit om te twis nie; anders, wat sal jy ten slotte doen as jou naaste jou in die skande steek?

9 Verdedig jou saak teen jou naaste, maar openbaar 'n ander se geheim nie,

10 sodat een wat dit hoor, jou nie beskimp en jou slegte gerug nie ophou nie.

11 Goue appels op versierde silwerborde, so is 'n woord op sy tyd gespreek.

12 'n Wyse bestraffer by 'n oor wat luister, is 'n goue ring en 'n goue sieraad.

13 Soos die verkoeling van sneeu op 'n oesdag, is 'n betroubare boodskapper vir sy senders; want hy verkwik die siel van sy heer.

14 'n Man wat hom beroem op 'n geskenk wat hy tog nie gee nie, is soos dampe en wind waar geen reënbui by is nie.

15 Deur lankmoedigheid word 'n vors oorgehaal, en 'n sagte tong verbreek die gebeente.

16 Het jy heuning gevind, eet tot jy genoeg het, sodat jy daar nie sat van word en dit uitspuug nie.

17 Sit jou voet selde in jou naaste se huis, sodat hy nie van jou genoeg kry en jou haat nie.

18 'n Knopkierie en 'n swaard en 'n skerp pyl, so is 'n man wat teen sy naaste as valse getuie optree.

19 'n Slegte tand en 'n voet wat swik, so is die vertroue op 'n ontroue in die dag van benoudheid.

20 Soos een wat 'n kleed uittrek op 'n koue dag, soos asyn op loog, so is een wat 'n bedroefde hart met liedere verwelkom.

21 As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors het, gee hom water om te drink.

22 Want jy hoop gloeiende kole op sy hoof, en die HERE sal jou dit vergelde.

23 Die noordewind bring 'n reënbui voort, en die tong wat agteraf praat -- kwaai gesigte.

24 Om te woon op die hoek van 'n dak, is beter as by 'n twisgierige vrou en 'n gemeenskaplike huis.

25 Koue water op 'n vermoeide siel, so is 'n goeie tyding uit 'n ver land.

26 'n Troebel fontein en 'n vuile bron, so is die regverdige wat wankel voor die goddelose.

27 Om baie heuning te eet, is nie goed nie, maar om swaar sake na te speur, is 'n eer.

28 'n Afgebreekte stad sonder muur, so is 'n man wat sy gees nie kan inhou nie.

1 Voici encore des Proverbes de Salomon, recueillis par les gens d'Ezéchias, roi de Juda.

2 La gloire de Dieu, c'est de cacher les choses; La gloire des rois, c'est de sonder les choses.

3 Les cieux dans leur hauteur, la terre dans sa profondeur, Et le coeur des rois, sont impénétrables.

4 Ote de l'argent les scories, Et il en sortira un vase pour le fondeur.

5 Ote le méchant de devant le roi, Et son trône s'affermira par la justice.

6 Ne t'élève pas devant le roi, Et ne prends pas la place des grands;

7 Car il vaut mieux qu'on te dise: Monte-ici! Que si l'on t'abaisse devant le prince que tes yeux voient.

8 Ne te hâte pas d'entrer en contestation, De peur qu'à la fin tu ne saches que faire, Lorsque ton prochain t'aura outragé.

9 Défends ta cause contre ton prochain, Mais ne révèle pas le secret d'un autre,

10 De peur qu'en l'apprenant il ne te couvre de honte, Et que ta mauvaise renommée ne s'efface pas.

11 Comme des pommes d'or sur des ciselures d'argent, Ainsi est une parole dite à propos.

12 Comme un anneau d'or et une parure d'or fin, Ainsi pour une oreille docile est le sage qui réprimande.

13 Comme la fraîcheur de la neige au temps de la moisson, Ainsi est un messager fidèle pour celui qui l'envoie; Il restaure l'âme de son maître.

14 Comme des nuages et du vent sans pluie, Ainsi est un homme se glorifiant à tort de ses libéralités.

15 Par la lenteur à la colère on fléchit un prince, Et une langue douce peut briser des os.

16 Si tu trouves du miel, n'en mange que ce qui te suffit, De peur que tu n'en sois rassasié et que tu ne le vomisses.

17 Mets rarement le pied dans la maison de ton prochain, De peur qu'il ne soit rassasié de toi et qu'il ne te haïsse.

18 Comme une massue, une épée et une flèche aiguë, Ainsi est un homme qui porte un faux témoignage contre son prochain.

19 Comme une dent cassée et un pied qui chancelle, Ainsi est la confiance en un perfide au jour de la détresse.

20 Oter son vêtement dans un jour froid, Répandre du vinaigre sur du nitre, C'est dire des chansons à un coeur attristé.

21 Si ton ennemi a faim, donne-lui du pain à manger; S'il a soif, donne-lui de l'eau à boire.

22 Car ce sont des charbons ardents que tu amasses sur sa tête, Et l'Eternel te récompensera.

23 Le vent du nord enfante la pluie, Et la langue mystérieuse un visage irrité.

24 Mieux vaut habiter à l'angle d'un toit, Que de partager la demeure d'une femme querelleuse.

25 Comme de l'eau fraîche pour une personne fatiguée, Ainsi est une bonne nouvelle venant d'une terre lointaine.

26 Comme une fontaine troublée et une source corrompue, Ainsi est le juste qui chancelle devant le méchant.

27 Il n'est pas bon de manger beaucoup de miel, Mais rechercher la gloire des autres est un honneur.

28 Comme une ville forcée et sans murailles, Ainsi est l'homme qui n'est pas maître de lui-même.