1 En as 'n dankoffer sy offer is, as hy dit bring van beeste, bul of vers, moet hy dit sonder gebrek voor die aangesig van die HERE bring.

2 En hy moet sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag by die ingang van die tent van samekoms. En die seuns van A„ron, die priesters, moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.

3 Dan moet hy van die dankoffer 'n vuuroffer aan die HERE bring: die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,

4 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem.

5 En die seuns van A„ron moet dit op die altaar aan die brand steek, op die brandoffer wat op die hout is, bo op die vuur, as 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.

6 En as sy offer 'n stuk kleinvee is, as 'n dankoffer aan die HERE, moet hy dit bring sonder gebrek, ram of ooi.

7 As hy 'n skaaplam bring as sy offer, moet hy dit voor die aangesig van die HERE bring

8 en sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van A„ron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.

9 Daarna moet hy van die dankoffer die vet as vuuroffer aan die HERE bring: die hele vetstert naby die stuitjie moet hy dit wegneem en die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,

10 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem.

11 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir die HERE.

12 En as sy offer 'n bok is, moet hy dit voor die aangesig van die HERE bring

13 en sy hand op die kop daarvan lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van A„ron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.

14 Dan moet hy daarvan sy offer as vuuroffer aan die HERE bring; die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,

15 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem.

16 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir 'n lieflike geur. Al die vet behoort aan die HERE.

17 'n Ewige insetting is dit vir julle geslagte in al julle woonplekke: g,,n vet en g,,n bloed mag julle eet nie.

1 Na, mehemea he patunga mo te pai tana e tapae ai; ki te mea no nga kau tana whakahere, ahakoa toa, ahakoa uha, kia kohakore tana e tuku ai ki te aroaro o Ihowa.

2 Na ka popoki tona ringa ki te matenga o tana whakahere, ka patu ai ki te whatitoka o te tapenakara o te whakaminenga: na ka tauhiuhia te toto e nga tohunga, e nga tama a Arona, ki te aata a tawhio noa.

3 Na me tapae e ia he whakahere ahi ki a Ihowa i roto i te patunga mo te pai; ko te ngako e whiwhiwhiwhi ana ki nga whekau, me te ngako katoa o nga whekau,

4 Me nga whatukuhu e rua, me to reira ngako, tera i te hope, me te taupa i te ate, me nga whatukuhu, me tango tera e ia.

5 A me tahu e nga tama a Arona ki te aata, ki runga i te tahunga tinana i runga i nga wahie o te ahi: he whakahere ahi tena, he kakara reka ki a Ihowa.

6 A, ki te mea no nga hipi tana e tapae ai ki a Ihowa hei patunga mo te pai; he toa, he uha ranei, kei whai koha tana e tuku ai.

7 Ki te tapaea e ia he reme hei whakahere mana, me tapae ki te aroaro o Ihowa:

8 Me popoki hoki tona ringa ki te pane o tana whakahere, ka patu ai ki mua i te tapenakara o te whakaminenga: a ka tauhiuhia ona toto e nga tama a Arona ki te aata a tawhio noa.

9 Me tapae ano e ia tetahi wahi o te patunga mo te pai hei whakahere ahi ki a Ihowa; ko tona ngako me te hiawero katoa, kia tino tata ki te tiki tana tapahanga; a ko te ngako e whiwhiwhiwhi ana ki nga whekau, me te ngako katoa o nga whekau,

10 Me nga whatakuhu e rua, me to reira taupa, tera i te hope, me te taupa o te ate, me nga whatukuhu, me tango tera e ia.

11 A ma te tohunga e tahu ki runga ki te aata: he kai hoki no ta Ihowa whakahere ahi.

12 A ki te mea he koati tana whakahere, me tapae ki te aroaro o Ihowa:

13 A ka popoki tona ringa ki tona pane, ka patu ai ki mua o te tapenakara o te whakaminenga: a ma nga tama a Arona e tauhiuhi ona toto ki te aata a tawhio noa.

14 A me tapae atu e ia tetahi wahi ona hei whakahere ahi mana ki a Ihowa; ko te ngako e whiwhiwhiwhi ana ki nga whekau, me te ngako katoa o nga whekau,

15 Me nga whatukuhu e rua, me to reira ngako, tera i te hope, me te taupa i te ate, me nga whatukuhu, me tango tera e ia.

16 A me tahu e te tohunga ki te aata: he kai tena no te whakahere ahi, hei kakara reka: ko te ngako katoa ma Ihowa.

17 Hei tikanga mau tonu tenei mo o koutou whakatupuranga, i o koutou nohoanga katoa, kia kaua e kainga tetahi ngako, toto ranei, e koutou.