1 En Reh beam het na Sigem gegaan, want die hele Israel het na Sigem gekom om hom koning te maak.

2 En net toe Jerobeam, die seun van Nebat, dit hoor -- hy was nog in Egipte, waarheen hy vir koning Salomo weggevlug het, en Jerobeam was in Egipte woonagtig,

3 en hulle het hom laat roep -- kom Jerobeam en die hele vergadering van Israel, en hulle het Reh beam toegespreek en gesê:

4 U vader het ons juk hard gemaak, maak u dan nou die harde diens van u vader en sy swaar juk wat hy ons opgelê het, ligter; dan sal ons u dien.

5 En hy sê vir hulle: Gaan weg tot oor drie dae, kom dan terug na my toe. En die volk het gegaan.

6 Daarop hou koning Reh beam raad met die oudstes wat voor sy vader Salomo gedurende sy lewe gestaan het, en hy vra: Wat raai u aan om hierdie volk te antwoord?

7 En hulle spreek met hom en sê: As u vandag 'n dienaar van hierdie volk word en hulle dien en hulle antwoord en met vriendelike woorde hulle toespreek, sal hulle altyd u dienaars wees.

8 Maar hy het die raad van die oudstes wat hulle hom gegee het, in die wind geslaan en raad gehou met die jongmanne wat saam met hom grootgeword en voor hom gestaan het.

9 En hy vra hulle: Wat raai julle aan dat ons hierdie volk sal antwoord wat my toegespreek en gesê het: Maak die juk wat u vader ons opgelê het, ligter?

10 En die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, antwoord hom en sê: So moet u hierdie volk antwoord wat met u gespreek en gesê het: U vader het ons juk swaar gemaak, maar maak u dit ligter oor ons -- so moet u hulle antwoord: My pinkie is dikker as my vader se lendene.

11 Het my vader dan nou 'n swaar juk op julle gelaai -- ,k sal by julle juk nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig -- ,k sal julle met g,sels tugtig.

12 Toe Jerobeam en die hele volk dan by Reh beam kom op die derde dag soos die koning gespreek en gesê het: Kom na my terug op die derde dag --

13 het die koning die volk 'n harde antwoord gegee: hy het die raad wat hom deur die oudstes gegee is, in die wind geslaan

14 en met hulle gespreek volgens die raad van die jongmanne en gesê: Het my vader julle juk swaar gemaak -- ,k sal by julle juk nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig -- ,k sal julle met g,sels tugtig.

15 So het die koning dan nie na die volk geluister nie, want dit was 'n beskikking van die HERE, sodat Hy sy woord sou vervul wat die HERE gespreek het deur die diens van Ah¡a, die Siloniet, tot Jerobeam, die seun van Nebat.

16 Toe die hele Israel sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesê: Watter aandeel het ons aan Dawid? en daar is geen erfdeel aan die seun van Isai nie! Na julle tente toe, Israel! Kyk nou na jou eie huis, Dawid! Daarop het Israel na sy tente gegaan.

17 Maar oor die kinders van Israel wat in die stede van Juda gewoon het, oor hulle was Reh beam koning.

18 Toe stuur koning Reh beam Adoram wat oor die dwangarbeid was, maar die hele Israel het hom gestenig, sodat hy gesterf het; en koning Reh beam het hom tot die uiterste toe geweer om op 'n wa te klim, om na Jerusalem te vlug.

19 So het die Israeliete dan van die huis van Dawid afvallig geword tot vandag toe.

20 Sodra die hele Israel gehoor het dat Jerobeam terug was, het hulle hom na die vergadering laat roep en hom oor die hele Israel koning gemaak; niemand het die huis van Dawid gevolg nie, behalwe die stam van Juda alleen.

21 En toe Reh beam in Jerusalem kom, het hy die hele huis van Juda en die stam van Benjamin, honderd en tagtig duisend strydbare jong manskappe, vergader om oorlog te voer teen die huis van Israel, om die koningskap vir Reh beam, die seun van Salomo, terug te win.

22 Maar die woord van God het tot Sem ja, die man van God, gekom en gesê:

23 Spreek met Reh beam, die seun van Salomo, die koning van Juda, en met die hele huis van Juda en Benjamin en die orige deel van die volk en sê:

24 So spreek die HERE: Julle mag nie optrek en teen julle broers, die kinders van Israel, oorlog voer nie; julle moet omdraai, elkeen na sy huis; want van My het hierdie saak gekom. Hulle het toe geluister na die woord van die HERE en weer teruggetrek volgens die woord van die HERE.

25 En Jerobeam het Sigem op die gebergte van Efraim gebou en daarin gewoon, en daarvandaan uitgetrek en Pnuel gebou.

26 En Jerobeam het in sy hart gesê: Nou sal die koningskap na die huis van Dawid terugkeer:

27 as hierdie volk opgaan om offers te bring in die huis van die HERE in Jerusalem, dan sal die hart van hierdie volk terugkeer na hulle heer, na Reh beam, die koning van Juda, en hulle sal my om die lewe bring en teruggaan na Reh beam, die koning van Juda.

28 Daarom het die koning raad gehou en twee goue kalwers gemaak en aan hulle gesê: Julle het lank genoeg opgegaan na Jerusalem -- hier is, o Israel, jou gode wat jou uit Egipteland laat optrek het!

29 En die een het hy in Bet-el opgerig en die ander in Dan opgestel.

30 En hierdie saak het tot sonde geword; ja, die volk het voor die een gaan aanbid tot by Dan.

31 Hy het ook tempels van die hoogtes gebou en priesters aangestel uit al die dele van die volk wat nie uit die seuns van Levi was nie.

32 En Jerobeam het 'n fees gehou in die agtste maand, op die vyftiende dag van die maand, soos die fees wat in Juda was, en op die altaar geklim. So het hy in Bet-el gedoen en geoffer aan die kalwers wat hy gemaak het, en ook in Bet-el priesters aangestel vir die hoogtes wat hy gemaak het.

33 En hy het geklim op die altaar wat hy in Bet-el gemaak het, op die vyftiende dag in die agtste maand, in die maand wat hy uit sy eie hart versin het, en vir die kinders van Israel 'n fees ingestel en op die altaar geklim om offerrook te laat opgaan.

1 И пошел Ровоам в Сихем, ибо в Сихем пришли все Израильтяне, чтобы воцарить его.

2 И услышал о том Иеровоам, сын Наватов, когда находился еще в Египте, куда убежал от царя Соломона, и возвратился Иеровоам из Египта;

3 и послали за ним и призвали его. Тогда Иеровоам и все собрание Израильтян пришли и говорили Ровоаму и сказали:

4 отец твой наложил на нас тяжкое иго, ты же облегчи нам жестокую работу отца твоего и тяжкое иго, которое он наложил на нас, и тогда мы будем служить тебе.

5 И сказал он им: пойдите и чрез три дня опять придите ко мне. И пошел народ.

6 Царь Ровоам советовался со старцами, которые предстояли пред Соломоном, отцом его, при жизни его, и говорил: как посоветуете вы мне отвечать сему народу?

7 Они говорили ему и сказали: если ты на сей день будешь слугою народу сему и услужишь ему, и удовлетворишь им и будешь говорить им ласково, то они будут твоими рабами на все дни.

8 Но он пренебрег совет старцев, что они советовали ему, и советовался с молодыми людьми, которые выросли вместе с ним и которые предстояли пред ним,

9 и сказал им: что вы посоветуете мне отвечать народу сему, который говорил мне и сказал: "облегчи иго, которое наложил на нас отец твой"?

10 И говорили ему молодые люди, которые выросли вместе с ним, и сказали: так скажи народу сему, который говорил тебе и сказал: "отец твой наложил на нас тяжкое иго, ты же облегчи нас"; так скажи им: "мой мизинец толще чресл отца моего;

11 итак, если отец мой обременял вас тяжким игом, то я увеличу иго ваше; отец мой наказывал вас бичами, а я буду наказывать вас скорпионами".

12 Иеровоам и весь народ пришли к Ровоаму на третий день, как приказал царь, сказав: придите ко мне на третий день.

13 И отвечал царь народу сурово и пренебрег совет старцев, что они советовали ему;

14 и говорил он по совету молодых людей и сказал: отец мой наложил на вас тяжкое иго, а я увеличу иго ваше; отец мой наказывал вас бичами, а я буду наказывать вас скорпионами.

15 И не послушал царь народа, ибо так суждено было Господом, чтобы исполнилось слово Его, которое изрек Господь чрез Ахию Силомлянина Иеровоаму, сыну Наватову.

16 И увидели все Израильтяне, что царь не послушал их. И отвечал народ царю и сказал: какая нам часть в Давиде? нет нам доли в сыне Иессеевом; по шатрам своим, Израиль! теперь знай свой дом, Давид! И разошелся Израиль по шатрам своим.

17 Только над сынами Израилевыми, жившими в городах Иудиных, царствовал Ровоам.

18 И послал царь Ровоам Адонирама, начальника над податью; но все Израильтяне забросали его каменьями, и он умер; царь же Ровоам поспешно взошел на колесницу, чтоб убежать в Иерусалим.

19 И отложился Израиль от дома Давидова до сего дня.

20 Когда услышали все Израильтяне, что Иеровоам возвратился, то послали и призвали его в собрание, и воцарили его над всеми Израильтянами. За домом Давидовым не осталось никого, кроме колена Иудина [и Вениаминова].

21 Ровоам, прибыв в Иерусалим, собрал из всего дома Иудина и из колена Вениаминова сто восемьдесят тысяч отборных воинов, дабы воевать с домом Израилевым для того, чтобы возвратить царство Ровоаму, сыну Соломонову.

22 И было слово Божие к Самею, человеку Божию, и сказано:

23 скажи Ровоаму, сыну Соломонову, царю Иудейскому, и всему дому Иудину и Вениаминову и прочему народу:

24 так говорит Господь: не ходите и не начинайте войны с братьями вашими, сынами Израилевыми; возвратитесь каждый в дом свой, ибо от Меня это было. И послушались они слова Господня и пошли назад по слову Господню.

25 И обстроил Иеровоам Сихем на горе Ефремовой и поселился в нем; оттуда пошел и построил Пенуил.

26 И говорил Иеровоам в сердце своем: царство может опять перейти к дому Давидову;

27 если народ сей будет ходить в Иерусалим для жертвоприношения в доме Господнем, то сердце народа сего обратится к государю своему, к Ровоаму, царю Иудейскому, и убьют они меня и возвратятся к Ровоаму, царю Иудейскому.

28 И посоветовавшись царь сделал двух золотых тельцов и сказал [народу]: не нужно вам ходить в Иерусалим; вот боги твои, Израиль, которые вывели тебя из земли Египетской.

29 И поставил одного в Вефиле, а другого в Дане.

30 И повело это ко греху, ибо народ стал ходить к одному [из] [них], даже в Дан.

31 И построил он капище на высоте и поставил из народа священников, которые не были из сынов Левииных.

32 И установил Иеровоам праздник в восьмой месяц, в пятнадцатый день месяца, подобный тому празднику, какой был в Иудее, и приносил жертвы на жертвеннике; то же сделал он в Вефиле, чтобы приносить жертву тельцам, которых сделал. И поставил в Вефиле священников высот, которые устроил,

33 и принес жертвы на жертвеннике, который он сделал в Вефиле, в пятнадцатый день восьмого месяца, месяца, который он произвольно назначил; и установил праздник для сынов Израилевых, и подошел к жертвеннику, чтобы совершить курение.