1 N hierdie dinge en hierdie bewys van getrouheid het S nherib, die koning van Assirië, gekom en Juda binnegedring en die vaste stede beleër en bedoel om hulle vir hom te verower.
2 En toe Jehisk¡a sien dat S nherib kom met die doel om teen Jerusalem te veg,
3 het hy raad gehou met sy owerstes en sy helde, om die fontein-oë buitekant die stad toe te stop; en hulle het hom gehelp:
4 baie mense het byeengekom en al die oë toegestop, ook die spruit wat dwarsdeur die land stroom, met die gedagte: Waarom moet die konings van Assirië kom en baie water vind?
5 En hy het moed geskep en die hele muur opgetrek wat afgebreek was, en daar torings op gebou, ook die ander muur buitekant het hy gebou; en hy het Millo in die stad van Dawid versterk en werpspiese en skilde in menigte laat maak.
6 En hy het krygsowerstes oor die manskappe aangestel en hulle by hom op die plein van die stadspoort byeen laat kom en na hulle hart gespreek en gesê:
7 Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik vanweë die koning van Assirië of vanweë die hele menigte wat saam met hom is nie; want by ons is meer as by hom.
8 By hom is 'n vleeslike arm, maar by ons is die HERE onse God om ons te help en ons oorloë te voer! En die manskappe het gesteun op die woorde van Jehisk¡a, die koning van Juda.
9 Hierna het S nherib, die koning van Assirië -- hy self en sy hele ryksmag was saam met hom by Lagis -- sy dienaars na Jerusalem gestuur, na Jehisk¡a, die koning van Juda, en na die hele Juda wat in Jerusalem was, om te sê:
10 So sê S nherib, die koning van Assirië: Waarop vertrou julle, dat julle daar ingesluit bly sit in Jerusalem?
11 Verlei Jehisk¡a julle nie, om julle van honger en dors te laat sterwe deur te sê: Die HERE onse God sal ons red uit die hand van die koning van Assirië?
12 Het dieselfde Jehisk¡a nie sy hoogtes en sy altare verwyder en aan Juda en Jerusalem dit gesê nie: Voor ,,n altaar moet julle jul neerbuig en daarop offerrook laat opgaan?
13 Weet julle nie wat ,k en my vaders aan al die volke van die lande gedoen het nie? Het die gode van die nasies van die lande ooit hulle land uit my hand kon red?
14 Wie was daar onder al die gode van daardie nasies wat my vaders met die banvloek getref het, wat sy volk uit my hand kon red -- dat julle God julle uit my hand sou kan red?
15 Laat Jehisk¡a julle dan nou nie bedrieg en julle nie op so 'n manier verlei nie; en glo hom nie, want geen enkele god van enige nasie of koninkryk het sy volk uit my hand of uit die hand van my vaders kon verlos nie; hoeveel minder sal julle God julle uit my hand kan verlos?
16 Sy dienaars het nog meer teen die HERE God gespreek en teen sy kneg Jehisk¡a.
17 Hy het ook 'n brief geskrywe om die HERE, die God van Israel, te smaad en teen Hom te spreek deur te sê: Soos die gode van die nasies van die lande wat hulle volk uit my hand nie gered het nie, so sal die God van Jehisk¡a sy volk uit my hand nie red nie.
18 En hulle het hardop in die Joodse taal geroep na die manskappe van Jerusalem wat op die muur was, om die bevrees en verskrik te maak, sodat hulle die stad kon inneem.
19 En hulle het oor die God van Jerusalem gespreek soos oor die gode van die volke van die aarde -- 'n maaksel van mensehande.
20 Maar toe koning Jehisk¡a en die profeet Jesaja, die seun van Amos, hieroor gebid en na die hemel geroep het,
21 stuur die HERE 'n engel, en die het al die dapper helde en bevelhebbers en owerstes in die laer van die koning van Assirië verdelg, sodat hy met 'n beskaamde aangesig na sy land teruggegaan het; en toe hy in die huis van sy god kom, het die wat uit sy eie liggaam voortgekom het, hom daar met die swaard neergeslaan.
22 En die HERE het Jehisk¡a en die inwoners van Jerusalem verlos uit die hand van S nherib, die koning van Assirië, en uit die hand van almal, en hulle rondom tot rus gebring.
23 En baie het geskenke aan die HERE na Jerusalem gebring en kosbare geskenke aan Jehisk¡a, die koning van Juda, sodat hy daarna in die oë van al die nasies hoog gestaan het.
24 In die dae het Jehisk¡a dodelik siek geword, maar hy het tot die HERE gebid, en Hy het met hom gespreek en hom 'n wonderteken gegee.
25 Maar Jehisk¡a het die weldaad wat aan hom bewys is, nie vergeld nie; want sy hart het hoogmoedig geword. Daarom was daar 'n toorn oor hom en oor Juda en Jerusalem.
26 Maar Jehisk¡a het hom verootmoedig in die hoogmoedigheid van sy hart, hy en die inwoners van Jerusalem, sodat die toorn van die HERE nie oor hulle gekom het in die dae van Jehisk¡a nie.
27 En Jehisk¡a het buitengewoon baie rykdom en eer besit en vir hom skatkamers gemaak vir silwer en goud en edelgesteentes en vir speserye en skilde en allerhande kosbare voorwerpe;
28 ook pakhuise vir die opbrings van koring en mos en olie; en stalle vir allerhande soorte vee en krale vir die troppe vee.
29 Ook het hy vir hom stede aangelê; verder was daar besittings van kleinvee en beeste in menigte, want God het hom baie goed gegee.
30 Dieselfde Jehisk¡a het ook die boonste uitloop van die water van die Gihon toegestop en dit gelei na onder toe, westelik na die stad van Dawid. En Jehisk¡a was voorspoedig in al sy werk.
31 So ook in die geval van die gesante van die vorste van Babel -- wat na hom gestuur het om ondersoek te doen na die wonderteken wat in die land gebeur het -- het God hom net verlaat om hom op die proef te stel, om te weet alles wat in sy hart was.
32 En die verdere geskiedenis van Jehisk¡a en sy vrome dade, kyk, dit is beskrywe in die Gesig van die profeet Jesaja, die seun van Amos, in die Boek van die konings van Juda en Israel.
33 En Jehisk¡a het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe teen die hoogte van die grafte van die seuns van Dawid; en die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het hom eer bewys by sy dood; en sy seun Manasse het in sy plek koning geword.
1 После таких дел и верности, пришел Сеннахирим, царь Ассирийский, и вступил в Иудею, и осадил укрепленные города, и думал отторгнуть их себе.
2 Когда Езекия увидел, что пришел Сеннахирим с намерением воевать против Иерусалима,
3 тогда решил с князьями своими и с военными людьми своими засыпать источники воды, которые вне города, и те помогли ему.
4 И собралось множество народа, и засыпали все источники и поток, протекавший по стране, говоря: да не найдут цари Ассирийские, придя [сюда], много воды.
5 И ободрился он, и восстановил всю обрушившуюся стену, и поднял ее до башни, и извне [построил] другую стену, и укрепил Милло в городе Давидовом, и наготовил множество оружия и щитов.
6 И поставил военачальников над народом, и собрал их к себе на площадь у городских ворот, и говорил к сердцу их, и сказал:
7 будьте тверды и мужественны, не бойтесь и не страшитесь царя Ассирийского и всего множества, которое с ним, потому что с нами более, нежели с ним;
8 с ним мышца плотская, а с нами Господь Бог наш, чтобы помогать нам и сражаться на бранях наших. И подкрепился народ словами Езекии, царя Иудейского.
9 После сего послал Сеннахирим, царь Ассирийский, рабов своих в Иерусалим, – сам он [стоял] против Лахиса, и вся сила его с ним, – к Езекии, царю Иудейскому, и ко всем Иудеям, которые в Иерусалиме, сказать:
10 так говорит Сеннахирим, царь Ассирийский: на что вы надеетесь и сидите в крепости в Иерусалиме?
11 Не обольщает ли вас Езекия, чтобы предать вас смерти от голода и жажды, говоря: Господь Бог наш спасет нас от руки царя Ассирийского?
12 Не этот ли Езекия разрушил высоты Его и жертвенники Его, и сказал Иудее и Иерусалиму: пред жертвенником единым поклоняйтесь и на нем совершайте курения?
13 Разве вы не знаете, что сделал я и отцы мои со всеми народами земель? Могли ли боги народов земных спасти землю свою от руки моей?
14 Кто из всех богов народов, истребленных отцами моими, мог спасти народ свой от руки моей? [Как же] возможет ваш Бог спасти вас от руки моей?
15 И ныне пусть не обольщает вас Езекия и не отклоняет вас таким образом; не верьте ему: если не в силах был ни один бог ни одного народа и царства спасти народ свой от руки моей и от руки отцов моих, то и ваш Бог не спасет вас от руки моей.
16 И еще [многое] говорили рабы его против Господа Бога и против Езекии, раба Его.
17 И письма писал он, [в которых] поносил Господа Бога Израилева и говорил против Него такие слова: как боги народов земных не спасли народов своих от руки моей, так Бог Езекии не спасет народа Своего от руки моей.
18 И кричали громким голосом на Иудейском языке к народу Иерусалимскому, который [был] на стене, чтоб устрашить его и напугать его, и взять город.
19 И говорили о Боге Иерусалима, как о богах народов земли, – изделии рук человеческих.
20 И помолился царь Езекия и Исаия, сын Амосов, пророк, и возопили к небу.
21 И послал Господь Ангела, и он истребил всех храбрых и главноначальствующего и начальствующих в войске царя Ассирийского. И возвратился он со стыдом в землю свою; и когда пришел в дом бога своего, – исшедшие из чресл его поразили его там мечом.
22 Так спас Господь Езекию и жителей Иерусалима от руки Сеннахирима, царя Ассирийского, и от руки всех и оберегал их отовсюду.
23 Тогда многие приносили дары Господу в Иерусалим и дорогие вещи Езекии, царю Иудейскому. И он возвеличился после сего в глазах всех народов.
24 В те дни заболел Езекия смертельно. И помолился Господу, и Он услышал его и дал ему знамение.
25 Но не воздал Езекия за оказанные ему благодеяния, ибо возгордилось сердце его. И был на него гнев [Божий] и на Иудею, и на Иерусалим.
26 Но как смирился Езекия в гордости сердца своего, – сам и жители Иерусалима, то не пришел на них гнев Господень во дни Езекии.
27 И было у Езекии богатства и славы весьма много, и хранилище он сделал у себя для серебра и золота, и камней драгоценных, и для ароматов и щитов, и для всяких драгоценных сосудов;
28 и кладовые для произведений [земли], для хлеба, вина и масла, и стойла для всякого рода скота, и дворы для стад.
29 И города построил себе. И стад мелкого и крупного скота [было] [у него] множество, потому что дал ему Бог весьма большое имущество.
30 Он же, Езекия, запер верхний проток вод Геона и провел их вниз к западной стороне города Давидова. И действовал успешно Езекия во всяком деле своем.
31 Только при послах царей Вавилонских, которые присылали к нему спросить о знамении, бывшем на земле, оставил его Бог, чтоб испытать его и открыть все, что у него на сердце.
32 Прочие деяния Езекии и добродетели его описаны в видении Исаии, сына Амосова, пророка, и в книге царей Иудейских и Израильских.
33 И почил Езекия с отцами своими, и похоронили его над гробницами сыновей Давидовых, и почесть воздали ему по смерти его все Иудеи и жители Иерусалима. И воцарился Манассия, сын его, вместо него.