1 In die drie en twintigste jaar van Joas, die seun van Ah sia, die koning van Juda, het Joahas, die seun van Jehu, koning geword oor Israel in Samar¡a -- sewentien jaar lank.
2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en agter die sondes van Jerobeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het, aan geloop; hy het daar nie van afgewyk nie.
3 Daarom het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, sodat Hy hulle oorgegee het in die hand van H sael, die koning van Aram, en in die hand van B,nhadad, die seun van H sael, al die dae.
4 Maar Joahas het die aangesig van die HERE om genade gesmeek. Toe verhoor die HERE hom, want Hy het die verdrukking van Israel gesien, dat die koning van Aram hulle verdruk.
6 Nogtans het hulle nie afgewyk van die sondes van die huis van Jerobeam wat Israel laat sondig het nie; hy het daarin gewandel, en selfs die heilige boomstam het in Samar¡a bly staan.
7 Voorwaar, hy het vir Joahas geen manskappe laat oorbly nie, as net vyftig perderuiters en tien strydwaens en tien duisend voetgangers; want die koning van Aram het hulle omgebring en hulle gemaak soos stof as gedors word.
8 En die verdere geskiedenis van Joahas en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
9 En Joahas het ontslaap met sy vaders en is in Samar¡a begrawe, en sy seun Joas het in sy plek koning geword.
10 In die sewe en dertigste jaar van Joas, die koning van Juda, het Joas, die seun van Joahas, koning geword oor Israel in Samar¡a -- sestien jaar lank.
11 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE; hy het nie afgewyk van al die sondes van Jerobeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie; hy het daarin gewandel.
12 En die verdere geskiedenis van Joas en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, hoe hy teen Am sia, die koning van Juda, geveg het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
13 En Joas het ontslaap met sy vaders, en Jerobeam het op sy troon gaan sit; en Joas is begrawe in Samar¡a by die konings van Israel.
14 En toe El¡sa siek was aan die siekte waaraan hy sou sterwe, het Joas, die koning van Israel, afgekom na hom en oor hom geween en gesê: My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters!
15 Daarop sê El¡sa vir hom: Neem 'n boog en pyle. En hy het vir hom 'n boog en pyle geneem.
16 En hy sê vir die koning van Israel: Sit jou hand aan die boog. En hy het sy hand aan die boog gesit; en El¡sa het sy hande op die hande van die koning gelê.
17 Verder sê hy: Maak oop die venster na die ooste toe! En hy het dit oopgemaak. En El¡sa sê: Skiet! En hy het geskiet. Toe sê hy: 'n Pyl van oorwinning van die HERE en 'n pyl van oorwinning op Aram: jy moet die Arameërs volkome verslaan in Afek.
18 Verder sê hy: Neem die pyle. En hy het dit geneem. Toe sê hy vir die koning van Israel: Slaan teen die grond! En hy het drie maal geslaan en opgehou.
19 Daarop word die man van God baie kwaad vir hom en sê: Jy moes vyf of ses maal geslaan het; dan sou jy die Arameërs volkome verslaan het; maar nou sal jy die Arameërs drie maal verslaan.
20 Daarna het El¡sa gesterwe, en hulle het hom begrawe. En die bendes van die Moabiete het die land ingekom met die ingang van die jaar.
21 En terwyl hulle besig was om 'n man te begrawe, sien hulle meteens die bende; daarom het hulle die man in die graf van El¡sa gegooi; en toe die man met die gebeente van El¡sa in aanraking kom, het hy lewendig geword en opgestaan op sy voete.
22 En H sael, die koning van Aram, het Israel verdruk al die dae van Joahas.
23 Maar die HERE was hulle genadig en het Hom oor hulle ontferm en Hom tot hulle gewend ter wille van sy verbond met Abraham, Isak en Jakob; en Hy wou hulle nie vernietig en tot nog toe nie van sy aangesig wegwerp nie.
24 En H sael, die koning van Aram, het gesterwe; en sy seun B,nhadad het in sy plek koning geword.
25 En Joas, die seun van Joahas, het weer die stede uit die hand van B,nhadad, die seun van H sael, teruggeneem wat hy aan sy vader Joahas in die oorlog ontruk het; Joas het hom drie maal verslaan en die stede van Israel herower.
1 В двадцать третий год Иоаса, сына Охозиина, царя Иудейского, воцарился Иоахаз, сын Ииуя, над Израилем в Самарии, [и царствовал] семнадцать лет,
2 и делал неугодное в очах Господних, и ходил в грехах Иеровоама, сына Наватова, который ввел Израиля в грех, и не отставал от них.
3 И возгорелся гнев Господа на Израиля, и Он предавал их в руку Азаила, царя Сирийского, и в руку Венадада, сына Азаилова, во все дни.
4 И помолился Иоахаз лицу Господню, и услышал его Господь, потому что видел стеснение Израильтян, как теснил их царь Сирийский.
5 И дал Господь Израильтянам избавителя, и вышли они из–под руки Сириян, и жили сыны Израилевы в шатрах своих, как вчера и третьего дня.
6 Однакож не отступали от грехов дома Иеровоама, который ввел Израиля в грех; ходили в них, и дубрава стояла в Самарии.
7 У Иоахаза оставалось войска только пятьдесят всадников, десять колесниц и десять тысяч пеших, от того, что истребил их царь Сирийский и обратил их в прах на попрание.
8 Прочее об Иоахазе и обо всем, что он сделал, и о мужественных подвигах его, написано в летописи царей Израильских.
9 И почил Иоахаз с отцами своими, и похоронили его в Самарии. И воцарился Иоас, сын его, вместо него.
10 В тридцать седьмой год Иоаса, царя Иудейского, воцарился Иоас, сын Иоахазов, над Израилем в Самарии, [и царствовал] шестнадцать лет,
11 и делал неугодное в очах Господних; не отставал от всех грехов Иеровоама, сына Наватова, который ввел Израиля в грех, но ходил в них.
12 Прочее об Иоасе и обо всем, что он сделал, и о мужественных подвигах его, как он воевал с Амасиею, царем Иудейским, написано в летописи царей Израильских.
13 И почил Иоас с отцами своими, а Иеровоам сел на престоле его. И погребен Иоас в Самарии с царями Израильскими.
14 Елисей заболел болезнью, от которой [потом] и умер. И пришел к нему Иоас, царь Израильский, и плакал над ним, и говорил: отец мой! отец мой! колесница Израиля и конница его!
15 И сказал ему Елисей: возьми лук и стрелы. И взял он лук и стрелы.
16 И сказал царю Израильскому: положи руку твою на лук. И положил он руку свою. И наложил Елисей руки свои на руки царя,
17 и сказал: отвори окно на восток. И он отворил. И сказал Елисей: выстрели. И он выстрелил. И сказал: эта стрела избавления от Господа и стрела избавления против Сирии, и ты поразишь Сириян в Афеке вконец.
18 И сказал [Елисей]: возьми стрелы. И он взял. И сказал царю Израильскому: бей по земле. И ударил он три раза, и остановился.
19 И разгневался на него человек Божий, и сказал: надобно было бы бить пять или шесть раз, тогда ты побил бы Сириян совершенно, а теперь [только] три раза поразишь Сириян.
20 И умер Елисей, и похоронили его. И полчища Моавитян пришли в землю в следующем году.
21 И было, что, когда погребали одного человека, то, увидев это полчище, [погребавшие] бросили того человека в гроб Елисеев; и он при падении своем коснулся костей Елисея, и ожил, и встал на ноги свои.
22 Азаил, царь Сирийский, теснил Израильтян во все дни Иоахаза.
23 Но Господь умилосердился над ними, и помиловал их, и обратился к ним ради завета Своего с Авраамом, Исааком и Иаковом, и не хотел истребить их, и не отверг их от лица Своего доныне.
24 И умер Азаил, царь Сирийский, и воцарился Венадад, сын его, вместо него.
25 И взял назад Иоас, сын Иоахаза, из руки Венадада, сына Азаила, города, которые он взял войною из руки отца его Иоахаза. Три раза разбил его Иоас и возвратил города Израилевы.