1 In die sewentiende jaar van Peka, die seun van Rem lia, het Agas, die seun van Jotam, die koning van Juda, koning geword.

2 Twintig jaar was Agas oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer en nie gedoen wat reg was in die oë van die HERE sy God soos sy vader Dawid nie.

3 Maar hy het gewandel in die weg van die konings van Israel; ja, hy het selfs sy seun deur die vuur laat deurgaan volgens die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdryf het.

4 Hy het ook geoffer en rook laat opgaan op die hoogtes en op die heuwels en onder elke groen boom.

5 Toe het Resin, die koning van Aram, en Peka, die seun van Rem lia, die koning van Israel, opgetrek na Jerusalem om te veg, en hulle het Agas ingesluit; maar hulle kon nie veg nie.

6 In dieselfde tyd het Resin, die koning van Aram, Elat aan Aram gebring en die Jode uit Elat verdrywe; en die Edomiete het in Elat gekom en daar gaan woon tot vandag toe.

7 Agas stuur toe boodskappers na Tiglat-Pil,ser, die koning van Assirië, om te sê: Ek is u dienaar en u seun; kom op en verlos my uit die hand van die koning van Aram en uit die hand van die koning van Israel wat teen my optree.

8 Tegelykertyd neem Agas die silwer en die goud wat te vinde was in die huis van die HERE en in die skatkamers van die huis van die koning en stuur dit as 'n geskenk aan die koning van Assirië.

9 En die koning van Assirië het na hom geluister, en die koning van Assirië het teen Damaskus opgetrek en dit verower en hulle in ballingskap weggevoer na Kir en Resin gedood.

10 Toe trek koning Agas Tiglat-Pil,ser, die koning van Assirië, tegemoet na Damaskus; en nadat hy die altaar gesien het wat in Damaskus was, stuur koning Agas aan die priester Ur¡a 'n tekening en afbeelding van die altaar volgens die hele inrigting daarvan.

11 En die priester Ur¡a het die altaar gebou -- geheel en al volgens opdrag van koning Agas uit Damaskus, so het die priester Ur¡a gedoen voor die koms van koning Agas uit Damaskus.

12 En toe die koning van Damaskus af kom en die koning die altaar sien, het die koning nader gekom na die altaar en daarop geklim.

13 En hy het sy brandoffer en sy spysoffer aan die brand gesteek en sy drankoffer uitgegiet en die bloed van sy eie dankoffers teen die altaar uitgegooi.

14 Maar die koperaltaar wat voor die aangesig van die HERE was, het hy van die voorkant van die huis gebring, tussen sy altaar en die huis van die HERE uit, en dit aan die noordekant van sy altaar gesit.

15 En koning Agas het hom, die priester Ur¡a, bevel gegee en gesê: Steek op die groot altaar aan die brand die môre brandoffer en die aandspysoffer en die koning se brandoffer en sy spysoffer en die brandoffer van die hele volk van die land en hulle spysoffer en hulle drankoffers; en gooi al die bloed van brandoffers en al die bloed van slagoffers daarteen uit; maar die koperaltaar sal vir my wees om verder te oorweeg.

16 En die priester Ur¡a het gedoen net soos koning Agas beveel het.

17 En koning Agas het die sluitplate van die afspoelwaentjies weggesny en die waskom van hulle afgeneem, en die see het hy van die koperbeeste wat daaronder was, afgelig en dit op 'n klipvloer gesit.

18 En die oordekte gang vir die sabbat wat by die tempel gebou is, en die buitenste ingang van die koning, het hy uit die huis van die HERE verwyder ter wille van die koning van Assirië.

19 En die verdere geskiedenis van Agas, wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

20 En Agas het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van Dawid, en sy seun Hisk¡a het in sy plek koning geword.

1 В семнадцатый год Факея, сына Ремалиина, воцарился Ахаз, сын Иоафама, царя Иудейского.

2 Двадцати лет был Ахаз, когда воцарился, и шестнадцать лет царствовал в Иерусалиме, и не делал угодного в очах Господа Бога своего, как Давид, отец его,

3 но ходил путем царей Израильских, и даже сына своего провел чрез огонь, [подражая] мерзостям народов, которых прогнал Господь от лица сынов Израилевых,

4 и совершал жертвы и курения на высотах и на холмах и под всяким тенистым деревом.

5 Тогда пошел Рецин, царь Сирийский, и Факей, сын Ремалиин, царь Израильский, против Иерусалима, чтобы завоевать его, и держали Ахаза в осаде, но одолеть не могли.

6 В то время Рецин, царь Сирийский, возвратил Сирии Елаф и изгнал Иудеев из Елафа; и Идумеяне вступили в Елаф, и живут там до сего дня.

7 И послал Ахаз послов к Феглаффелласару, царю Ассирийскому, сказать: раб твой и сын твой я; приди и защити меня от руки царя Сирийского и от руки царя Израильского, восставших на меня.

8 И взял Ахаз серебро и золото, какое нашлось в доме Господнем и в сокровищницах дома царского, и послал царю Ассирийскому в дар.

9 И послушал его царь Ассирийский; и пошел царь Ассирийский в Дамаск, и взял его, и переселил жителей его в Кир, а Рецина умертвил.

10 И пошел царь Ахаз навстречу Феглаффелласару, царю Ассирийскому, в Дамаск, и увидел жертвенник, который в Дамаске, и послал царь Ахаз к Урии священнику изображение жертвенника и чертеж всего устройства его.

11 И построил священник Урия жертвенник по образцу, который прислал царь Ахаз из Дамаска; и сделал так священник Урия до прибытия царя Ахаза из Дамаска.

12 И пришел царь из Дамаска, и увидел царь жертвенник, и подошел царь к жертвеннику, и принес на нем жертву;

13 и сожег всесожжение свое и хлебное приношение, и совершил возлияние свое, и окропил кровью мирной жертвы свой жертвенник.

14 А медный жертвенник, который пред лицем Господним, он передвинул от лицевой стороны храма, с [места] между жертвенником [новым] и домом Господним, и поставил его сбоку [сего] жертвенника на север.

15 И дал приказание царь Ахаз священнику Урии, сказав: на большом жертвеннике сожигай утреннее всесожжение и вечернее хлебное приношение, и всесожжение от царя и хлебное приношение от него, и всесожжение от всех людей земли и хлебное приношение от них, и возлияние от них, и всякою кровью всесожжений и всякою кровью жертв окропляй его, а жертвенник медный останется до моего усмотрения.

16 И сделал священник Урия все так, как приказал царь Ахаз.

17 И обломал царь Ахаз ободки у подстав, и снял с них умывальницы, и море снял с медных волов, которые [были] под ним, и поставил его на каменный пол.

18 И отменил крытый субботний ход, который построили при храме, и внешний царский вход к дому Господню, ради царя Ассирийского.

19 Прочее об Ахазе, что он сделал, написано в летописи царей Иудейских.

20 И почил Ахаз с отцами своими, и погребен с отцами своими в городе Давидовом. И воцарился Езекия, сын его, вместо него.