1 En in die negende jaar van sy regering, in die tiende maand, op die tiende van die maand, het Nebukadn,sar, die koning van Babel, gekom, hy en sy hele leër, teen Jerusalem en daarteen laer opgeslaan en daarteen skanse rondom gebou.

2 En die stad het in beleëring geraak tot die elfde jaar van koning Sedek¡a.

3 Op die negende van die vierde maand, toe die hongersnood sterk was in die stad en die mense van die land geen brood gehad het nie,

4 is in die stad ingebreek, en al die krygsmanne is in die nag deur die poort, tussen die twee mure wat by die koning se tuin is, terwyl die Chaldeërs rondom teen die stad was; en die koning het getrek op pad na die Vlakte toe.

5 Maar die leër van die Chaldeërs het die koning agternagejaag en hom in die vlaktes van J,rigo ingehaal, en sy hele leër is van hom af verstrooi.

6 Toe vang hulle die koning en bring hom op na die koning van Babel, na Ribla toe, en hulle het vonnis oor hom uitgespreek.

7 En hulle het die seuns van Sedek¡a voor sy oë geslag. En hy het die oë van Sedek¡a laat verblind en hom met koperkettings gebind en hom na Babel gebring.

8 En in die vyfde maand, op die sewende van die maand -- dit was die negentiende jaar van koning Nebukadn,sar, die koning van Babel -- het Nebusar dan, die owerste van die lyfwag, die dienaar van die koning van Babel, in Jerusalem gekom.

9 En hy het die huis van die HERE en die huis van die koning verbrand; ook al die huise van Jerusalem, ja, elke groot huis met vuur verbrand.

10 En die hele leër van die Chaldeërs wat by die owerste van die lyfwag was, het die mure van Jerusalem rondom omgegooi.

11 En die res van die volk wat in die stad oorgebly het, en die oorlopers wat na die koning van Babel oorgeloop het -- die oorblyfsel van die menigte het Nebusar dan, die owerste van die lyfwag, in ballingskap weggevoer.

12 Maar uit die armes van die land het die owerste van die lyfwag sommige laat agterbly as wynboere en as landbouers.

13 Verder het die Chaldeërs die koperpilare wat in die huis van die HERE was, en die afspoelwaentjies en die kopersee wat in die huis van die HERE was, stukkend gebreek en die koper daarvan na Babel weggevoer.

14 Ook het hulle weggeneem die potte en skoppe en messe en rookpanne en al die kopergereedskap waarmee die diens verrig is.

15 En die owerste van die lyfwag het weggeneem die vuurpanne en die komme -- wat van pure goud en van pure silwer was --

16 die twee pilare, die een see en die afspoelwaentjies wat Salomo vir die huis van die HERE gemaak het -- die koper van al hierdie voorwerpe kon nie geweeg word nie.

17 Die hoogte van een pilaar was agttien el, en 'n kapiteel van koper was daarop, en die hoogte van die kapiteel was drie el; met vlegwerk en granaatjies op die kapiteel rondom, alles van koper; en net so aan die tweede pilaar, met die vlegwerk.

18 Verder het die owerste van die lyfwag Ser ja, die hoofpriester, geneem en Sef nja, die tweede priester, en die drie drumpelwagters.

19 En uit die stad het hy geneem een hofdienaar wat oor die krygsmanne aangestel was, en vyf man uit die wat die koning se aangesig gesien het, wat in die stad aanwesig was, en die skrywer van die leërowerste wat die mense van die land vir krygsdiens oproep, en sestig man van die mense van die land wat in die stad aanwesig was.

20 Toe Nebusar dan, die owerste van die lyfwag, hulle neem, het hy hulle na die koning van Babel, na Ribla gebring.

21 En die koning van Babel het hulle neergeslaan en hulle gedood in Ribla, in die land Hamat. En Juda is uit sy land in ballingskap weggevoer.

22 En wat die mense betref wat in die land Juda oorgebly het, wat Nebukadn,sar, die koning van Babel, laat agterbly het, oor hulle het hy Ged lja, die seun van Ah¡kam, die seun van Safan, aangestel.

23 En toe al die owerstes van die leërs, hulle en die manne, hoor dat die koning van Babel Ged lja aangestel het, kom hulle na Ged lja, na Mispa, naamlik: Ismael, die seun van Net nja, en Johanan, die seun van Kar,ag, en Ser ja, die seun van T nhumet, die Netofatiet, en Ja„s nja, die seun van die Ma„gatiet, hulle met hul manne.

24 En Ged lja het vir hulle en hul manne gesweer en aan hulle gesê: Wees nie bevrees vir die dienaars van die Chaldeërs nie, bly in die land en dien die koning van Babel; dan sal dit met julle goed gaan.

25 Maar in die sewende maand het Ismael, die seun van Net nja, die seun van Elis ma, uit die koninklike geslag, gekom en tien manne saam met hom en Ged lja doodgeslaan, ook die Jode en die Chaldeërs wat saam met hom in Mispa was.

26 Toe het die hele volk, klein en groot, hulle gereedgemaak, saam met die owerstes van die leërs, en na Egipte gegaan, want hulle was bevrees vir die Chaldeërs.

27 En in die sewe en dertigste jaar van die ballingskap van Jojagin, die koning van Juda, in die twaalfde maand, op die sewe en twintigste van die maand, het Evil-Merodag, die koning van Babel, in die jaar van sy troonsbestyging, Jojagin, die koning van Juda, uit die gevangenis verhef.

28 En hy het vriendelik met hom gespreek en sy stoel gesit bokant die stoel van die konings wat by hom in Babel was.

29 En hy het sy gevangenisklere verwissel; en hy het gedurigdeur brood voor sy aangesig geëet, al die dae van sy lewe.

30 En aangaande sy lewensonderhoud, 'n vaste lewensonderhoud is hom toegestaan deur die koning na die eis van elke dag, al die dae van sy lewe.

1 В девятый год царствования своего, в десятый месяц, в десятый день месяца, пришел Навуходоносор, царь Вавилонский, со всем войском своим к Иерусалиму, и осадил его, и устроил вокруг него вал.

2 И находился город в осаде до одиннадцатого года царя Седекии.

3 В девятый день месяца усилился голод в городе, и не было хлеба у народа земли.

4 И взят был город, и [побежали] все военные ночью по дороге к воротам, между двумя стенами, что подле царского сада; Халдеи же стояли вокруг города, и [царь] ушел дорогою к равнине.

5 И погналось войско Халдейское за царем, и настигли его на равнинах Иерихонских, и все войско его разбежалось от него.

6 И взяли царя, и отвели его к царю Вавилонскому в Ривлу, и произвели над ним суд:

7 и сыновей Седекии закололи пред глазами его, а [самому] Седекии ослепили глаза и сковали его оковами, и отвели его в Вавилон.

8 В пятый месяц, в седьмой день месяца, то есть в девятнадцатый год Навуходоносора, царя Вавилонского, пришел Навузардан, начальник телохранителей, слуга царя Вавилонского, в Иерусалим

9 и сжег дом Господень и дом царя, и все домы в Иерусалиме, и все домы большие сожег огнем;

10 и стены вокруг Иерусалима разрушило войско Халдейское, бывшее у начальника телохранителей.

11 И прочий народ, остававшийся в городе, и переметчиков, которые передались царю Вавилонскому, и прочий простой народ выселил Навузардан, начальник телохранителей.

12 Только несколько из бедного народа земли оставил начальник телохранителей работниками в виноградниках и землепашцами.

13 И столбы медные, которые были у дома Господня, и подставы, и море медное, которое в доме Господнем, изломали Халдеи, и отнесли медь их в Вавилон;

14 и тазы, и лопатки, и ножи, и ложки, и все сосуды медные, которые употреблялись при служении, взяли;

15 и кадильницы, и чаши, что было золотое и что было серебряное, взял начальник телохранителей:

16 столбы [числом] два, море одно, и подставы, которые сделал Соломон в дом Господень, – меди во всех сих вещах не было весу.

17 Восемнадцать локтей вышины в одном столбе; венец на нем медный, а вышина венца три локтя, и сетка и гранатовые яблоки вокруг венца – все из меди. То же и на другом столбе с сеткою.

18 И взял начальник телохранителей Сераию первосвященника и Цефанию, священника второго, и трех, стоявших на страже у порога.

19 И из города взял одного евнуха, который был начальствующим над людьми военными, и пять человек, предстоявших лицу царя, которые находились в городе, и писца главного в войске, записывавшего в войско народ земли, и шестьдесят человек из народа земли, находившихся в городе.

20 И взял их Навузардан, начальник телохранителей, и отвел их к царю Вавилонскому в Ривлу.

21 И поразил их царь Вавилонский, и умертвил их в Ривле, в земле Емаф. И выселены Иудеи из земли своей.

22 Над народом же, остававшимся в земле Иудейской, который оставил Навуходоносор, царь Вавилонский, – над ними поставил начальником Годолию, сына Ахикама, сына Шафанова.

23 Когда услышали все военачальники, они и люди их, что царь Вавилонский поставил начальником Годолию, то пришли к Годолии в Массифу, и [именно]: Исмаил, сын Нефании, и Иоханан, сын Карея, и Сераия, сын Танхумефа из Нетофафа, и Иезания, сын Маахитянина, они и люди их.

24 И поклялся Годолия им и людям их, и сказал им: не бойтесь быть подвластными Халдеям, селитесь на земле и служите царю Вавилонскому, и будет хорошо вам.

25 Но в седьмой месяц пришел Исмаил, сын Нефании, сына Елишамы, из племени царского, с десятью человеками, и поразил Годолию, и он умер, и Иудеев и Халдеев, которые были с ним в Массифе.

26 И встал весь народ, от малого до большого, и военачальники, и пошли в Египет, потому что боялись Халдеев.

27 В тридцать седьмой год переселения Иехонии, царя Иудейского, в двенадцатый месяц, в двадцать седьмой день месяца, Евилмеродах, царь Вавилонский, в год своего воцарения, вывел Иехонию, царя Иудейского, из дома темничного

28 и говорил с ним дружелюбно, и поставил престол его выше престола царей, которые были у него в Вавилоне;

29 и переменил темничные одежды его, и он всегда имел пищу у него, во все дни жизни его.

30 И содержание его, содержание постоянное, выдаваемо было ему от царя, изо дня в день, во все дни жизни его.