1 En daar was by geval 'n deugniet met die naam van Seba, die seun van Bigri, 'n Benjaminiet -- hy het op die ramshoring geblaas en gesê: Ons het geen deel aan Dawid, en ons het geen erfdeel aan die seun van Isai nie: elkeen na sy tente toe, o Israel!

2 Daarop trek al die manne van Israel van Dawid af weg, agter Seba, die seun van Bigri, aan; maar die manne van Juda het hulle koning aangehang van die Jordaan af tot by Jerusalem.

3 Toe Dawid in sy huis in Jerusalem kom, het die koning die tien vroue, die byvroue wat hy laat agterbly het om die huis op te pas, geneem en in 'n bewaakte huis gesit en hulle onderhou, maar nie by hulle ingegaan nie; en hulle was opgesluit tot die dag van hulle dood as lewenslange weduwees.

4 Daarna sê die koning aan Am sa: Roep vir my die manne van Juda binne drie dae byeen; kom staan jy dan hier.

5 En Am sa het gegaan om Juda byeen te roep, maar het langer weggebly as die bepaalde tyd wat hy vir hom vasgestel het.

6 Toe sê Dawid aan Ab¡sai: Nou sal Seba, die seun van Bigri, ons meer kwaad doen as Absalom; neem jy die dienaars van jou heer en jaag hom agterna, sodat hy nie miskien vir hom versterkte stede vind en ons oog uitruk nie.

7 En daar het uitgetrek, agter hom aan, die manne van Joab en die Kreti en die Pleti en al die helde -- hulle het uit Jerusalem uitgetrek om Seba, die seun van Bigri, agterna te jaag.

8 Terwyl hulle by die groot klip was wat by G¡beon lê, kom Am sa voor hulle uit. En Joab was omgord met sy wapenrok as sy kleed en daaroor was 'n gord met 'n swaard wat in die skede aan sy heupe vasgemaak was, en terwyl hy voortgaan, het dit geval.

9 En Joab sê vir Am sa: Gaan dit goed met jou, my broer? En Joab het met die regterhand die baard van Am sa gegryp om hom te soen.

10 En Am sa was nie op sy hoede vir die swaard wat in die hand van Joab was nie. Toe steek hy hom daarmee in die onderlyf en stort sy ingewande op die grond uit sonder om hom 'n tweede steek te gee, sodat hy gesterf het. Daarop het Joab en sy broer Ab¡sai Seba, die seun van Bigri, agternagejaag.

11 Maar 'n man uit die dienaars van Joab het daar by hom bly staan en gesê: Wie in Joab behae het en wie vir Dawid is, laat hom Joab volg!

12 Terwyl Am sa in die middel van die pad hom in die bloed lê en wentel en die man sien dat al die manskappe bly staan, het hy Am sa uit die pad uit weggeneem na die veld en 'n kleed oor hom gegooi, omdat hy sien dat elkeen wat by hom kom, daar bly staan.

13 Toe hy hom uit die pad verwyder het, trek al die manskappe verby agter Joab aan om Seba, die seun van Bigri, agterna te jaag.

14 En die het deur al die stamme van Israel getrek na Abel en Bet-M äga en die hele Berim; en hulle het byeengekom en ook agter hom aan gegaan.

15 En hulle het gekom en hom in Abel-Bet-M äga beleër en 'n wal teen die stad opgegooi, wat teen die voorskans opgerys het. Terwyl al die manskappe van Joab besig was met verwoes om die muur te laat val,

16 roep 'n wyse vrou uit die stad: Luister, luister! Sê tog vir Joab: Kom hierheen, dat ek met u kan spreek.

17 En toe hy nader kom na haar, sê die vrou: Is u Joab? En hy antwoord: Ja. En sy sê vir hom: Hoor die woorde van u dienares. En hy antwoord: Ek hoor.

18 Daarop spreek sy en sê: Vroeër was hulle gewoond om so te sê: Laat hulle Abel maar net raadpleeg! en so het hulle 'n saak afgehandel.

19 Ek is een van die vredeliewendes, van die getroues in Israel. U is daarop uit om 'n stad te vernietig, nogal 'n moeder in Israel. Waarom wil u die erfdeel van die HERE te gronde rig?

20 En Joab antwoord en sê: Dit is ver, ver van my, dat ek te gronde sou rig en dat ek sou verwoes!

21 Die saak is nie so nie; maar 'n man van die gebergte van Efraim met die naam van Seba, die seun van Bigri, het sy hand opgehef teen die koning, teen Dawid: lewer hom alleen uit, dan wil ek van die stad af wegtrek. En die vrou sê vir Joab: Kyk, sy hoof sal oor die muur na u toe gegooi word.

22 En die vrou het haar in haar wysheid tot die hele volk gewend, en hulle het die hoof van Seba, die seun van Bigri, afgekap en na Joab oorgegooi. Toe het hy op die ramshoring geblaas, en hulle is verstrooi, weg van die stad af, elkeen na sy tente; en Joab het na Jerusalem, na die koning teruggegaan.

23 En Joab was oor die hele leër van Israel, en Ben ja, die seun van Jojada, oor die Kreti en oor die Pleti;

24 en Adoram was oor die dwangarbeid, en Josafat, die seun van Ah¡lud, was kanselier.

25 En Seja was skrywer; en Sadok en Abjatar priesters.

26 En ook Ira, die Ja‹riet, was priester by Dawid.

1 Там случайно находился один негодный человек, по имени Савей, сын Бихри, Вениамитянин; он затрубил трубою и сказал: нет нам части в Давиде, и нет нам доли в сыне Иессеевом; все по шатрам своим, Израильтяне!

2 И отделились все Израильтяне от Давида [и пошли] за Савеем, сыном Бихри; Иудеи же остались на стороне царя своего, от Иордана до Иерусалима.

3 И пришел Давид в свой дом в Иерусалиме, и взял царь десять жен наложниц, которых он оставлял стеречь дом, и поместил их в особый дом под надзор, и содержал их, но не ходил к ним. И содержались они там до дня смерти своей, живя как вдовы.

4 И сказал Давид Амессаю: созови ко мне Иудеев в течение трех дней и сам явись сюда.

5 И пошел Амессай созвать Иудеев, но промедлил более назначенного ему времени.

6 Тогда Давид сказал Авессе: теперь наделает нам зла Савей, сын Бихри, больше нежели Авессалом; возьми ты слуг господина твоего и преследуй его, чтобы он не нашел себе укрепленных городов и не скрылся от глаз наших.

7 И вышли за ним люди Иоавовы, и Хелефеи и Фелефеи, и все храбрые пошли из Иерусалима преследовать Савея, сына Бихри.

8 И когда они были близ большого камня, что у Гаваона, то встретился с ними Амессай. Иоав был одет в воинское одеяние свое и препоясан мечом, который висел при бедре в ножнах и который легко выходил из них и входил.

9 И сказал Иоав Амессаю: здоров ли ты, брат мой? И взял Иоав правою рукою Амессая за бороду, чтобы поцеловать его.

10 Амессай же не остерегся меча, бывшего в руке Иоава, и тот поразил его им в живот, так что выпали внутренности его на землю, и не повторил ему [удара], и он умер. Иоав и Авесса, брат его, погнались за Савеем, сыном Бихри.

11 Один из отроков Иоавовых стоял над [Амессаем] и говорил: тот, кто предан Иоаву и кто за Давида, [пусть идет] за Иоавом!

12 Амессай же лежал в крови среди дороги; и тот человек, увидев, что весь народ останавливается над ним, стащил Амессая с дороги в поле и набросил на него одежду, так как он видел, что всякий проходящий останавливался над ним.

13 Но когда он был стащен с дороги, то весь народ Израильский пошел вслед за Иоавом преследовать Савея, сына Бихри.

14 А он прошел чрез все колена Израильские до Авела–Беф–Мааха и чрез весь Берим; и [жители] собирались и шли за ним.

15 И пришли и осадили его в Авеле–Беф–Маахе; и насыпали вал пред городом и подступили к стене, и все люди, бывшие с Иоавом, старались разрушить стену.

16 [Тогда] одна умная женщина закричала со стены города: послушайте, послушайте, скажите Иоаву, чтоб он подошел сюда, и я поговорю с ним.

17 И подошел к ней Иоав, и сказала женщина: ты ли Иоав? И сказал: я. Она сказала: послушай слов рабы твоей. И сказал он: слушаю.

18 Она сказала: прежде говаривали: "кто хочет спросить, спроси в Авеле"; и так решали дело.

19 Я из мирных, верных [городов] Израиля; а ты хочешь уничтожить город, и [притом] мать [городов] в Израиле; для чего тебе разрушать наследие Господне?

20 И отвечал Иоав и сказал: да не будет этого от меня, чтобы я уничтожил или разрушил!

21 Это не так; но человек с горы Ефремовой, по имени Савей, сын Бихри, поднял руку свою на царя Давида; выдайте мне его одного, и я отступлю от города. И сказала женщина Иоаву: вот, голова его [будет] тебе брошена со стены.

22 И пошла женщина по всему народу со своим умным словом; и отсекли голову Савею, сыну Бихри, и бросили Иоаву. Тогда [Иоав] затрубил трубою, и разошлись от города все [люди] по своим шатрам; Иоав же возвратился в Иерусалим к царю.

23 И был Иоав [поставлен] над всем войском Израильским, а Ванея, сын Иодаев, – над Хелефеями и над Фелефеями;

24 Адорам – над сбором податей; Иосафат, сын Ахилуда – дееписателем;

25 Суса – писцом; Садок и Авиафар – священниками;

26 также и Ира Иаритянин был священником у Давида.