1 En terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Âfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind
2 en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar 'n Heilige Gees is nie.
3 En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes.
4 Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat n hom kom, dit is in Christus Jesus.
5 En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.
6 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.
7 En altesaam was hulle omtrent twaalf manne.
8 En hy het in die sinagoge ingegaan en vrymoediglik drie maande lank met hulle geredeneer en hulle probeer oortuig van die dinge wat die koninkryk van God aangaan.
9 Maar toe sommige hulle verhard en ongehoorsaam was en voor die menigte aanhou kwaadspreek van die Weg, het hy van hulle weggegaan en die dissipels afsonderlik geneem en elke dag in die skool van 'n sekere Tir nnus samesprekinge gehou.
10 En dit het twee jaar lank geduur, sodat al die inwoners van Asië die woord van die Here Jesus gehoor het, Jode sowel as Grieke.
11 En God het buitengewone kragte deur die hande van Paulus gedoen,
12 sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê is, die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan het.
13 En sommige van die rondtrekkende Jode, duiwelbesweerders, het dit gewaag om die Naam van die Here Jesus te noem oor die wat bose geeste gehad het, en te sê: Ons besweer julle by die Jesus wat Paulus verkondig!
14 Dit was sekere sewe seuns van Skeva, 'n Joodse owerpriester, wat dit gedoen het.
15 Maar die bose gees het geantwoord en gesê: Jesus ken ek, en van Paulus weet ek, maar julle, wie is julle?
16 Toe spring die man in wie die bose gees was, op hulle en oormeester en oorweldig hulle, sodat hulle naak en gewond uit daardie huis gevlug het.
17 En dit het bekend geword aan al die Jode en Grieke wat in Âfese woon, en vrees het op hulle almal geval, en die Naam van die Here Jesus is groot gemaak.
18 En baie van die wat gelowig geword het, het belydenis kom doen en hulle dade bekend gemaak;
19 en verskeie van die wat met towery omgegaan het, het die boeke bymekaargebring en voor almal verbrand; en hulle het die waarde daarvan bereken en gevind dat dit vyftig duisend silwerstukke was.
20 So het die woord van die Here met krag gegroei en sterk geword.
21 En toe hierdie dinge verby was, het Paulus hom voorgeneem om deur Macedonië en Ach je te gaan en na Jerusalem te reis. Hy het gesê: Nadat ek daar gewees het, moet ek Rome ook sien.
22 Daarop stuur hy twee van sy helpers, TimotheÂs en Er stus, na Macedonië, terwyl hy self nog 'n tyd lank in Asië gebly het.
23 En omtrent hierdie tyd het daar geen klein opskudding met betrekking tot die Weg ontstaan nie.
24 Want iemand met die naam van Dem,trius, 'n silwersmid, maker van silwertempeltjies van Diana, het 'n aansienlike verdienste aan die ambagsmanne verskaf.
25 En toe hy hulle en die werkers in daardie soort bedrywe bymekaargeroep het, sê hy: Manne, julle weet dat ons welvaart uit hierdie verdienste is,
26 en julle sien en hoor dat nie alleen in Âfese nie, maar byna in die hele Asië, hierdie Paulus 'n aansienlike skare oorgehaal en afvallig gemaak het deur te sê dat dit geen gode is wat met hande gemaak word nie.
27 Nou is daar nie alleen gevaar dat hierdie vak van ons in veragting kom nie, maar ook dat die tempel van die groot godin Diana as niks gereken word, en dat haar majesteit wat die hele Asië, ja, die wêreld, vereer, ook tot niet sal gaan.
28 En toe hulle dit hoor, is hulle met woede vervul en het geskreeu en gesê: Groot is die Diana van die Ef,siërs!
29 Daarop raak die hele stad heeltemal in verwarring, en hulle storm soos een man na die skouburg en sleep Gajus en Arist rchus saam, Macedoniërs wat reisgenote van Paulus was.
30 En toe Paulus onder die volk wou ingaan, het die dissipels hom dit nie toegelaat nie.
31 En sommige van die owerstes van Asië wat sy vriende was, het ook na hom gestuur en hom gesmeek dat hy hom nie in die skouburg moes begeef nie.
32 Hulle het dan aangehou skreeu, sommige dit en ander dat; want die vergadering was in die war, en die meeste het nie geweet waarvoor hulle bymekaargekom het nie.
33 En hulle het Alexander uit die skare vorentoe laat kom, omdat die Jode hom vorentoe gestoot het; en Alexander het met die hand gewink en wou hom by die volk verdedig.
34 Maar toe hulle verstaan dat hy 'n Jood is, gaan daar een geroep van almal op terwyl hulle omtrent twee uur lank skreeu: Groot is die Diana van die Ef,siërs!
35 Maar die stadsklerk het die skare tot bedaring gebring en gesê: Ef,siërs, watter mens is daar tog wat nie weet dat die stad van die Ef,siërs die tempelbewaarder is van die groot godin Diana en van die beeld wat uit die hemel geval het nie?
36 Terwyl dit dan nie weerspreek kan word nie, behoort julle rustig te wees en niks onbedags te doen nie.
37 Want julle het hierdie manne gebring, wat geen tempelrowers is nie en ook nie julle godin laster nie.
38 As Dem,trius en sy ambagsmanne dan 'n saak teen iemand het, die hofsittings word gehou, en daar is regters: laat hulle mekaar aanklaag.
39 Maar as julle nog iets anders verlang, dit sal in die wettige vergadering beslis word.
40 Want ons loop gevaar om oor die oproer van vandag aangeklaag te word, aangesien daar geen grond is waarop ons sal kan rekenskap gee van hierdie oploop nie. En met hierdie woorde het hy die vergadering ontbind.
1 Во время пребывания Аполлоса в Коринфе Павел, пройдя верхние страны, прибыл в Ефес и, найдя [там] некоторых учеников,
2 сказал им: приняли ли вы Святаго Духа, уверовав? Они же сказали ему: мы даже и не слыхали, есть ли Дух Святый.
3 Он сказал им: во что же вы крестились? Они отвечали: во Иоанново крещение.
4 Павел сказал: Иоанн крестил крещением покаяния, говоря людям, чтобы веровали в Грядущего по нем, то есть во Христа Иисуса.
5 Услышав это, они крестились во имя Господа Иисуса,
6 и, когда Павел возложил на них руки, нисшел на них Дух Святый, и они стали говорить [иными] языками и пророчествовать.
7 Всех их было человек около двенадцати.
8 Придя в синагогу, он небоязненно проповедывал три месяца, беседуя и удостоверяя о Царствии Божием.
9 Но как некоторые ожесточились и не верили, злословя путь Господень перед народом, то он, оставив их, отделил учеников, и ежедневно проповедывал в училище некоего Тиранна.
10 Это продолжалось до двух лет, так что все жители Асии слышали проповедь о Господе Иисусе, как Иудеи, так и Еллины.
11 Бог же творил немало чудес руками Павла,
12 так что на больных возлагали платки и опоясания с тела его, и у них прекращались болезни, и злые духи выходили из них.
13 Даже некоторые из скитающихся Иудейских заклинателей стали употреблять над имеющими злых духов имя Господа Иисуса, говоря: заклинаем вас Иисусом, Которого Павел проповедует.
14 Это делали какие–то семь сынов Иудейского первосвященника Скевы.
15 Но злой дух сказал в ответ: Иисуса знаю, и Павел мне известен, а вы кто?
16 И бросился на них человек, в котором был злой дух, и, одолев их, взял над ними такую силу, что они, нагие и избитые, выбежали из того дома.
17 Это сделалось известно всем живущим в Ефесе Иудеям и Еллинам, и напал страх на всех их, и величаемо было имя Господа Иисуса.
18 Многие же из уверовавших приходили, исповедуя и открывая дела свои.
19 А из занимавшихся чародейством довольно многие, собрав книги свои, сожгли перед всеми, и сложили цены их, и оказалось их на пятьдесят тысяч [драхм].
20 С такою силою возрастало и возмогало слово Господне.
21 Когда же это совершилось, Павел положил в духе, пройдя Македонию и Ахаию, идти в Иерусалим, сказав: побывав там, я должен видеть и Рим.
22 И, послав в Македонию двоих из служивших ему, Тимофея и Ераста, сам остался на время в Асии.
23 В то время произошел немалый мятеж против пути Господня,
24 ибо некто серебряник, именем Димитрий, делавший серебряные храмы Артемиды и доставлявший художникам немалую прибыль,
25 собрав их и других подобных ремесленников, сказал: друзья! вы знаете, что от этого ремесла зависит благосостояние наше;
26 между тем вы видите и слышите, что не только в Ефесе, но почти во всей Асии этот Павел своими убеждениями совратил немалое число людей, говоря, что делаемые руками человеческими не суть боги.
27 А это нам угрожает тем, что не только ремесло наше придет в презрение, но и храм великой богини Артемиды ничего не будет значить, и испровергнется величие той, которую почитает вся Асия и вселенная.
28 Выслушав это, они исполнились ярости и стали кричать, говоря: велика Артемида Ефесская!
29 И весь город наполнился смятением. Схватив Македонян Гаия и Аристарха, спутников Павловых, они единодушно устремились на зрелище.
30 Когда же Павел хотел войти в народ, ученики не допустили его.
31 Также и некоторые из Асийских начальников, будучи друзьями его, послав к нему, просили не показываться на зрелище.
32 Между тем одни кричали одно, а другие другое, ибо собрание было беспорядочное, и большая часть [собравшихся] не знали, зачем собрались.
33 По предложению Иудеев, из народа вызван был Александр. Дав знак рукою, Александр хотел говорить к народу.
34 Когда же узнали, что он Иудей, то закричали все в один голос, и около двух часов кричали: велика Артемида Ефесская!
35 Блюститель же порядка, утишив народ, сказал: мужи Ефесские! какой человек не знает, что город Ефес есть служитель великой богини Артемиды и Диопета?
36 Если же в этом нет спора, то надобно вам быть спокойными и не поступать опрометчиво.
37 А вы привели этих мужей, которые ни храма Артемидина не обокрали, ни богини вашей не хулили.
38 Если же Димитрий и другие с ним художники имеют жалобу на кого–нибудь, то есть судебные собрания и есть проконсулы: пусть жалуются друг на друга.
39 А если вы ищете чего–нибудь другого, то это будет решено в законном собрании.
40 Ибо мы находимся в опасности – за происшедшее ныне быть обвиненными в возмущении, так как нет никакой причины, которою мы могли бы оправдать такое сборище. Сказав это, он распустил собрание.