1 Godspraak oor die woestyn van die see. Soos stormwinde in die Suidland deurtrek, kom dit uit die woestyn, uit 'n vreeslike land!

2 'n Harde gesig is my te kenne gegee: Die ontroue handel troueloos, en die verwoester verwoes. Trek op, Elam! Beleër, M,dië! Aan alle gesug maak Ek 'n einde.

3 Daarom is my heupe vol siddering, weë het my aangegryp soos die weë van een wat baar; ek buig my krom, sodat ek nie hoor nie; ek is verskrik, sodat ek nie sien nie.

4 My hart duisel, angs oorval my; dit maak vir my die skemeraand wat ek liefhet, tot 'n verskrikking.

5 Hulle maak die tafel gereed, hulle sprei die tapyt, hulle eet, drink.... Staan op, o vorste, salf die skild!

6 Want so het die Here vir my gesê: Gaan heen, sit 'n wag uit; laat hom te kenne gee wat hy sien;

7 en sien hy 'n stoet ruiters, twee aan twee, 'n stoet esels, 'n stoet kamele, dan moet hy skerp luister, so skerp as hy kan.

8 En hy het geroep soos 'n leeu. Op die wagtoring, Here, staan ek gedurig by dag, en op my wagpos stel ek my al die nagte.

9 En kyk, daar kom 'n stoet manne, ruiters twee aan twee. Toe het hy aangehef en gesê: Geval, geval het Babel, en hulle het al die gesnede beelde van sy gode verbrysel teen die grond.

10 o My vertrapte en gedorste volk, wat ek gehoor het van die HERE van die leërskare, die God van Israel, het ek julle bekend gemaak.

11 Godspraak oor Duma. Daar roep een my toe van Se‹r af: Wagter, hoe ver is dit in die nag? Wagter, hoe ver in die nag?

12 Die wagter sê: Die môre kom, en ook die nag. Wil julle vra, vra; keer terug, kom.

13 Godspraak teen Arabië. In die bos in Arabië moet julle vernag, karavane van die Dedaniete!

14 Bring vir die dorstige water tegemoet! Die inwoners van die land Tema het die vlugteling met brood teëgekom.

15 Want hulle het gevlug vir swaarde, vir die swaard wat uitgetrek en vir die boog wat gespan is, en vir die druk van die oorlog.

16 Want so het die Here vir my gesê: Binne 'n jaar -- soos die jare van 'n dagloner -- sal al die heerlikheid van Kedar verdwyn.

17 En wat oorbly van die getal boë van die Kedareense helde, sal min wees; want die HERE, die God van Israel, het dit gespreek.

1 Пророчество о пустыне приморской. – Как бури на юге носятся, идет он от пустыни, из земли страшной.

2 Грозное видение показано мне: грабитель грабит, опустошитель опустошает; восходи, Елам, осаждай, Мид! всем стенаниям я положу конец.

3 От этого чресла мои трясутся; муки схватили меня, как муки рождающей. Я взволнован от того, что слышу; я смущен от того, что вижу.

4 Сердце мое трепещет; дрожь бьет меня; отрадная ночь моя превратилась в ужас для меня.

5 Приготовляют стол, расстилают покрывала, – едят, пьют. "Вставайте, князья, мажьте щиты!"

6 Ибо так сказал мне Господь: пойди, поставь сторожа; пусть он сказывает, что увидит.

7 И увидел он едущих попарно всадников на конях, всадников на ослах, всадников на верблюдах; и вслушивался он прилежно, с большим вниманием, –

8 и закричал, [как] лев: господин мой! на страже стоял я весь день, и на месте моем оставался целые ночи:

9 и вот, едут люди, всадники на конях попарно. Потом он возгласил и сказал: пал, пал Вавилон, и все идолы богов его лежат на земле разбитые.

10 О, измолоченный мой и сын гумна моего! Что слышал я от Господа Саваофа, Бога Израилева, то и возвестил вам.

11 Пророчество о Думе. – Кричат мне с Сеира: сторож! сколько ночи? сторож! сколько ночи?

12 Сторож отвечает: приближается утро, но еще ночь. Если вы настоятельно спрашиваете, то обратитесь и приходите.

13 Пророчество об Аравии. – В лесу Аравийском ночуйте, караваны Деданские!

14 Живущие в земле Фемайской! несите воды навстречу жаждущим; с хлебом встречайте бегущих,

15 ибо они от мечей бегут, от меча обнаженного и от лука натянутого, и от лютости войны.

16 Ибо так сказал мне Господь: еще год, равный году наемничьему, и вся слава Кидарова исчезнет,

17 и луков у храбрых сынов Кидара останется немного: так сказал Господь, Бог Израилев.