12 Die volgende dag het 'n groot menigte feesgangers, toe hulle hoor dat Jesus na Jerusalem kom,

13 palmtakke geneem en uitgegaan Hom tegemoet en geroep: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here, die Koning van Israel.

14 En Jesus het 'n jong esel gevind en daarop gaan sit, soos geskrywe is:

15 Moenie vrees nie, dogter van Sion! Kyk, jou Koning kom en Hy sit op die vul van 'n esel.

16 Dit het sy dissipels egter eers nie verstaan nie; maar nadat Jesus verheerlik is, toe het dit hulle bygeval dat hierdie dinge van Hom geskrywe was en dat hulle dit aan Hom gedoen het.

17 En die skare wat by Hom was toe Hy Lasarus uit die graf geroep en hom uit die dode opgewek het, het daarvan getuig.

18 Daarom het die skare Hom ook tegemoetgegaan, omdat hulle gehoor het dat Hy hierdie teken gedoen het.

19 En die Fariseërs het vir mekaar gesê: Sien julle dat julle niks vorder nie? Kyk, die hele wêreld loop agter Hom aan.

12 На другой день множество народа, пришедшего на праздник, услышав, что Иисус идет в Иерусалим,

13 взяли пальмовые ветви, вышли навстречу Ему и восклицали: осанна! благословен грядущий во имя Господне, Царь Израилев!

14 Иисус же, найдя молодого осла, сел на него, как написано:

15 Не бойся, дщерь Сионова! се, Царь твой грядет, сидя на молодом осле.

16 Ученики Его сперва не поняли этого; но когда прославился Иисус, тогда вспомнили, что так было о Нем написано, и это сделали Ему.

17 Народ, бывший с Ним прежде, свидетельствовал, что Он вызвал из гроба Лазаря и воскресил его из мертвых.

18 Потому и встретил Его народ, ибо слышал, что Он сотворил это чудо.

19 Фарисеи же говорили между собою: видите ли, что не успеваете ничего? весь мир идет за Ним.