1 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het in die tiende jaar van Sedek¡a, die koning van Juda -- hierdie jaar was die agttiende jaar van Nebukadr,sar.

3 waar Sedek¡a die koning van Juda, hom opgesluit het, met die woorde: Waarom profeteer jy en sê: So spreek die HERE: Kyk, Ek gee hierdie stad in die hand van die koning van Babel, en hy sal dit inneem;

4 en Sedek¡a, die koning van Juda, sal uit die hand van die Chaldeërs nie ontvlug nie; maar hy sal sekerlik oorgegee word in die hand van die koning van Babel, en hy sal mond tot mond met hom spreek en oog in oog hom sien;

5 en hy sal Sedek¡a na Babel bring, en daar sal hy wees totdat Ek op hom ag gee, spreek die HERE. Alhoewel julle teen die Chaldeërs veg, sal julle tog geen voorspoed hê nie.

6 En Jeremia het gesê: Die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:

7 Kyk, Han meël, die seun van Sallum, jou oom, kom na jou toe met die woorde: Koop vir jou my stuk grond wat in Anatot lê, want jy het die reg van lossing om te koop.

8 En Han meël, die seun van my oom, het na my gekom volgens die woord van die HERE in die voorhof van bewaking en vir my gesê: Koop tog my stuk grond wat in Anatot in die land Benjamin lê, want jy het die reg van besit en jy het die lossing; koop dit vir jou. Toe het ek gemerk dat dit die woord van die HERE was.

9 Daarop het ek van Han meël, die seun van my oom, die stuk grond gekoop wat in Anatot lê, en vir hom die geld afgeweeg: sewentien sikkels silwer.

10 En ek het dit in die brief geskrywe en dit verseël en getuies geneem en die geld afgeweeg op 'n weegskaal.

11 Toe het ek die koopbrief geneem, die verseëlde een -- volgens voorskrif en wetlike bepalinge -- en die oop een,

12 en die koopbrief aan Barug, die seun van Ner¡a, die seun van Mags,ja, gegee voor die oë van Han meël, die seun van my oom, en voor die oë van die getuies wat die koopbrief onderteken het; voor die oë van al die Jode wat in die voorhof van bewaking gesit het;

13 en ek het aan Barug voor hulle oë bevel gegee en gesê:

14 So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Neem hierdie briewe, hierdie koopbrief, die verseëlde een sowel as hierdie oop brief, en sit hulle in 'n erdepot, dat hulle baie dae kan bly bestaan.

15 Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Daar sal weer huise en gronde en wingerde in hierdie land gekoop word.

16 En nadat ek die koopbrief aan Barug, die seun van Ner¡a, gegee het, het ek tot die HERE gebid en gesê:

17 Ag, Here HERE, kyk, U het die hemel en die aarde gemaak deur u grote krag en deur u uitgestrekte arm; geen ding is vir U te wonderbaar nie.

18 U wat guns bewys aan duisende en die ongeregtigheid van die vaders vergeld in die skoot van hulle kinders n hulle; die grote, die geweldige God, wie se Naam is HERE van die leërskare,

19 groot van raad en magtig van daad, wie se oë oop is oor al die weë van die mensekinders om aan elkeen te gee volgens sy weë en die vrug van sy handelinge;

20 wat tekens en wonders gedoen het in Egipteland, tot vandag toe, in Israel sowel as onder die mense, en vir U 'n Naam gemaak het soos dit vandag is,

21 en u volk Israel uitgelei het uit Egipteland deur tekens en wonders en deur 'n sterke hand en 'n uitgestrekte arm en deur 'n groot verskrikking,

22 en aan hulle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning;

23 en hulle het gekom en dit in besit geneem, maar nie na u stem geluister en in u wet nie gewandel nie; alles wat U hulle beveel het om te doen, het hulle nie gedoen nie. Daarom het U al hierdie onheil oor hulle laat kom.

24 Kyk, die walle het gekom tot by die stad, om dit in te neem; en die stad is oorgegee in die hand van die Chaldeërs wat daarteen veg, vanweë die swaard en die hongersnood en die pes. Ja, wat U gespreek het, het gebeur; en kyk, U sien dit!

25 En tog het U, Here HERE, self aan my gesê: Koop vir jou die stuk grond vir geld en neem getuies, terwyl die stad in die hand van die Chaldeërs oorgegee is!

26 Toe het die woord van die HERE tot Jeremia gekom en gesê:

27 Kyk, Ek is die HERE, die God van alle vlees; sou enige ding vir My te wonderbaar wees?

28 Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek gee hierdie stad oor in die hand van die Chaldeërs en in die hand van Nebukadr,sar, die koning van Babel, en hy sal dit inneem.

29 En die Chaldeërs wat teen hierdie stad veg, sal kom en hierdie stad aan die brand steek en dit verbrand, saam met die huise op die dakke waarvan hulle vir Ba„l rook laat opgaan het en vir ander gode drankoffers uitgegiet het om My te terg.

30 Want die kinders van Israel en die kinders van Juda het van hulle jeug af net gedoen wat verkeerd is in my oë; want die kinders van Israel het My deur die werk van hulle hande net geterg, spreek die HERE.

31 Want 'n oorsaak vir my toorn en my grimmigheid was hierdie stad vir My van die dag af dat hulle dit gebou het tot vandag toe, sodat Ek dit van my aangesig moet verwyder,

32 weens al die boosheid van die kinders van Israel en van die kinders van Juda wat hulle gedoen het om My te terg, hulle, hulle konings, hulle vorste, hulle priesters en hulle profete en die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem,

33 dat hulle My die rug toegekeer het en nie die aangesig nie, alhoewel Ek hulle geleer het, vroeg en laat, sonder dat hulle geluister het om tugtiging aan te neem.

34 Maar hulle het hul verfoeisels neergesit in die huis waar my Naam oor uitgeroep is, om dit te verontreinig;

35 en hulle het die hoogtes van Ba„l gebou wat in die dal van die seun van Hinnom is, om hulle seuns en hulle dogters vir Molog deur die vuur te laat gaan -- iets wat Ek hulle nie beveel het nie en wat in my hart nie opgekom het nie, dat hulle hierdie gruwel sou bedrywe om Juda te laat sondig.

36 Daarom, so spreek dan nou die HERE, die God van Israel, aangaande hierdie stad waarvan julle sê: Dit is in die hand van die koning van Babel oorgegee deur die swaard en die hongersnood en die pes --

37 kyk, Ek laat hulle bymekaarkom uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het in my toorn en in my grimmigheid en in groot gramskap; en Ek sal hulle na hierdie plek terugbring en hulle veilig laat woon.

38 En hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees.

39 En Ek sal hulle een hart en een weg gee om My altyd te vrees, hulle ten goede en hulle kinders n hulle.

40 En Ek sal 'n ewige verbond met hulle sluit, dat Ek My van hulle nie sal afwend om aan hulle goed te doen nie; en Ek sal my vrees in hulle hart gee, sodat hulle van My nie afwyk nie.

41 En Ek sal My oor hulle verheug om aan hulle goed te doen; en Ek sal hulle duursaam in hierdie land plant, met my hele hart en met my hele siel.

42 Want so sê die HERE: Soos Ek oor hierdie volk gebring het al hierdie groot onheile, so bring Ek oor hulle al die goeie wat Ek oor hulle spreek.

43 En daar sal grond gekoop word in hierdie land waarvan julle sê: Dit is 'n wildernis, sonder mens of dier; dit is in die hand van die Chaldeërs oorgegee.

44 Gronde sal hulle vir geld koop en die briewe onderteken en verseël en getuies neem, in die land Benjamin en in die omstreke van Jerusalem en in die stede van Juda en in die stede van die Gebergte en in die stede van die Laeveld en in die stede van die Suidland; want Ek sal hulle lot verander, spreek die HERE.

1 Слово, которое было от Господа к Иеремии в десятый год Седекии, царя Иудейского; этот год был восемнадцатым годом Навуходоносора.

2 Тогда войско царя Вавилонского осаждало Иерусалим, и Иеремия пророк был заключен во дворе стражи, который был при доме царя Иудейского.

3 Седекия, царь Иудейский, заключил его туда, сказав: "зачем ты пророчествуешь и говоришь: так говорит Господь: вот, Я отдаю город сей в руки царя Вавилонского, и он возьмет его;

4 и Седекия, царь Иудейский, не избегнет от рук Халдеев, но непременно предан будет в руки царя Вавилонского, и будет говорить с ним устами к устам, и глаза его увидят глаза его;

5 и он отведет Седекию в Вавилон, где он и будет, доколе не посещу его, говорит Господь. Если вы будете воевать с Халдеями, то не будете иметь успеха?"

6 И сказал Иеремия: таково было ко мне слово Господне:

7 вот Анамеил, сын Саллума, дяди твоего, идет к тебе сказать: "купи себе поле мое, которое в Анафофе, потому что по праву родства тебе надлежит купить его".

8 И Анамеил, сын дяди моего, пришел ко мне, по слову Господню, во двор стражи и сказал мне: "купи поле мое, которое в Анафофе, в земле Вениаминовой, ибо право наследства твое и право выкупа твое; купи себе". Тогда я узнал, что это было слово Господне.

9 И купил я поле у Анамеила, сына дяди моего, которое в Анафофе, и отвесил ему семь сиклей серебра и десять сребренников;

10 и записал в книгу и запечатал ее, и пригласил к тому свидетелей и отвесил серебро на весах.

11 И взял я купчую запись, как запечатанную по закону и уставу, так и открытую;

12 и отдал эту купчую запись Варуху, сыну Нирии, сына Маасеи, в глазах Анамеила, сына дяди моего, и в глазах свидетелей, подписавших эту купчую запись, в глазах всех Иудеев, сидевших на дворе стражи;

13 и заповедал Варуху в присутствии их:

14 так говорит Господь Саваоф, Бог Израилев: возьми сии записи, эту купчую запись, которая запечатана, и эту запись открытую, и положи их в глиняный сосуд, чтобы они оставались там многие дни.

15 Ибо так говорит Господь Саваоф, Бог Израилев: домы и поля и виноградники будут снова покупаемы в земле сей.

16 И, передав купчую запись Варуху, сыну Нирии, я помолился Господу:

17 "о, Господи Боже! Ты сотворил небо и землю великою силою Твоею и простертою мышцею; для Тебя ничего нет невозможного;

18 Ты являешь милость тысячам и за беззаконие отцов воздаешь в недро детям их после них: Боже великий, сильный, Которому имя Господь Саваоф!

19 Великий в совете и сильный в делах, Которого очи отверсты на все пути сынов человеческих, чтобы воздавать каждому по путям его и по плодам дел его,

20 Который совершил чудеса и знамения в земле Египетской, [и] [совершаешь] до сего дня и в Израиле и между всеми людьми, и соделал Себе имя, как в сей день,

21 и вывел народ Твой Израиля из земли Египетской знамениями и чудесами, и рукою сильною и мышцею простертою, при великом ужасе,

22 и дал им землю сию, которую дать им клятвенно обещал отцам их, землю, текущую молоком и медом.

23 Они вошли и завладели ею, но не стали слушать гласа Твоего и поступать по закону Твоему, не стали делать того, что Ты заповедал им делать, и за то Ты навел на них все это бедствие.

24 Вот, насыпи достигают до города, чтобы взять его; и город от меча и голода и моровой язвы отдается в руки Халдеев, воюющих против него; что Ты говорил, то и исполняется, и вот, Ты видишь это.

25 А Ты, Господи Боже, сказал мне: "купи себе поле за серебро и пригласи свидетелей, тогда как город отдается в руки Халдеев".

26 И было слово Господне к Иеремии:

27 вот, Я Господь, Бог всякой плоти; есть ли что невозможное для Меня?

28 Посему так говорит Господь: вот, Я отдаю город сей в руки Халдеев и в руки Навуходоносора, царя Вавилонского, и он возьмет его,

29 и войдут Халдеи, осаждающие сей город, зажгут город огнем и сожгут его и домы, на кровлях которых возносились курения Ваалу и возливаемы были возлияния чужим богам, чтобы прогневлять Меня.

30 Ибо сыновья Израилевы и сыновья Иудины только зло делали пред очами Моими от юности своей; сыновья Израилевы только прогневляли Меня делами рук своих, говорит Господь.

31 И как бы для гнева Моего и ярости Моей существовал город сей с самого дня построения его до сего дня, чтобы Я отверг его от лица Моего

32 за все зло сыновей Израиля и сыновей Иуды, какое они к прогневлению Меня делали, они, цари их, князья их, священники их и пророки их, и мужи Иуды и жители Иерусалима.

33 Они оборотились ко Мне спиною, а не лицем; и когда Я учил их, с раннего утра учил, они не хотели принять наставления,

34 и в доме, над которым наречено имя Мое, поставили мерзости свои, оскверняя его.

35 Устроили капища Ваалу в долине сыновей Енномовых, чтобы проводить через огонь сыновей своих и дочерей своих в честь Молоху, чего Я не повелевал им, и Мне на ум не приходило, чтобы они делали эту мерзость, вводя в грех Иуду.

36 И однако же ныне так говорит Господь, Бог Израилев, об этом городе, о котором вы говорите: "он предается в руки царя Вавилонского мечом и голодом и моровою язвою", –

37 вот, Я соберу их из всех стран, в которые изгнал их во гневе Моем и в ярости Моей и в великом негодовании, и возвращу их на место сие и дам им безопасное житие.

38 Они будут Моим народом, а Я буду им Богом.

39 И дам им одно сердце и один путь, чтобы боялись Меня во все дни [жизни], ко благу своему и благу детей своих после них.

40 И заключу с ними вечный завет, по которому Я не отвращусь от них, чтобы благотворить им, и страх Мой вложу в сердца их, чтобы они не отступали от Меня.

41 И буду радоваться о них, благотворя им, и насажду их на земле сей твердо, от всего сердца Моего и от всей души Моей.

42 Ибо так говорит Господь: как Я навел на народ сей все это великое зло, так наведу на них все благо, какое Я изрек о них.

43 И будут покупать поля в земле сей, о которой вы говорите: "это пустыня, без людей и без скота; она отдана в руки Халдеям";

44 будут покупать поля за серебро и вносить в записи, и запечатывать и приглашать свидетелей – в земле Вениаминовой и в окрестностях Иерусалима, и в городах Иуды и в городах нагорных, и в городах низменных и в городах южных; ибо возвращу плен их, говорит Господь.