13 En twee van hulle was dieselfde dag op pad na 'n dorp wat agt myl van Jerusalem af was, met die naam van ÂmmaÂs.

14 En hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat voorgeval het.

15 En terwyl hulle praat en mekaar ondervra, kom Jesus self nader en loop met hulle saam.

16 Maar hulle oë is weerhou, sodat hulle Hom nie kon herken nie.

17 En Hy sê vir hulle: Watter woorde is dit wat julle met mekaar loop en wissel, en waarom is julle bedroef?

18 En die een wie se naam Kl,opas was, antwoord en sê vir Hom: Is U alleen 'n vreemdeling in Jerusalem en weet U nie van die dinge wat in hierdie dae daarin gebeur het nie?

19 En Hy sê vir hulle: Watter dinge? En hulle antwoord Hom: Die dinge aangaande Jesus, die Nasar,ner, wat 'n profeet was, kragtig in werk en woord voor God en die hele volk;

20 en hoe ons owerpriesters en owerstes Hom oorgelewer het tot die doodstraf en Hom gekruisig het.

21 En ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos; maar nou is dit vandag, met dit alles, die derde dag vandat dit plaasgevind het.

22 Maar sommige vroue uit ons het ons ook ontstel nadat hulle vroeg by die graf was;

23 en toe hulle sy liggaam nie kry nie, het hulle gekom en gesê dat hulle ook 'n gesig gesien het van engele wat sê dat Hy lewe.

24 En sommige van die wat saam met ons was, het na die graf gegaan en dit net so gevind soos die vroue ook gesê het; maar Hom het hulle nie gesien nie.

25 En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het!

26 Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie?

27 En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.

28 Daarop kom hulle naby die dorp waarheen hulle op reis was, en Hy het gemaak of Hy verder wou gaan;

29 maar hulle het by Hom aangedring en gesê: Bly by ons, want dit is amper aand en die dag het gedaal; en Hy het ingegaan om by hulle te bly.

30 En toe Hy met hulle aan tafel was, neem Hy die brood en dank; en Hy breek dit en gee dit aan hulle.

31 Toe is hulle oë geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn.

32 En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?

13 В тот же день двое из них шли в селение, отстоящее стадий на шестьдесят от Иерусалима, называемое Эммаус;

14 и разговаривали между собою о всех сих событиях.

15 И когда они разговаривали и рассуждали между собою, и Сам Иисус, приблизившись, пошел с ними.

16 Но глаза их были удержаны, так что они не узнали Его.

17 Он же сказал им: о чем это вы, идя, рассуждаете между собою, и отчего вы печальны?

18 Один из них, именем Клеопа, сказал Ему в ответ: неужели Ты один из пришедших в Иерусалим не знаешь о происшедшем в нем в эти дни?

19 И сказал им: о чем? Они сказали Ему: что было с Иисусом Назарянином, Который был пророк, сильный в деле и слове пред Богом и всем народом;

20 как предали Его первосвященники и начальники наши для осуждения на смерть и распяли Его.

21 А мы надеялись было, что Он есть Тот, Который должен избавить Израиля; но со всем тем, уже третий день ныне, как это произошло.

22 Но и некоторые женщины из наших изумили нас: они были рано у гроба

23 и не нашли тела Его и, придя, сказывали, что они видели и явление Ангелов, которые говорят, что Он жив.

24 И пошли некоторые из наших ко гробу и нашли так, как и женщины говорили, но Его не видели.

25 Тогда Он сказал им: о, несмысленные и медлительные сердцем, чтобы веровать всему, что предсказывали пророки!

26 Не так ли надлежало пострадать Христу и войти в славу Свою?

27 И, начав от Моисея, из всех пророков изъяснял им сказанное о Нем во всем Писании.

28 И приблизились они к тому селению, в которое шли; и Он показывал им вид, что хочет идти далее.

29 Но они удерживали Его, говоря: останься с нами, потому что день уже склонился к вечеру. И Он вошел и остался с ними.

30 И когда Он возлежал с ними, то, взяв хлеб, благословил, преломил и подал им.

31 Тогда открылись у них глаза, и они узнали Его. Но Он стал невидим для них.

32 И они сказали друг другу: не горело ли в нас сердце наше, когда Он говорил нам на дороге и когда изъяснял нам Писание?