1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige samekomste dit is my feestye.

3 Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit 'n dag van volkome rus, 'n heilige vierdag; g,,n werk mag julle doen nie dit is 'n sabbat van die HERE in al julle woonplekke.

4 Dit is die feestye van die HERE, die heilige vierdae wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd.

5 In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die pasga van die HERE;

6 en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die HERE; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.

7 Op die eerste dag moet daar vir julle 'n heilige vierdag wees; g,,n beroepswerk mag julle doen nie.

8 Maar julle moet sewe dae lank aan die HERE 'n vuuroffer bring. Op die sewende dag moet daar 'n heilige vierdag wees; g,,n beroepswerk mag julle doen nie.

9 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

10 Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring.

11 En hy moet die gerf voor die aangesig van die HERE beweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag n die sabbat moet die priester dit beweeg.

12 Julle moet ook op die dag as julle die gerf beweeg, 'n jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer aan die HERE berei,

13 en die spysoffer wat daarby behoort, twee tiendes van 'n efa fynmeel met olie gemeng as vuuroffer aan die HERE, 'n lieflike geur, en daarby die drankoffer van wyn, 'n kwart hin.

14 En julle mag geen brood of gebraaide koring of vars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, totdat julle die offer van julle God bring. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.

15 Dan moet julle tel van die dag n die sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring sewe volle weke moet dit wees;

16 tot die dag n die sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle 'n nuwe spysoffer aan die HERE bring.

17 Julle moet uit jul woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van twee tiendes van 'n efa fynmeel wees; gesuurd moet dit gebak word as eerstelinge aan die HERE.

18 Julle moet ook by die brood sewe jaaroud lammers sonder gebrek en een jong bul en twee ramme bring. Hulle moet 'n brandoffer aan die HERE wees saam met die spysoffer en die drankoffers wat daarby behoort as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.

19 En julle moet een bokram as sondoffer berei. Ook twee jaaroud lammers as dankoffer,

20 en die priester moet hulle saam met die eerstelingsbrood as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg saam met die twee lammers; die moet aan die HERE heilig wees, ten voordele van die priester.

21 En julle moet op daardie selfde dag uitroep: 'n heilige vierdag moet dit vir julle wees; g,,n beroepswerk mag julle doen nie. Dit is 'n ewige insetting in al julle woonplekke vir julle geslagte.

22 En as julle die opbrings van jul land oes, moet jy die kant van jou land as jy oes nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.

23 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

24 Spreek met die kinders van Israel en sê: In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle 'n rusdag wees, 'n gedenkdag deur basuingeklank, 'n heilige vierdag.

25 G,,n beroepswerk mag julle doen nie; maar julle moet aan die HERE 'n vuuroffer bring.

26 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

27 Maar op die tiende van hierdie sewende maand is dit die versoendag. 'n Heilige vierdag moet dit vir julle wees; dan moet julle jul verootmoedig en aan die HERE 'n vuuroffer bring.

28 En op daardie selfde dag mag julle g,,n werk doen nie, want dit is 'n versoendag om vir julle versoening te doen voor die aangesig van die HERE julle God.

29 Want elkeen wat hom op daardie selfde dag nie verootmoedig nie, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

30 Ook elkeen wat op daardie selfde dag enige werk doen, die siel sal Ek uitroei onder sy volk uit.

31 Julle mag g,,n werk doen nie; dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.

32 'n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Op die negende van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle jul sabbat hou.

33 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

34 Spreek met die kinders van Israel en sê: Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die huttefees vir die HERE.

35 Op die eerste dag moet daar 'n heilige vierdag wees; g,,n beroepswerk mag julle doen nie.

36 Sewe dae lank moet julle aan die HERE 'n vuuroffer bring. Op die agtste dag moet daar vir julle 'n heilige vierdag wees, en julle moet aan die HERE 'n vuuroffer bring. Dit is 'n feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie.

37 Dit is die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige vierdae om aan die HERE 'n vuuroffer te bring: 'n brandoffer en spysoffer, 'n slagoffer en drankoffers soos vir elke dag voorgeskrywe;

38 behalwe die sabbatte van die HERE en behalwe julle gawes en behalwe al julle geloftes en behalwe al julle vrywillige offers wat julle aan die HERE gee.

39 Maar op die vyftiende dag van die sewende maand, as julle die opbrings van die land insamel, moet julle die fees van die HERE sewe dae lank vier; op die eerste dag is dit rusdag, en op die agtste dag is dit rusdag.

40 En op die eerste dag moet julle vir julle vrugte neem van sierlike bome, met palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers, en sewe dae lank voor die aangesig van die HERE julle God vrolik wees.

41 En julle moet dit as fees van die HERE sewe dae in die jaar vier. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte. In die sewende maand moet julle dit vier.

42 Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Israel gebore is, moet in hutte woon,

43 sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Israel in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipteland uitgelei het. Ek is die HERE julle God.

44 So het Moses dan die feestye van die HERE aan die kinders van Israel bekend gemaak.

1 И сказал Господь Моисею, говоря:

2 объяви сынам Израилевым и скажи им о праздниках Господних, в которые должно созывать священные собрания. Вот праздники Мои:

3 шесть дней можно делать дела, а в седьмой день суббота покоя, священное собрание; никакого дела не делайте; это суббота Господня во всех жилищах ваших.

4 Вот праздники Господни, священные собрания, которые вы должны созывать в свое время:

5 в первый месяц, в четырнадцатый [день] месяца вечером Пасха Господня;

6 и в пятнадцатый день того же месяца праздник опресноков Господу; семь дней ешьте опресноки;

7 в первый день да будет у вас священное собрание; никакой работы не работайте;

8 и в течение семи дней приносите жертвы Господу; в седьмой день также священное собрание; никакой работы не работайте.

9 И сказал Господь Моисею, говоря:

10 объяви сынам Израилевым и скажи им: когда придете в землю, которую Я даю вам, и будете жать на ней жатву, то принесите первый сноп жатвы вашей к священнику;

11 он вознесет этот сноп пред Господом, чтобы вам приобрести благоволение; на другой день праздника вознесет его священник;

12 и в день возношения снопа принесите во всесожжение Господу агнца однолетнего, без порока,

13 и с ним хлебного приношения две десятых части [ефы] пшеничной муки, смешанной с елеем, в жертву Господу, в приятное благоухание, и возлияния к нему четверть гина вина;

14 никакого [нового] хлеба, ни сушеных зерен, ни зерен сырых не ешьте до того дня, в который принесете приношения Богу вашему: это вечное постановление в роды ваши во всех жилищах ваших.

15 Отсчитайте себе от первого дня после праздника, от того дня, в который приносите сноп потрясания, семь полных недель,

16 до первого дня после седьмой недели отсчитайте пятьдесят дней, [и] [тогда] принесите новое хлебное приношение Господу:

17 от жилищ ваших приносите два хлеба возношения, которые должны состоять из двух десятых частей [ефы] пшеничной муки и должны быть испечены кислые, [как] первый плод Господу;

18 вместе с хлебами представьте семь агнцев без порока, однолетних, и из крупного скота одного тельца и двух овнов; да будет это во всесожжение Господу, и хлебное приношение и возлияние к ним, в жертву, в приятное благоухание Господу.

19 Приготовьте также из [стада] коз одного козла в жертву за грех и двух однолетних агнцев в жертву мирную.

20 священник должен принести это, потрясая пред Господом, вместе с потрясаемыми хлебами первого плода и с двумя агнцами, и это будет святынею Господу; священнику, [который приносит, это принадлежит];

21 и созывайте [народ] в сей день, священное собрание да будет у вас, никакой работы не работайте: это постановление вечное во всех жилищах ваших в роды ваши.

22 Когда будете жать жатву на земле вашей, не дожинай до края поля твоего, когда жнешь, и оставшегося от жатвы твоей не подбирай; бедному и пришельцу оставь это. Я Господь, Бог ваш.

23 И сказал Господь Моисею, говоря:

24 скажи сынам Израилевым: в седьмой месяц, в первый [день] месяца да будет у вас покой, праздник труб, священное собрание.

25 никакой работы не работайте и приносите жертву Господу.

26 И сказал Господь Моисею, говоря:

27 также в девятый [день] седьмого месяца сего, день очищения, да будет у вас священное собрание; смиряйте души ваши и приносите жертву Господу;

28 никакого дела не делайте в день сей, ибо это день очищения, дабы очистить вас пред лицем Господа, Бога вашего;

29 а всякая душа, которая не смирит себя в этот день, истребится из народа своего;

30 и если какая душа будет делать какое–нибудь дело в день сей, Я истреблю ту душу из народа ее;

31 никакого дела не делайте: это постановление вечное в роды ваши, во всех жилищах ваших;

32 это для вас суббота покоя, и смиряйте души ваши, с вечера девятого [дня] месяца; от вечера до вечера празднуйте субботу вашу.

33 И сказал Господь Моисею, говоря:

34 скажи сынам Израилевым: с пятнадцатого дня того же седьмого месяца праздник кущей, семь дней Господу;

35 в первый день священное собрание, никакой работы не работайте;

36 в [течение] семи дней приносите жертву Господу; в восьмой день священное собрание да будет у вас, и приносите жертву Господу: это отдание праздника, никакой работы не работайте.

37 Вот праздники Господни, в которые должно созывать священные собрания, чтобы приносить в жертву Господу всесожжение, хлебное приношение, заколаемые жертвы и возлияния, каждое в свой день,

38 кроме суббот Господних и кроме даров ваших, и кроме всех обетов ваших и кроме всего [приносимого] по усердию вашему, что вы даете Господу.

39 А в пятнадцатый день седьмого месяца, когда вы собираете произведения земли, празднуйте праздник Господень семь дней: в первый день покой и в восьмой день покой;

40 в первый день возьмите себе ветви красивых дерев, ветви пальмовые и ветви дерев широколиственных и верб речных, и веселитесь пред Господом Богом вашим семь дней;

41 и празднуйте этот праздник Господень семь дней в году: это постановление вечное в роды ваши; в седьмой месяц празднуйте его;

42 в кущах живите семь дней; всякий туземец Израильтянин должен жить в кущах,

43 чтобы знали роды ваши, что в кущах поселил Я сынов Израилевых, когда вывел их из земли Египетской. Я Господь, Бог ваш.

44 И объявил Моисей сынам Израилевым о праздниках Господних.