3 En Hy het baie dinge deur gelykenisse tot hulle gespreek en gesê: 'n Saaier het uitgegaan om te saai;

4 en terwyl hy saai, val 'n deel langs die pad, en die voëls het gekom en dit opgeëet.

5 En 'n ander deel het op rotsagtige plekke geval waar daar nie baie grond was nie; en dadelik het dit opgekom, omdat daar geen diepte van grond was nie;

6 maar toe die son opgaan, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog.

7 En 'n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik.

8 En 'n ander deel het in die goeie grond geval en vrug opgelewer: die een honderd--, die ander sestig--, die ander dertigvoudig.

9 Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!

3 И поучал их много притчами, говоря: вот, вышел сеятель сеять;

4 и когда он сеял, иное упало при дороге, и налетели птицы и поклевали то;

5 иное упало на места каменистые, где немного было земли, и скоро взошло, потому что земля была неглубока.

6 Когда же взошло солнце, увяло, и, как не имело корня, засохло;

7 иное упало в терние, и выросло терние и заглушило его;

8 иное упало на добрую землю и принесло плод: одно во сто крат, а другое в шестьдесят, иное же в тридцать.

9 Кто имеет уши слышать, да слышит!