1 'n Bedevaartslied. Van Dawid. As die HERE nie vir ons was nie -- laat Israel dit sê --
2 as die HERE nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie,
3 dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het;
4 dan het die waters ons oorstroom, 'n stroom het oor ons siel gegaan;
5 dan het die trotse waters oor ons siel gegaan.
6 Geloofd sy die HERE wat ons aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie!
7 Ons siel het vrygeraak soos 'n voël uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak.
8 Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.
1 (123:1) Песнь восхождения. Давида. Если бы не Господь был с нами, – да скажет Израиль, –
2 (123:2) если бы не Господь был с нами, когда восстали на нас люди,
3 (123:3) то живых они поглотили бы нас, когда возгорелась ярость их на нас;
4 (123:4) воды потопили бы нас, поток прошел бы над душею нашею;
5 (123:5) прошли бы над душею нашею воды бурные.
6 (123:6) Благословен Господь, Который не дал нас в добычу зубам их!
7 (123:7) Душа наша избавилась, как птица, из сети ловящих: сеть расторгнута, и мы избавились.
8 (123:8) Помощь наша – в имени Господа, сотворившего небо и землю.