1 'n Psalm van Dawid. Geloofd sy die HERE, my rots, wat my hande leer om te veg, my vingers om oorlog te voer --

2 my goedertierenheid en my bergvesting, my skans en my redder, my skild en die Een by wie ek skuil, wat my volk aan my onderwerp.

3 o HERE, wat is die mens dat U hom ken, die mensekind dat U op hom ag gee?

4 Die mens is soos die nietigheid; sy dae is soos 'n vlugtige skaduwee.

5 Buig u hemele, HERE, en daal neer; raak die berge aan, dat hulle rook!

6 Slinger bliksems en verstrooi hulle; stuur u pyle uit en verwar hulle!

7 Strek uit die hoogte u hande uit; ruk my uit, en red my uit groot waters, uit die hand van vreemdes,

8 wie se mond leuens spreek en wie se regterhand 'n regterhand van bedrog is.

9 o God, ek wil 'n nuwe lied sing tot u eer, op die tiensnarige harp wil ek U psalmsing.

10 U wat aan konings die oorwinning gee, wat u kneg Dawid ontruk aan die gevaarlike swaard.

11 Ruk my uit en red my uit die hand van vreemdes, wie se mond leuens spreek en wie se regterhand 'n regterhand van bedrog is;

12 sodat ons seuns soos plante mag wees wat opgekweek is in hulle jeug, ons dogters soos hoekpilare wat uitgebeitel is na die boustyl van 'n paleis;

13 dat ons skure vol mag wees, wat allerhande soorte voorraad oplewer; ons kleinvee by duisende mag aanteel, by tien duisende vermeerder word op ons velde;

14 ons beeste gelaai mag wees; geen bres in ons mure en geen uittog daaruit, en geen geskreeu op ons pleine nie.

15 Welgeluksalig is die volk met wie dit so gaan; welgeluksalig is die volk wie se God die HERE is!

1 (143:1) Давида. Благословен Господь, твердыня моя, научающий руки мои битве и персты мои брани,

2 (143:2) милость моя и ограждение мое, прибежище мое и Избавитель мой, щит мой, – и я на Него уповаю; Он подчиняет мне народ мой.

3 (143:3) Господи! что есть человек, что Ты знаешь о нем, и сын человеческий, что обращаешь на него внимание?

4 (143:4) Человек подобен дуновению; дни его – как уклоняющаяся тень.

5 (143:5) Господи! Приклони небеса Твои и сойди; коснись гор, и воздымятся;

6 (143:6) блесни молниею и рассей их; пусти стрелы Твои и расстрой их;

7 (143:7) простри с высоты руку Твою, избавь меня и спаси меня от вод многих, от руки сынов иноплеменных,

8 (143:8) которых уста говорят суетное и которых десница – десница лжи.

9 (143:9) Боже! новую песнь воспою Тебе, на десятиструнной псалтири воспою Тебе,

10 (143:10) дарующему спасение царям и избавляющему Давида, раба Твоего, от лютого меча.

11 (143:11) Избавь меня и спаси меня от руки сынов иноплеменных, которых уста говорят суетное и которых десница – десница лжи.

12 (143:12) Да будут сыновья наши, как разросшиеся растения в их молодости; дочери наши – как искусно изваянные столпы в чертогах.

13 (143:13) Да будут житницы наши полны, обильны всяким хлебом; да плодятся овцы наши тысячами и тьмами на пажитях наших;

14 (143:14) [да будут] волы наши тучны; да не будет ни расхищения, ни пропажи, ни воплей на улицах наших.

15 (143:15) Блажен народ, у которого это есть. Блажен народ, у которого Господь есть Бог.