1 Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie?
2 Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie.
3 Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.
4 Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan 'n vriend van die wêreld wil wees, word 'n vyand van God.
5 Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?
6 Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.
7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.
8 Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!
9 Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid.
10 Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.
11 Broeders, moenie van mekaar kwaad spreek nie. Di, wat kwaad spreek van sy broeder en sy broeder oordeel, spreek kwaad van die wet en oordeel die wet; en as jy die wet oordeel, is jy nie 'n dader van die wet nie, maar 'n regter.
12 Een is die Wetgewer, Hy wat mag het om te red en te verderf. Maar jy, wie is jy wat 'n ander oordeel?
13 Kom nou, julle wat sê: Vandag of môre sal ons na die en die stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maak --
14 julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar 'n damp wat vir 'n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn.
15 In plaas dat julle sê: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen.
16 Maar nou roem julle in jul grootpratery. Al sulke roem is verkeerd.
17 Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.
1 Откуда у вас вражды и распри? не отсюда ли, от вожделений ваших, воюющих в членах ваших?
2 Желаете – и не имеете; убиваете и завидуете – и не можете достигнуть; препираетесь и враждуете – и не имеете, потому что не просите.
3 Просите, и не получаете, потому что просите не на добро, а чтобы употребить для ваших вожделений.
4 Прелюбодеи и прелюбодейцы! не знаете ли, что дружба с миром есть вражда против Бога? Итак, кто хочет быть другом миру, тот становится врагом Богу.
5 Или вы думаете, что напрасно говорит Писание: "до ревности любит дух, живущий в нас"?
6 Но тем большую дает благодать; посему и сказано: Бог гордым противится, а смиренным дает благодать.
7 Итак покоритесь Богу; противостаньте диаволу, и убежит от вас.
8 Приблизьтесь к Богу, и приблизится к вам; очистите руки, грешники, исправьте сердца, двоедушные.
9 Сокрушайтесь, плачьте и рыдайте; смех ваш да обратится в плач, и радость – в печаль.
10 Смиритесь пред Господом, и вознесет вас.
11 Не злословьте друг друга, братия: кто злословит брата или судит брата своего, того злословит закон и судит закон; а если ты судишь закон, то ты не исполнитель закона, но судья.
12 Един Законодатель и Судия, могущий спасти и погубить; а ты кто, который судишь другого?
13 Теперь послушайте вы, говорящие: "сегодня или завтра отправимся в такой–то город, и проживем там один год, и будем торговать и получать прибыль";
14 вы, которые не знаете, что случится завтра: ибо что такое жизнь ваша? пар, являющийся на малое время, а потом исчезающий.
15 Вместо того, чтобы вам говорить: "если угодно будет Господу и живы будем, то сделаем то или другое", –
16 вы, по своей надменности, тщеславитесь: всякое такое тщеславие есть зло.
17 Итак, кто разумеет делать добро и не делает, тому грех.