1 En sy seun Josafat het in sy plek koning geword en hom versterk teen Israel.
2 En hy het 'n leërmag in al die versterkte stede van Juda geplaas en wagposte in die land Juda opgestel en in die stede van Efraim wat sy vader Asa ingeneem het.
3 En die HERE was met Josafat, want hy het in die vroeëre weë van sy vader Dawid gewandel en die Baäls nie gesoek nie,
4 maar die God van sy vader gesoek en in sy gebooie gewandel en nie gedoen soos Israel nie.
5 Daarom het die HERE die koningskap in sy hand bevestig; en die hele Juda het aan Josafat geskenke gegee, sodat hy rykdom en eer in oorvloed gehad het.
6 En sy hart het moedig geword in die weë van die HERE, en verder het hy die hoogtes en die heilige boomstamme uit Juda verwyder.
7 En in die derde jaar van sy regering het hy sy owerstes Ben-Hail en Ob dja en Sagar¡a en Net neël en Mig ja gestuur om in die stede van Juda onderrig te gee;
8 en saam met hulle die Leviete Sem ja en Net nja en Seb dja en Asahel en Sem¡ramot en Jonatan en Adonia en Tob¡a en Tob-Adonia, die Leviete; en saam met hulle die priesters Elis ma en Joram.
9 En hulle het in Juda onderrig gegee met die wetboek van die HERE by hulle, en in al die stede van Juda rondgegaan en onder die volk onderrig gegee.
10 En 'n skrik vir die HERE het gekom oor al die koninkryke van die lande wat rondom Juda was, sodat hulle nie teen Josafat oorlog gevoer het nie.
11 En van die Filistyne het vir Josafat geskenke en 'n vrag silwer gebring; selfs die Arabiere het vir hom kleinvee gebring: sewe duisend sewe honderd ramme en sewe duisend sewe honderd bokke.
12 So het Josafat dan aldeur groter geword, buitengewoon groot, en in Juda forte en voorraadstede gebou.
13 En hy het groot voorrade in die stede van Juda gehad, en krygsmanne, dapper helde, in Jerusalem.
14 En dit was hulle getal volgens hulle families: Van Juda was owerstes oor duisend: die owerste Adna en saam met hom drie honderd duisend dapper helde;
15 en naas hom was die owerste Johanan en saam met hom twee honderd en tagtig duisend;
16 en naas hom was Am sia, die seun van Sigri, wat hom gewillig getoon het vir die HERE, en saam met hom twee honderd duisend dapper helde;
17 en uit Benjamin was Âljada, 'n dapper held, en saam met hom twee honderd duisend, gewapen met boog en skild;
18 en naas hom was Josabad en saam met hom honderd en tagtig duisend, vir kommando gewapen.
19 Hulle was in die diens van die koning, behalwe die wat die koning in die versterkte stede deur die hele Juda geplaas het.
20 HERE, daar is niemand soos U, en daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het.
21 En wie is soos u volk Israel, 'n enige nasie op die aarde, wat God vir Hom as 'n volk gaan verlos het, om vir U 'n naam te maak deur groot en vreeslike dinge, deur voor u volk uit, wat U uit Egipte verlos het, nasies te verdrywe.
22 En U het u volk Israel vir U as 'n volk tot in ewigheid gemaak; en U, HERE, U het vir hulle 'n God geword.
23 Laat dan nou, HERE, die woord wat U oor u kneg en oor sy huis gespreek het, tot in ewigheid waar gemaak word, en doen soos U gespreek het.
24 Ja, laat dit waar gemaak word en laat u Naam groot word tot in ewigheid, deurdat hulle sê: Die HERE van die leërskare, die God van Israel, is Israel se God, en die huis van u kneg Dawid is bestendig voor u aangesig.
25 Want U, my God, het die oor van u kneg geopen, dat U vir hom 'n huis sal stig; daarom het u kneg vrymoedigheid gevind om voor u aangesig te bid.
26 En nou, HERE, U is God, en U het hierdie goeie saak oor u kneg gespreek.
27 Dit het U dan nou behaag om die huis van u kneg te seën om vir ewig voor u aangesig te wees; want U, HERE, het geseën, en dit sal vir ewig geseënd wees.
1 Em seu lugar reinou Josafá, seu filho, e fortaleceu-se contra Israel.
2 Pôs forças em todas as cidades fortificadas de Judá, e estabeleceu guarnições na terra de Judá, e nas cidades de Efraim, que Asa, seu pai, tinha tomado.
3 Jeová era com Josafá, porque andou pelos primeiros caminhos de Davi, seu pai, e não recorreu a Baalins;
4 mas recorreu ao Deus de seu pai, e andou nos mandamentos dele e não segundo as obras de Israel.
5 Portanto Jeová estabeleceu o reino nas mãos dele; e todo o Judá trouxe presentes a Josafá, que teve riquezas e glória em abundância.
6 Exaltou-se o seu coração nos caminhos de Jeová; também tirou de Judá os altos e os aserins.
7 No terceiro ano do seu reinado enviou os seus príncipes, Ben-Hail, Obadias, Zacarias, Natanael e Micaia, para ensinarem nas cidades de Judá;
8 e com estes os levitas, Semaías, Netanías, Zebadias, Asael, Semiramote, Jônatas, Adonias, Tobias, e Tob-Adonias, levitas, e com eles os sacerdotes, Elisama e Jorão.
9 Ensinaram em Judá, levando consigo o livro da lei de Jeová; iam por todas as cidades de Judá e ensinavam a todo o povo.
10 O terror da parte de Jeová caiu sobre todos os reinos das terras que estavam ao redor de Judá, de modo que não fizeram guerra contra Josafá.
11 Alguns dos filisteus traziam presentes a Josafá, e prata como tributo; também os árabes lhe traziam gado miúdo, sete mil e setecentos carneiros, e sete mil e setecentos bodes.
12 Josafá tornou-se em extremo grande; e edificou em Judá castelos, e cidades-armazéns.
13 Empreendeu muitas obras na cidade de Judá; e tinha em Jerusalém homens de guerra, ilustres em valor.
14 Este foi o número deles segundo as suas famílias; de Judá os capitães de mil: Adna capitão, com trezentos mil homens ilustres em valor;
15 depois dele o capitão Joanã, com duzentos e oitenta mil;
16 depois dele Amazias, filho de Zicri, que ofereceu voluntariamente a Jeová; e com ele duzentos mil homens ilustres em valor;
17 de Benjamim: Eliada, homem ilustre em valor, com duzentos mil armados de arcos e de escudos;
18 e depois dele Jozabade, com cento e oitenta mil preparados para a guerra.
19 Estes foram os que assistiam ao rei, afora os que o rei pôs nas cidades fortificadas por todo o Judá.