1 Toe maak die inwoners van Jerusalem Ah sia, sy jongste seun, koning in sy plek; want die bende wat met die Arabiere in die laer gekom het, het al die oueres gedood. En Ah sia, die seun van Joram, die koning van Juda, het koning geword.
2 Twee en twintig jaar was Ah sia oud toe hy koning geword het, en een jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was At lia, die dogter van Omri.
3 Hy het ook gewandel in die weë van die huis van Agab, want sy moeder was sy raadgeefster om goddeloos te handel.
4 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE soos die huis van Agab, want hulle was sy raadgewers n die dood van sy vader, hom tot 'n verderf.
5 Hy het ook volgens hulle raad gewandel en met Joram, die seun van Agab, die koning van Israel, saamgetrek in die oorlog teen H sael, die koning van Aram, by Ramot in G¡lead; maar die Arameërs het Joram gewond.
6 En hy het teruggekom om hom in J¡sreël te laat genees van die wonde wat hom toegebring is by Rama in die oorlog teen H sael, die koning van Aram; en Ah sia, die seun van Joram, die koning van Juda, het afgekom om Joram, die seun van Agab, in J¡sreël te besoek, want hy was siek.
7 Maar die ondergang van Ah sia was van God, dat hy na Joram moes kom; en daar aangekom, het hy saam met Joram uitgetrek teen Jehu, die seun van Nimsi, wat die HERE gesalf het om die huis van Agab uit te roei.
8 En toe Jehu die strafgerig voltrek aan die huis van Agab, het hy die owerstes van Juda en die seuns van die broers van Ah sia, die dienaars van Ah sia, aangetref en hulle gedood.
9 Daarna het hy Ah sia gesoek, en hulle het hom gevang terwyl hy in Samar¡a wegkruip en hom na Jehu gebring; en hulle het hom gedood en hom begrawe, want hulle het gesê: Hy is die seun van Josafat, wat die HERE met sy hele hart gesoek het. En daar was niemand in die huis van Ah sia wat in staat was om te regeer nie.
10 Toe At lia, die moeder van Ah sia, sien dat haar seun dood was, het sy haar gereedgemaak en die hele koninklike geslag van die huis van Juda omgebring.
11 Maar Josabat, die dogter van die koning, het Joas, die seun van Ah sia, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns uit wat gedood moes word, en hom en sy pleegmoeder in die beddekamer gebring; en Josabat, die dogter van koning Joram, die vrou van die priester Jojada -- want sy was die suster van Ah sia -- het hom vir At lia weggesteek, sodat sy hom nie gedood het nie.
12 En hy was by hulle in die huis van God ses jaar lank verborge, terwyl At lia oor die land regeer.
13 Dan sal jy voorspoedig wees as jy sorgvuldig die insettinge en verordeninge onderhou wat die HERE aan Moses oor Israel beveel het; wees sterk en vol moed, wees nie bevrees en wees nie verskrik nie.
14 En kyk, deur my moeitevolle arbeid het ek vir die huis van die HERE honderd duisend talente goud en 'n miljoen talente silwer gereed gelê, en die koper en die yster is onweegbaar; want dit is daar in groot hoeveelheid; en hout en klippe het ek in gereedheid gebring; en jy kan daar nog meer byvoeg.
15 Verder is daar by jou werksmense in menigte: klipkappers en ambagsmanne in klip en hout, en allerhande kunstenaars in allerhande werk.
16 Wat die goud, die silwer en die koper en die yster betref, dit is ontelbaar. Maak jou klaar en gaan aan die werk, en mag die HERE met jou wees!
17 En Dawid het al die vorste van Israel bevel gegee om sy seun Salomo te help, en gesê:
18 Was die HERE julle God nie met julle en het Hy julle nie rondom rus gegee nie? Ja, Hy het die inwoners van die land in my hand gegee, en die land is voor die aangesig van die HERE en voor sy volk onderwerp.
19 Rig nou julle hart en julle siel daarop om die HERE julle God te soek, en maak julle gereed en bou die heiligdom van die HERE God, dat julle die verbondsark van die HERE en die heilige voorwerpe van God kan bring in die huis wat vir die Naam van die HERE gebou sal word.
1 Os habitantes de Jerusalém constituíram rei em lugar dele a Acazias, seu filho mais moço; porque a tropa que veio com os árabes ao arraial, tinha matado a todos os seus irmãos mais velhos. Assim reinou Acazias, filho de Jorão, rei de Judá.
2 Tinha Acazias quarenta e dois anos quando começou a reinar, e reinou um ano em Jerusalém. Sua mãe chamava-se Atália, filho de Onri.
3 Também este andou nos caminhos da casa de Acabe, porque sua mãe era quem o aconselhava a que procedesse iniquamente.
4 Fez o mal à vista de Jeová, como fez a casa de Acabe; porque eles lhe serviam de conselheiros depois da morte de seu pai, para a sua perdição.
5 Também andou segundo os conselhos dele, e foi a Ramote-Gileade com Jorão, filho de Acabe, rei de Israel, a fazer guerra contra Hazael, rei da Síria; e os siros feriram a Jorão.
6 Voltou para se curar em Jezreel das feridas que lhe fizeram em Ramá, quando ele pelejava contra Hazael, rei da Síria. Azarias filho de Jorão, rei de Judá, desceu para visitar a Jorão, filho de Acabe, em Jezreel, porque estava doente.
7 Por vontade de Deus foi que Acazias para a sua ruína visitou a Jorão; pois, quando chegou, saiu com Jorão contra Jeú, filho de Ninsi, a quem Jeová tinha designado para exterminar a casa de Acabe.
8 Ao executar Jeú juízo contra a casa de Acabe, achou os príncipes de Judá e os filhos dos irmãos de Acazias, que o serviam, e os matou.
9 Buscou a Acazias; alcançaram-no (ora se escondia Acazias em Samaria), trouxeram-no a Jeú e mataram-no; então sepultaram-no, pois disseram: Ele é filho de Josafá, que buscou a Jeová de todo o seu coração. A casa de Acazias não teve forças para reter o reino.
10 Vendo Atália, mãe de Acazias, que seu filho era morto, levantou-se e destruiu toda a estirpe real da casa de Judá.
11 Mas Josebate, filha do rei, tomou a Joás, filho de Acazias, e o furtou dentre os filhos do rei que foram mortos, e o escondeu com a sua ama no quarto de dormir. Assim Josebate, filha do rei Jorão, mulher do sacerdote Joiada (pois era ela irmã de Acazias), o escondeu de Atália, de modo que ela não o matou.
12 Joás esteve seis anos com eles escondido na casa de Deus; e Atália reinou sobre a terra.