1 N hierdie dinge het hulle aan Josef meegedeel: Kyk, u vader is siek. Toe neem hy sy twee seuns, Manasse en Efraim, met hom saam.
2 En hulle het aan Jakob berig gebring en gesê: Kyk, u seun Josef kom na u toe. Daarop het Jakob sy krag versamel en op die bed gaan sit.
3 En Jakob het vir Josef gesê: God, die Almagtige, het aan my verskyn by Lus, in die land Kanaän, en my geseën
4 en vir my gesê: Kyk, Ek sal jou vrugbaar maak en jou vermeerder en jou tot 'n menigte van volke maak, en Ek sal aan jou nageslag n jou hierdie land as ewige besitting gee.
5 Nou dan, jou twee seuns wat vir jou in Egipteland gebore is voordat ek in Egipte na jou gekom het, is myne. Efraim en Manasse sal myne wees net soos Ruben en S¡meon.
6 Maar jou nakomelinge wat jy n hulle verwek het, sal joue wees. Hulle sal na die naam van hulle broers genoem word in die se erfdeel.
7 En toe ek van Paddan gekom het, het Ragel by my gesterwe in die land Kana„n, op die reis toe daar nog 'n kort ent pad was om by Efrat te kom; en ek het haar daar begrawe langs die pad na Efrat, dit is Betlehem.
8 Toe Israel die seuns van Josef sien, sê hy: Wie is dit?
9 En Josef antwoord sy vader: Dit is my seuns wat God my hier gegee het. En hy sê: Bring hulle tog by my, dat ek hulle kan seën.
10 Maar Israel se oë was swaar van ouderdom, hy kon nie sien nie. En toe hy hulle by hom bring, het hy hulle gesoen en hulle omhels.
11 En Israel sê vir Josef: Ek het geen gedagte gehad om jou aangesig te sien nie, en kyk, God het my ook jou nageslag laat sien.
12 Daarop laat Josef hulle van sy knieë af weggaan, en hy buig hom met sy aangesig na die aarde toe.
13 En Josef neem hulle twee Efraim met sy regterhand, links van Israel, en Manasse met sy linkerhand, regs van Israel en hy bring hulle by hom.
14 Toe steek Israel sy regterhand uit en lê dit op die hoof van Efraim, hoewel hy die jongste was, en sy linkerhand op die hoof van Manasse: hy het sy hande oorkruis gehou, want Manasse was die eersgeborene.
15 En hy het Josef geseënen gesê: Die God voor wie se aangesig my vaders Abraham en Isak gewandel het, die God wat my as Herder my lewe lank gelei het tot vandag toe,
16 die Engel wat my uit elke teëspoed verlos het -- mag Hy die seuns seën, en mag deur hulle my naam genoem word en die naam van my vaders Abraham en Isak, en mag hulle vermeerder in die land in menigte.
17 Toe Josef sien dat sy vader sy regterhand op die hoof van Efraim gelê het, was dit verkeerd in sy oë; en hy het die hand van sy vader gegryp om dit van die hoof van Efraim op die hoof van Manasse oor te bring.
18 En Josef sê aan sy vader: Nie so nie, my vader; want hierdie een is die eersgeborene: lê u regterhand op sy hoof.
19 Maar sy vader weier en sê: Ek weet, my seun, ek weet. Hy sal ook 'n volk word, en hy sal ook groot word; nogtans sal sy jongste broer groter wees as hy, en sy nageslag sal 'n menigte van nasies word.
20 So het hy hulle dan die dag geseënen gesê: Met jou sal Israel 'n seën toewens, met die woorde: Mag God jou maak soos Efraim en soos Manasse! So het hy dan Efraim voor Manasse gestel.
21 Daarop sê Israel vir Josef: Kyk, ek gaan sterwe, maar God sal met julle wees, en Hy sal julle terug laat gaan na die land van julle vaders.
22 En ,k gee jou een stuk land bo jou broers, wat ek met my swaard en my boog van die Amoriete afgeneem het.
1 Depois destas coisas disse alguém a José: Eis que teu pai está doente. José levou consigo a seus dois filhos Manassés e Efraim.
2 Então disseram a Jacó: Eis que teu filho José vem ter contigo; e, esforçando-se Israel, sentou-se sobre o leito.
3 Disse Jacó a José: O Deus Todo-poderoso apareceu-me em Luz na terra de Canaã, abençoou-me
4 e disse-me: Eis que te farei frutificar, te multiplicarei, te tornarei uma multidão de povos e te darei em possessão sempiterna esta terra à tua descendência depois de ti.
5 Agora, pois, teus dois filhos, que te nasceram na terra do Egito antes que eu viesse ter contigo no Egito, são meus; Efraim e Manassés, assim como Rúben e Simeão, serão meus.
6 Mas a tua prole, que tiveres depois deles, será tua; segundo o nome de teus irmãos serão chamados na sua herança.
7 Quanto a mim, vindo eu de Padã, com pesar meu morreu Raquel na terra de Canaã, no caminho, havendo ainda alguma distância antes de chegar a Efrata; sepultei-a ali no caminho que vai dar a Efrata (esta é Belém).
8 Vendo Israel os filhos de José, perguntou: Quem são estes?
9 Respondeu José a seu pai: São meus filhos, que Deus me deu aqui. Faze-os chegar a mim, disse ele, e eu os abençoarei.
10 Ora os olhos de Israel se tinham escurecido por causa da velhice, de modo que não podia ver. José, pois, fê-los chegar a ele; ele os beijou e os abraçou.
11 Então disse Israel a José: Eu não cuidara ver o teu rosto, e eis que Deus me fez ver também a tua descendência.
12 José tirou-os dentre os joelhos de seu pai, e prostrou-se com o rosto em terra.
13 Depois levou os dois, a Efraim com a sua mão direita à esquerda de Israel, e a Manassés com a sua mão esquerda à direita de Israel, e fê-los chegar a ele.
14 Estendendo Israel a mão direita, pô-la sobre a cabeça de Efraim que era o menor; e a mão esquerda pôs sobre a cabeça de Manassés, dirigindo as mãos assim propositadamente; pois Manassés era o primogênito.
15 Abençoou a José, dizendo: O Deus, diante de quem andaram meus pais Abraão e Isaque, o Deus que tem sido o meu pastor durante toda a minha vida até este dia,
16 o anjo que me tem livrado de todo o mal, abençoe estes mancebos; seja chamado neles o meu nome, e o nome de meus pais Abraão e Isaque; e cresçam em multidão no meio da terra.
17 Vendo José que seu pai tinha a mão direita sobre a cabeça de Efraim, foi-lhe isto desagradável; levantou a mão de seu pai a fim de a remover da cabeça de Efraim para a cabeça de Manassés.
18 Disse José a seu pai: Não é assim, meu pai, pois este é o primogênito: põe a tua mão direita sobre a sua cabeça.
19 Mas seu pai, recusando, disse: Eu o sei, meu filho, eu o sei; ele também se tornará um povo, ele também será grande: contudo seu irmão menor será maior do que ele, e a sua descendência se tornará uma multidão de nações.
20 Assim os abençoou naquele dia, dizendo: Por ti abençoará Israel e dirá: Deus te faça como Efraim e como Manassés. Desta sorte pôs a Efraim adiante de Manassés.
21 Depois disse Israel a José: Eis que eu morro; porém Deus será convosco, e vos fará voltar para a terra de vossos pais.
22 Eu te dou de mais que a teus irmãos um declive montanhoso, que tomei com a minha espada e com o meu arco das mãos dos amorreus.