1 Daarna het die HERE met Moses gespreek en gesê:
2 Spreek met die kinders van Israel en neem van hulle vir elke stam 'n staf, van al hulle owerstes volgens hulle stamme, twaalf stawe; elkeen se naam moet jy skrywe op sy staf.
3 En A„ron se naam moet jy skrywe op die staf van Levi; want een staf moet daar wees vir hulle stamhoof.
4 En jy moet hulle wegsit in die tent van samekoms voor die Getuienis waar Ek met julle saamkom.
5 En die staf van die man wat Ek uitkies, sal bloei; en Ek sal die murmureringe van die kinders van Israel wat hulle teen julle murmureer, stilmaak teenoor My.
6 Daarop het Moses met die kinders van Israel gespreek; en al hulle owerstes het hom 'n staf gegee, vir elke owerste een volgens hulle stamme, twaalf stawe. A„ron se staf was ook onder hulle stawe.
7 En Moses het die stawe voor die aangesig van die HERE in die tent van die Getuienis neergesit.
8 En toe Moses die volgende dag in die tent van die Getuienis ingaan, kyk, daar het die staf van A„ron, vir die huis van Levi, gebloei: dit het bloeisels laat uitspruit en blomme laat oopgaan en amandels laat ryp word!
9 Toe bring Moses al die stawe wat voor die aangesig van die HERE was, na al die kinders van Israel toe uit; en hulle het dit gesien en elkeen sy staf geneem.
10 Daarop het die HERE vir Moses gesê: Bring die staf van A„ron terug voor die Getuienis om dit te bewaar as teken vir die wederstrewiges, en bevry My eindelik van hulle murmureringe, dat hulle nie sterwe nie.
11 En Moses het dit gedoen; soos die HERE hom beveel het, so het hy gedoen.
12 Toe het die kinders van Israel met Moses gespreek en gesê: Kyk, ons sterwe, ons vergaan, ons almal vergaan!
13 Elkeen wat enigsins nader kom na die tabernakel van die HERE, sal sterwe. Is ons dan geheel en al daarvoor bestemd om weg te sterwe?
1 Disse Jeová a Moisés:
2 Fala aos filhos de Israel, e recebe deles varas, uma pela casa de cada pai de todos os seus príncipes segundo as casas de seus pais, isto é, doze varas; escreve o nome de cada um sobre a sua vara.
3 Escreverás o nome de Arão sobre a vara de Levi, porque cada cabeça das casas de seus pais terá uma vara.
4 Depositá-las-ás na tenda da revelação diante do testemunho, onde venho a vós.
5 Brotará a vara do homem que eu escolher; assim farei cessar de mim as murmurações dos filhos de Israel, que murmuram contra vós.
6 Falou Moisés aos filhos de Israel, e todos os seus príncipes deram-lhe varas, cada príncipe lhe deu uma, segundo as casas de seus pais, isto é, doze varas; e a vara de Arão achava-se entre as varas deles.
7 Moisés depositou as varas diante de Jeová na tenda do testemunho.
8 No dia seguinte entrou Moisés na tenda do testemunho; eis que a vara de Arão pela casa de Levi tinha brotado e, inchando os gomos, arrebentou em flores e deu amêndoas maduras.
9 Então Moisés trouxe todas as varas de diante de Jeová a todos os filhos de Israel: eles viram, e receberam, cada um a sua vara.
10 Disse Jeová a Moisés: Torna a pôr a vara de Arão diante do testemunho, para se guardar, como memorial, contra os filhos de rebelião; para que faças acabar as suas murmurações contra mim, a fim de que não morram.
11 Assim fez Moisés; como Jeová lhe ordenou, assim fez.
12 Os filhos de Israel disseram a Moisés: Eis que expiramos, perecemos, todos nós perecemos.
13 Todo o que se chegar ao tabernáculo de Jeová, morrerá; porventura expiraremos todos?