25 Maar nou reis ek na Jerusalem in diens van die heiliges.

26 Want Macedonië en Ach je het dit goedgevind om iets by te dra vir die armes onder die heiliges in Jerusalem.

27 Hulle het dit goedgevind, sê ek, en hulle is ook hul skuldenaars; want as die heidene deel gekry het aan hulle geestelike voorregte, is hulle ook verskuldig om hulle met stoflike goedere te dien.

28 As ek dit volbring het en vir hulle hierdie vrug veilig oorgebring het, sal ek by julle langs na Spanje afreis.

29 En ek weet dat as ek na julle kom, ek met die volle seën van die evangelie van Christus sal kom.