30 Maar ek vermaan julle, broeders, by onse Here Jesus Christus en by die liefde van die Gees, om saam met my in die gebede te stry vir my by God,

31 dat ek verlos mag word van die ongehoorsame mense in Judia en dat my diensbetoning aan Jerusalem aanneemlik mag wees vir die heiliges,

32 sodat ek met blydskap deur die wil van God by julle kan kom en my saam met julle kan verkwik.

33 En die God van vrede sy met julle almal! Amen.