1 Vir die musiekleier. 'n Lied. 'n Psalm. Juig tot eer van God, o ganse aarde!
2 Besing die eer van sy Naam, maak heerlik sy lofsang!
3 Sê tot God: Hoe vreeslik is u werke! Deur die grootheid van u sterkte sal u vyande kruipende na U toe kom.
4 Laat die hele aarde U aanbid en psalmsing tot u eer; laat dit u Naam verhef in psalmgesang. Sela.