1 'n Onderwysing van Asaf. My volk, luister na my onderrig; neig julle oor tot die woorde van my mond.
2 Ek wil my mond open met 'n spreuk, raaisels uit die voortyd laat stroom.
3 Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het,
4 sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die HERE en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het.