A Última Palavra vem do Senhor
14 julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar 'n damp wat vir 'n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn.
15 In plaas dat julle sê: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen.
35 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
6 Alles wat die HERE behaag, doen Hy, in die hemel en op die aarde, in die seë en al die dieptes.
8 Kyk, dit kom en gebeur, spreek die Here HERE. Dit is die dag waarvan Ek gespreek het.
23 Maar die HERE sê vir Moses: Sou die hand van die HERE te kort wees? Nou sal jy sien of my woord vir jou uitkom of nie.
19 God is geen man dat Hy sou lieg nie; of 'n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?
2 Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie.
1 Die planne van die hart is van die mens, maar die antwoord van die tong kom van die HERE.
27 Kyk, Ek is die HERE, die God van alle vlees; sou enige ding vir My te wonderbaar wees?