26 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.
27 En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.
17 As die HERE vir my nie 'n hulp was nie, dan het my siel gou in die stilte gewoon.
6 Geloofd sy die HERE, want Hy het die stem van my smekinge gehoor.
7 Die HERE is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.
28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.
1 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. Met sopraanstemme. 'n Lied.
16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:
13 Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou.
39 Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die HERE, hulle toevlug in tyd van benoudheid.
40 En die HERE help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.
4 o God, hoor my gebed, luister na die woorde van my mond!
36 En U het my die skild van u uitredding gegee, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.
7 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.
2 My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.
22 Verlaat my nie, o HERE! My God, wees nie ver van my af nie! [ (Psalms 38:23) Maak tog gou om my te help, Here, my heil! ]
5 Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.
6 Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.
9 Help ons, o God van ons heil, om die eer van u Naam, en red ons en doen versoening oor ons sondes ter wille van u Naam.