1 Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
31 maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.
7 Die HERE is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.
24 Die HERE sal jou seën en jou behoed;
25 die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
26 die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.
29 Die sieraad van die jongmanne is hulle krag, en die versiersel van grysaards is grys hare.
4 Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel.
2 Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan;
1 'n Psalm van Dawid, toe hy hom kranksinnig gehou het voor Abim,leg en die hom weggejaag het, sodat hy heengegaan het.
11 U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.
31 Grysheid is 'n sierlike kroon; dit word gevind op die weg van geregtigheid.
24 Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.
7 Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van u aangesig, o HERE!
10 En nou, kyk, die HERE het my laat lewe, soos Hy gespreek het, nou al vyf en veertig jaar sedert die HERE hierdie woord met Moses gespreek het toe Israel in die woestyn getrek het; en kyk nou, ek is vandag vyf en tagtig jaar oud;
11 ek is vandag nog so sterk soos die dag toe Moses my uitgestuur het; soos my krag toe was, so is my krag nou nog, om te veg en om uit te gaan en in te gaan.
12 Leer ons om ons dae so te tel dat ons 'n wyse hart mag bekom!